Posted by: mykopop | Maandag 31 Augustus 2009

Inseklopedie van Suider-Afrika – Erik Holm

insekklopedie-voorToe ek laasjaar hierdie boek gekry het, het ek geloerlees en gesien daar is baie interessante dinge in, en dit toe vir eers op die rak gesit – soos dit ‘n goeie naslaanwerk betaam.  Onlangs het ek egter besluit om dit van voor tot agter deur te lees.  Dit het ek toe gedoen, behalwe dat ek die wetenskaplike name meestal maar oorgeslaan het.

Dis uitstekende werk van ‘n fenomenale kenner op die gebied, in keurige Afrikaans geskryf en met ‘n lekker humorsin daarby.  Daar is baie foto’s, waarvan die meeste uitstekend is, hier en daar sukkel ek (letterlik!) om kop of stert uit te maak, maar dis te verstane, aangesien ‘n fotograaf van insekte nie altyd die agtergrond kan kies nie.

Ek het selfs ‘n paar woorde en terme bygeleer wat ek nie geken het nie, bv. “verpop”, wat gebeur as ‘n larwe ‘n papie word, die teenoorgestelde van “ontpop”.  Nog ‘n paar is partenogenese, Mülleriaanse mimikrie en striduleer.  (Klink dit of lg. iets met Stradivarius te doen het?)

Bestel Inseklopedie by Kalahari.net  Jakahari.net

Veel meer kan ek nie daaroor sê nie, opsom kan mens dit tog nie, daarom het ek besluit om te probeer om uit elke hoofstuk minstens een interesantheid as lusmakertjie aan te haal.  Wees egter verseker dat hierdie dikwels verstommende interessanthede op amper elke bladsy voorkom.

1. Die wêreld van ‘n insek

Die hoofstuk is grotendeels ‘n inleiding en daar is ‘n interessante gedeelte oor die grootste, kleinste, langste lewe, kortste lewe, hitte- en kouebestandheid, ens.

Pleks van een brein in die kop het insekte ‘n gedesentraliseerde senuweestelsel.  Primitiewe insekte het inderwaarheid ‘n brein, oftewel senuweeknoop, vir elke liggaamsegment…
… Al die verdere breine, wat onderling verbind is, kan heel goed  op hulle eie [heermee] voortgaan.  ‘n Goeie voorbeeld hiervan is dat ‘n koplose hottentotsgotmannetjie effektief kan paar.

2. Voortplanting

Deeltydse maagde: Die plantluise het die voordele van geslagtelikheid en ongeslagtelikheid perfek gekombineer.  In die lente en die somer, wanneer jong groei van plante volop is, plant die wyfies ongeslagtelik voort.  Dit versnel hulle vermeerdering geweldig…. In die herfs produseer hulle, pleks van ongevleulde dogters, skielik gevleuelde seuns en dogters.  Dié vlieg rond, paar en die wyfies lê dan bevrugte eiers op die gasheerplante. Dié bevrugte eiers is geprogrammeer om te oorwinter…

3. Metamorfose

Dit wat binne-in ‘n papie afspeel is een van die ongelooflikste prosesse in die lewende natuur.
… in ‘n papie moet uit ‘n larwe skielik, sonder tussenstadia, ‘n volwasse insek gemaak word.  Niks wat die volwassene nodig het, is by die larf op sy plek nie.

4. Beweging

… wat die vlooi dan teen 20 G laat versnel…

Deur dié pen hard op een van die knoppe te druk en dan skielik in die gleuf te laat afgly, kry die kniptor so ‘n geweldige ruk dat hy verkeie kere sy eie lengte die lug ingeskiet word.  Indié proses bereik die kniptor se kop ‘n vernelling van 380G!

5. Konstruksies en strukture

Die molkriek se klarinet … Mannetjies hol hulle tonnelingang só uit dat dit in ‘n bolvormige holte eindig.  Hulle sit dan in hierdie tonnel en striduleer op die strategiese punt waar die klang presies net soos in ‘n klarinet versterk word.

6. Sig en lig

Waarskuwingskleure en nabootsing: … In die natuur is die “internasionale kode” vir gevaar swart gekombineer met rooi (tot oranje of geel) , of met wit… Giftige diere boots mekaar dikwels na om die boodskap vir vyande te versterk…  ‘n Groot aantal nie-giftige insekte boots op hulle beurt weer die giftiges na.

7. Geluid en gehoor

Vals alarm van die doodshoofmot:  … Die rede vir hierdie eienaardige piepgeluis is verbasend.  Doodshoofmotte gaan gereeld in heuningbyneste in om heuning te steel.  Hulle piepgeluid  stem presies ooreen met die koninginfluit, wat onder meer die effek het dat die werkerbye “vries” en passief gaan sit.

8.  Reuk

Van voor en agter toegegroei:  Mierleeus se larwes grawe tregtervormige vangputjies in die sand… Hulle lê dan (soms maande lank)…  Omdat miere besonder goed ruik, sou hierdie putvalle nie gewerk het as mierleeus enige reuk afgee nie.  Die mierleeus is dus geheel reukloos, wat hulle regkry deurdat beide hule mond en anus toegegroei is.

9.  Aanpassings vir hitte en koue

Namib-toktokkies speel met vuur: … Een tegniek wat die daglewende toktokkies het om dié omstandighede te oorleef, is lang bene.  Hierdie bene word geknak gehou wanneer die toktokkies soggens en saans naby die warm sand wil wees om op te warm terwyl die lug nog te koud is.

10 Superorganismes

Kastes: … Werkerbye verrig ‘n verbasende aantal take, maar daar is nie spesiale kastes nie.  Die bye los dié probleem op deur sogenaamde progressiewe poliëtilisme, wat beteken dat ‘n werkerby haar deur die loop van haar lewe opeenvolgens op verskillende take toelê…  Interessant genoeg kan werkerbye, as die swerm dit vereis, regreseer na vorige stadia in hulle ontwikkeling – byvoorbeeld weer koninginjelliekliere of waskliere ontwikkel nadat hulle dit reeds vantevore verloor het!

11. Die rol wat insekte speel

Insekte speel ‘n rol in alle landekosisteme, en hulle rol is groter as wat meeste mense aanneem…  Omdat juis dié wat ons skade berokken natuurlik wel opgemerk word, is daar by baie mense die persepsie dat die meeste insekte plae en peste is…

… Wat egter nog onverbeter is, is die gebruik van die maaiers van sekere brommers om wonde van dooie weefsel te reinig.  Aangesien die maaiers net dooie weefsel eet, sal hulle letterlik dooie selle tussen die lewendiges uit verorber met ‘n netheid wat chirurgies oonmoontlik is.  Verder skei hulle antibiotika af  om ontbindingsbakterieë (wat hulle konkurente is!) te beveg.

12 Identifikasie

Die hoofstuk bestaan uit omtrent 70 bladsye, met foto’s, illustrasies en beskrywings van omtrent 2 tot 4 ordes, onderordes of families per bladsy.  Ek dink Prof. Holm moes hierdie hoofstuk liewer ‘n indeks genoem het, maar ek dink hy het dit die laaste hoofstuk gemaak om mense soos ek wat besluit het om die hele boek deur te lees, ‘n streep te trek!

Gepraat van indekse, daar is 3, ‘n algemene indeks van terme, ‘n populêre naamindeks en ‘n wetenskaplike naamindeks.

Ek hoop dat ek hiermee minstens een leser aanspoor om die boek te lees en nie net as naslaanwerk op die rak te laat staan nie.

erik-holm

Prof. Erik Holm


Responses

  1. dis te veeeeel om in te neem
    hoe onmeetlik brein gevleeueld
    fyn vlerkies lang pootjies
    en hulle beweeeeeeeeeeeg hm?

    ek het ‘n still life
    with cup of tea and flowers
    deur sy dogter Cornelia Holm
    en my ou moeder ja sy het
    ‘n bokkie uit leiklip gekap
    deur Erik se ma ? Ellie Holm ?

    Hulle het mos daai huis op die koppies
    by die Hartebeespoortdam net uit klip gebou

    Hulle piepgeluid stem presies ooreen met die koninginfluit,

    hemel.. pragtig knap gedaan dingetjie!

  2. en als in daai kliphuis was natuurlik
    ek kan nou nie onthou nie mar ja dit was baie hm wats die woord nou

    back to nature

  3. Verseker iets vir die boekrak!

  4. So was ek mal om dit af te haal van die rak af Boer? 😆

  5. Sjoe, het nog nooit voorheen so nuuskierig gevoel om oor insekte te lees soos nou na die lees van jou bloginskrywing nie ..

  6. jys so slom

  7. ooopsie ek meen slimmies
    angel thinks yur vlevir to read such a book must reaaly rtax the concintration

  8. Jammer maar ek soek prof Erik Holm se e-pos, kan u my help asb.

    Andre

  9. Soek prof Erik Holm se e-pos asb

    • ek soek ook prof holm se posadres groot asb

  10. Kan jy prof holm vra om my te kontak oor hierdie boek. Ek reel literere feeste dwarsoor SA

  11. Ek wil graag iets weet van die stink pampoengogga. Ek wil weet waar hulle voorkom (definitief by ons, hier in Vereeniging). Ek wil ook weet wat hulle eet, hoe hulle voortbestaan, hoekom is hulle mal oor lig – want hulle vlieg in agter die lig aan. Hoekom stink hulle so? Hoe broei hulle uit? Wat se voordeel het hulle vir die natuur. Ek wil graag weet voordat ek weer een met gif doodspuit. Dit is partymaal deur die jaar ‘n pes. Groete, Christelle Smit

  12. Prof Holm. We noticed a phenominan, a bee similar to a carpenter bee sitting on warthog’s back biting. When the bee was biting the warthog the warthog shiver it’s skin and the bee would take off and land on bit further on the warthog skin. We could see the bee’s head section dipping in between the hair of the warthog to bite with the pig shivering its skin again the bee would fly off and and the process would start all over again. This happened in the middle of Novenber at Marloth Park.

    Can u please shed some light on the episode.

    Thank you

    Derrick Bruins-Lich


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: