Posted by: mykopop | Dinsdag 4 Augustus 2009

Lucas Maree – Lankverwag

lankverwagDie ou troebadoer kom groet ons weer ‘n slag met ‘n nuwe album, na ‘n langerige stilte, vandaar seker die naam Lankverwag.  Lukas het in 1984 sy eerste album Kiekies op LP uitgegee.  Sy eerste CD, Miljoen, het in 1993 verskyn, waarmee ek dink hy sy groot deurbraak met die titellied gemaak het, terwyl Droomvrou ook nog steeds gewild is.  Daarna het hy nog 3 Afrikaanse CD’s uitgegee: Die Kiekies Konsert (1996),  Mot om die Kers (1998) en Blouberg (2000).  Ons het dus 9 jaar gewag vir hierdie een. (Lucas het ook ‘n Engelse CD Things gemaak en ‘n “greatest hits” CD Lucas & Kie, wat ek nie bytel nie.)  Lees ‘n redelike volledige outobiografie van Lucas hier.

Ek hou persoonlik van ‘n album wat ‘n mooi eenheid vorm, wat mens in een sitting (of wat is die ooreenstemmende afgeleide van “lê”?) kan deurluister, waarvan die liedjies almal so mooi is sodat ek nie een hoef oor te slaan nie.   Een voorbeeld van so ‘n album uit my gunstelinge is Serenade van Neil Diamond, met net 8 liedjies op, waarvan die binneblad sê:  “A Hymn of sorts, at most a small potion for the soul…”   Ongelukkig bevredig hierdie CD nie hierdie verlange van my nie, maar met die tegnologie van speellyste kan mens dalk self iets daaraan doen.

Daar is ‘n paar van Lucas se eie nuwe liedjies, ‘n paar nuwe liedjies van ander skrywers, een vertaling en ‘n paar weergawes van liedjies van Lucas se vriende.

My speellysie:

Doeane van jou hart (Musiek en Liriek: Lucas Maree)
Die afskeid: Ons praat en ons praat (Musiek en Liriek: Lucas Maree)
‘n Foto (??? Lucas Maree, neem ek aan) – Die snit word omring deur twee ander, albei getiteld “Die nuus…” en bestaan uit klankbeelde uit die Tweede Wêreldoorlog.  In die liedjie word ‘n man deur Duitse soldate soos ‘n hond oor Jonas Daniel Meijerplein aangejaag. Weet iemand dalk iets van hierdie foto?  Hy sing iets van ‘n jas en ‘n vlinderdas, as ek reg hoor.
Die ewige soldaat – (Musiek: Donovan Leitch, Liriek vertaal deur Lucas Maree) –  Na die oorspronklike Universal soldier.  Alhoewel dit omtrent presies dieselfde inhoud weergee, baie knap vertaal, alhoewel effens gemoderniseer met die insluiting van bv. Sadam Hoesein. Ek het eers gedink mens moet die twee nuus-snitte uit die speellys laat, want jy wil mos musiek luister, maar saam met hierdie een vorm dit eintlik ‘n treffende geheel.
Langkloof (Musiek en Liriek: Stef Kruger)
Ver van die huis af (Musiek en Liriek: Lucas Maree)
Man van staal (Musiek: Richard van der Westhuizen, Liriek: Natie Botes)
Sawens ( Jan Pohl vermoed ek)
Lank gelede (Musiek en Liriek: Johann van der Watt)

As ek uit hierdie lysie snitte moes kies kom oor die radio te speel, sou ek begin by Die Afskeid, miskien gevolg deur Lank Gelede en selfs dalk Vir Jou op die lysie hier onder.  Ongelukkig is daar niks soos Miljoen nie!

Tributes

Kinders van die wind (Musiek en Liriek: Koos du Plessis)
Klein Karoo (S. Reinecke, A. Viljoen)
Onder in my whiskyglas (Musiek en Liriek: Koos Kombuis)
Vir jou (Musiek en Liriek: Coenie de Villiers)
Liedjie vir jou (Musiek en Liriek: Jannie du Toit) – Lucas dra die liedjie op aan almal wat onthou dat daar ‘n plek soos Margaretastraat 28 was.  Dit was Jannie se huis, lees meer hier.

Ek het nog een klagtetjie – die meeste van die woorde word in die boekie gegee, maar nie almal nie.  Dit is te verstane, aangesien die regte van ander skrywers se werk partykeer nie bekom kan word nie, maar dan moes daar minstens gelys word wie die skrywers van elke liedjie is.  Moet egter nie te veel notisie neem van my kritiek nie, bv. die feit dat ek die tributes liewer sou weglaat, is maar net omdat ek ‘n groot versameling het en voel dit maak nie regtig vir my ‘n noemenswaardige toevoeging nie, maar die CD word saamgestel vir die mark, nie vir my nie.
Bestel gerus Lankverwag by Kalahari.net  Jakahari.net

Kort stukkies van snitte van Lankverwag en Lucas se ander CD’s kan beluister word op sy webwerf Miljoen Musiek.

Vroeër vanjaar, na Mathys Roets se ongeluk, het Lucas ingespring en gehelp, o.a. met ‘n groep op Facebook om almal op hoogte te hou en mense die geleentheid te gee om vir Mathys boodskappe te stuur.  Intussen het ek gehoor dat hyself met prostaatkanker gediagnoseer is, wat sover ek weet darem nie ‘n doodsvonnis is nie as daar betyds werk van gemaak word.  Ek hoop dit gaan goed met Lucas en wil graag hiermee almal aanmoedig om hom te ondersteun – hy’s een van ons bestes!


Responses

  1. Ek sal hierdie ene definitief aanskaf!Terloops, Lucas het regtig ‘n innemende persoonlikheid en dis nou een persoon van wie ek kan se dat bekendheid (roem) soos in glad nie na sy kop toe gegaan het nie.

  2. Ek’s bly om te sien dat hy weer ‘n CD uitgebring het! Dit was hoogtyd!

  3. Goeie dag jy, voel soos ‘n vreemdeling hier, ek was regtig baie lanklaas hier …


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: