Posted by: mykopop | Donderdag 3 September 2009

Gert van Tonder sing weer!

Óf vir Groep Twee, óf vir Wielie Walie onthou menige Afrikaansprekende vir Gert van Tonder.  Ek was gelukkig om te hoor Gert sou gistermôre die gas wees op die nuus op SABC3 en het ‘n plan gemaak om dit later te kon kyk.

vlcsnap-5239002

vlcsnap-5122695

Lynette Francis was die nuusaanbieder wat ‘n onderhoud met Gert gevoer het.

Gert keer nadat hy vir jare meer aan die produksiekant gewerk het, terug na die verhoog.   Hy vertel hoe primitief dinge was toe hy en Sias hulle treffers op 4-duim band opgeneem het en raak baie opgewonde oor die rekenaartegnologie waarmee mens bv. soos hy dit gestel het “note kan rondskuif.”    Hy vertel dat hy en Sias vir 15 jaar saamgewerk het en mekaar goed aangevul het, aangesien hy self  ‘n introvert is terwyl Sias ‘n joviale ekstrovert was.   Hy sê hy is primêr ‘n toneelmens maar is ook mal oor die musiek en geniet dit om by albei betrokke te wees.

Gert gaan ‘n CD bekend stel waarop hy saam met 20 topkunstenaars ‘n huldeblyk bring aan die musiek van Groep Twee en ook Sias Reinecke.

Aan die einde van die onderhoud is daar darem een musiekvideo ook gewys.

vlcsnap-5119635

Die musiekvideo Dink Jy Darem Nog Aan My begin met hierdie foto van Groep Twee.

vlcsnap-5121254

Die agtergrondmusiek (kitare) begin sag en stadig,  Gert kom alleen op die verhoog en begin die liedjie sing soos ek dit nog nooit gehoor het nie.

vlcsnap-5271301

Maar die jongklomp soek ook ‘n beurt en vyf sangers sluit by Gert aan, gou neem die liedjie ‘n baie vinnige tempo aan.  Dis seker goed, kommersieel is dit dalk wat nodig is om Gert weer aan die gang te kry.

Dit is miskien nie heeltemal die vergesig wat ek gehad het toe ek gehoor het hy gaan weer sing nie.  Ek het gehoop op hierdie ouderdom sal hy met iets so oorspronkliks vorendag kom soos ander senior kunstenaars:  Neil Diamond se 12 Songs, Coenie de Villiers se Weerlig oor die See, Anton Goosen se Vis In Die Bos, waarvan elke liedjie omtrent ‘n meesterstuk is.

Ek dink dus Gert moet hierdie fase geniet, dit ‘n kort fase maak en daarna ‘n kitaar of klavier vat, sy stert aan ‘n stoel vas sweis en begin skryf!


Responses

  1. Ek is bly om te hoor dat hy weer gaan sing, dalk kan hy weer ‘n paar liedjies afstof – soos dit vir my lyk hy sal doen. Mens sal ook uitsien na iets nuuts soos jy sê.

  2. Dankie vir hierdie inskrywing. Waar is die dae…

    Jou nuwe blogvoorkoms lyk vars (of was ek net lanklaas hier?). Watter deel van skone SA is op hierdie foto? Iewers naby Hermanus?

  3. Dankie Boer! Jy kyk reg, die foto is van die bergie by Hermanus af geneem, met die nuwe hawe in die middel. Die foto is op die ou end nie so skerp as wat ek gedink het nie. Ek wou eintlik so ‘n mosaïek opgemaak het van goed waarvan ek hou, toe raak ek gefrustreerd en gryp sommer net een foto, wat toe nogal inpas by die Ocean Mist tema wat ek gekies het. Vir nou.

  4. Ahhh! Ek’s bly ek is nog so familier met die mooiste Kaap. Aan die anderkant, bly die Kaap in my geheue afge-ets.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: