Posted by: mykopop | Maandag 17 Augustus 2009

Jy moet antwoord op my roepstem

Metrorail staak, is die eerste ding wat ek hoor oor die radio vanmôre toe ek nog so half deur die slaap in die bed lê.   Ek wonder toe, die meeste unies is mos geafilieer by Cosatu, hoekom kan Cosatu dit nie koördineer dat almal wat wil staak op een tyd staak nie?  Almal begin tog maar hier vroeg in die jaar al met salarisonderhandelinge?

Nee, dit sal nie werk nie.  Daar is eenvoudig te veel werksweke in ‘n jaar vir ons land se mense.  Rek dit maar liewer uit, dat ons almal meer tyd kan kry om te rus.  As die busdrywers staak, dan kan die werkers nie by die werk kom nie, want almal ry bus.   As die taxidrywers staak, ry almal taxi.    As metrolrail staak, ry almal trein.   En dan dink ek is daar sommer nog by elke staking ‘n klomp wat af siek boek uit solidariteit met die stakers. (Net die privaat dokters staak nooit, hulle skryf afsiek-briewe.)

Geen wonder ek het onlangs weer van een of ander bedryf gelees, “ons kan nie meeding met Oorsterse lande se goedkoop arbeid nie.”  Almal soek net meer en meer.  En kry dit, maar op die ou end dink ek nie enigiemand lewe beter nie, want as die salarisse styg, veroorsaak dit net weer dat pryse van kos en ander lewensmiddele ook styg.

Nou hoor ek daar is mense wat weer wil torring aan ons volkslied.  Miskien moet hulle net die volgende stukke van “Uit die blou van onse hemel” weer terugbring, maar in hierdie nuwe gedaante:

Jy moet antwoord op my roepstem

Jy moet offer wat ek vra

Jy moet sterf dat ek kan lewe

Jy vir my, Suid-Afrika!


Responses

  1. Net kom dankie sê. Dis danksy jou raad oor Readers wat ek nou hier uitkom! Maar ek gebruik sommer Google Reader, dis vir my makliker as Bloglines.

  2. Praat jy nou ware woorde! Maar ek sal ‘n nuwe volkslied steun, want vir my was dit maar van die begin af ‘n sameflansing wat eintlik nie vir my mooi is nie en nog minder vloeiend. As hulle ‘n splinternuwe vlag kon skep, hoekom ook nie ‘n splinternuwe lied nie?

    (Hoewel ek baie lief is vir Die Stem, maar nie as dit so gespoeg en-plak word nie)

  3. Nkosi Sikelel is in elk geval nie ‘n unieke volsklied nie, dis ‘n volkslied van verskeie Afrika-lande. Dis nie eie aan SA nie en ek sal dit eerder sien as ‘n gebed vir Afrika ipv ‘n volkslied vir een land. Ek sal ook stem vir ‘n nuwe unieke een, maar een wat soos die Stem is, wat die mooiheid van ons land besing, maar dit kan jy maar weet sal nie so wees nie. Die Stem sal maar steeds in my hart “my” volkslied wees en bly. Ek is seker maar te patrioties en te sentimenteel. Gepraat van sentimenteel…ek luister na na Laurika se liedjie..”O so sentimenteel” lol! spesiaal noudat ek die woord hier skryf🙂

  4. Dankie Julle, my skrywe was nie soseer gerig op die debat oor die volkslied nie, maar ja, dit ook. Ek is vir eers tevrede met ons volkslied soos hy nou is. Die tipe inspirasie wat C.J. Langenhoven en M.L. de Villiers gekry het om Die Stem te skep, kan jy nie sommer bestel nie. Self al kry jy een wat iemand baie geïnspireerd geskryf het sal dit heel waarskynlik nie vir almal aanvaarbaar wees nie. Dus moet mens dalk eers wag tot in die toekoms, wanneer daar wel so ‘n lied bestaan wat alle Suid-Afrikaners aangryp. Of hoe lyk dit met Shozoloza, ‘n WERKliedjie?

    Ek wil ook net sê ek het baie deernis met mense wat probeer om by hulle werk en terug huis toe te kom, bv. was daar gisteraand op TV beeldmateriaal van ‘n bruin vrou wat sê die base het geen genade nie, hulle trek af as jy laat kom. Natuurlik het die arme base nie juis ‘n keuse nie, hoe moet hulle nou weet wie is geraak deur die stakings en wie vat kanse? Oor die uitbuiting van werknemers deur swak betaling voel ek ook saam – ek is immers ook ‘n werknemer. Daar is egter ander maniere om te kry wat jy toekom – kom met ‘n ander werksaanbod en ‘n bedankingsbrief in jou hand na jou werkgewer. Op die manier kan elkeen vir hom/haar ‘n salaris beding vir presies wat hy werd is, in teenstelling met stakings waar almal deur die bank verhogings moet kry, al is hulle minder werd.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: