Posted by: mykopop | Maandag 20 Julie 2009

Staan in die algemeen nader aan vensters – Loftus Marais

voorblad

Alhoewel die digbundel redelik maklik lees, het dit my nogal ‘n tydjie besig gehou. Ek het die koop van sy bundel vir te lank agterweë gelaat en dit toe eers gekoop die aand by sy voorlesing saam met Ronelda S. Kamfer.   Ek dink dit is dalk goed dat dit so gebeur het – mens moet hom eintlik eers lewendig beleef.  Dis nie verniet dat een van sy gedigte “Die digter as rockstar” heet nie!   Soos almal seker teen die tyd weet, hierdie bundel is sy debuut, waarvoor hy saam met Ronelda S. Kamfer die Eugene Marais-prys ontvang het.

loftus
Loftus Marais lees van sy gedigte voor in Boekehuis

Die bundel is tematies wat “vensters” en “kyk” aanbetref, eerstens haal hy ‘n motto aan voor in die boek: “The birds are in their trees, / the toast  is in the toaster, / and the poets are at their windows.” – uit “Monday” van Billy Collins.  Loftus se storie van vensters begin by Ligthning safety tips – what you should know (p.63), waarin sy pa sê: “in sy diakenstem / los die foon, sit af die tv / en staan weg van alle vensters” – wat hy natuurlik nie doen nie!  En net as jy dalk daarna op soek is: die titel van die bundel kom voor in die gedig Op soek, p.42.  Die woord “venster(s)” kom nog in heelwat meer gedigte voor.

Die boek is opgedeel vier dele, volgens die uitgewer (Tafelberg) se katalogusbeskrywing: In hierdie debuutbundel word die vier aparte leefruimtes van ’n sprekerstem poëties ontgin. Die studentedorp, die voorstad, die stad en ook die platteland word op soms speelse, soms intieme wyses ondersoek… Ek probeer ‘n verband sien tussen sy rebellie teen (en tog ook aanvaarding van) die fisika in die heel eerste gedig, Elementêre Fisika, en hierdie opdeling van die bundel in vier dele.  Let op die posisie van die venster op die blad voor elkeen van die vier dele.  In wiskunde begin mens in die eerste kwadrant (regs bo) en werk dan linksom, maar hy begin links bo, en werk dan regsom, as te ware stroomop dus.

EenDeel 1.  Eerste gedig: Elementêre Fisika
Inderdaad, soos hulle sê, dit gaan baie oor die studentedorp, mens sien dit in die eerste gedig waar dit blyk dat hy studente-akkommodasie met sy broer gedeel het.  Hy kan gedigte te voorskyn haal oor die onwaarskynlikste onderwerpe, bv.  Aan die fontein in ons flatblock se quad.  Tog dink ek dat hy dalk in hierdie deel die verband ondersoek tussen poësie en die realiteit (fisika, sien weer die eerste gedig).
TweeDeel 2. Eerste gedig: Welkom in Kaapstad
Volgens minstens een resensie is die eerste gedig intertekstueel met “Aan die Kaap geskryf” van Wilma Stockenström, asook met werk van Antjie Krog in Verweerskrif.  Ek het ongelukkig nog nie een van die twee gelees nie.  Die deel handel grotendeels oor Kaapstad, maar maak ook ‘n paar ander draaie met bv. Siel en Op soek.
DrieDeel 3.  Eerste gedig:  Voorstedelik
Oor mense met stasiewaens wat met ‘n getik in hul motorhuise afkoel, mense met dwerge in hulle tuine, wat saans woordeloos die tafel afdek en oorgeklankte programme op TV kyk.
VierDeel 4: Eerste gedig: Bloekomboom
Meestal landskapgedigte en herrinneringe aan kuiers op ‘n plaas in sy kinderdae.

Soos ek reeds gesê het,  Marais het die vermoë om oor die onwaarskynlikste ding ‘n gedig te skyf, nog ‘n voorbeeld,  Die drie windkragopwekkers by Klipheuwel,  waar ek ook in Desember verby gery het en geen idees daaroor gehad het nie.  Gedigte kan ook teen die einde ‘n onverwagse wending neem, sien bv. Siel (die naam moes dalk anders gewees het!) en Portret van ‘n ramer.

Hoewel Marais ook soms woorde gebruik wat vir my onbekend is, is dit nie so erg as in Johan Myburg se Kamermusiek nie.  Die boek het vir my in geheel en  beslis ‘n ‘ligter’ aanslag as Kamermusiek en ek vind Loftus se werk beslis baie meer toeganklik as die van iemand soos Breyten Breytenbach.

Aangesien ek ‘n oorsig of bespreking van die boek skryf (en nie ‘n resensie nie), om potensiële lesers ‘n idee te gee wat om te verwag, moet ek net noem dat Marais kru taal redelik vryelik gebruik, asook dinge wat godsdienstig aanstoot mag gee, bv. in die gedig Wederkoms.  Bedtonele raak op plekke ietwat aan die grafiese kant. Wat die kru taal aanbetref moet ek sê dat ek my dikwels afgevra het of daar ‘n ander woord is wat hy kon gebruik het, en meestal was die antwoord nee.  Om ‘n ligte voorbeeld te noem, in Relaas van ‘n tuindwerg waar hy sê, “‘n hond het gister op my rug gepis”, twyfel ek of die dwerg ‘n ander woord sou gebruik het!  Daarenteen, is die woord wat hy gebruik in Terug op die plaas (p. 76) nodig?  Ons weet mos almal wat ‘n koos is!  Onlangs het Mnr. Muller geskryf oor Wat maak ‘n goeie gedig goed, waarop ek hom (met hierdie tipe van dinge in gedagte) gevra het of hy reken dat Loftus Marais die laaste stappe, nl krities beskou, en redigeer, goed regkry.  Sy antwoord was dat Loftus ‘n vriend is en hy liewer nie kommentaar wou lewer nie!

Aanhalings:

Papiertjie (p. 14)

aan ’t stry oor die politiek gaan sit almal aan tafel, maar
als kantel, eetgerei kletter, glase mors wyn
gaste kyk agterna soos ek die trappe op verdwyn
na my lessenaar, gedek vir skryf, chaotiesdeurmekaar
ek vat ’n halfklaargedig, vou dit ’n paar keer
gaan stoot dit onder die poot sodat als balanseer
die mense glimlag, klink ’n glasie op my
ek dink: ai, papiertjie, dís ware littérature engagée

uit Met M se vertrek na Londen (p. 18)

en sommer net in die algemeen: Boeings wat NUUSWAARDIG NEERSTORT

uit Op soek (p. 42)

ek’s op soek na ‘n gedig
ag leser, wees van my bewus, gee my skryfstof
kom my tegemoet in private tydjies:
staan in die algemeen nader aan vensters
trek die gordyne effe terug
o sloer voor kiere vir ‘n wyle!

My gunstelinge:

Elementêre fisika
Papiertjie
Met M se vertrek na Londen
Ode aan Sarah se voete
Die vroegsomerson as skilder
Na ‘n grand uitstalling
Gedig vir my Seamus HeaneyNewSelected Poems 1966-1987
Landskap met duimafdruk

Ballade van die olieboor
Siel
Op soek
Selfportrette op vlekkelose byderwetse oppervlakke
Nagfilm

Voorstedelik
Relaas van die tuindwerg
Portret van ‘n ramer
Tafel afdek
Oorgeklank (behalwe, ek hou van Derick)
Lightning safety tips – what you should know
Die inhoud van hulle huis

Bloekomboom
Die drie windkragopwekkers by Klipheuwel
Windpompskets
Vuil hande

Resensies:

Ek weet nie hoeveel resensies daar op die internet oor die boek bestaan nie, maar hier is ‘n paar:

NB/Tafelberg : Katalogusbeskrywing
Beeld: Debuutdigter ‘dans op papier’ – Charl-Pierre Naudé
Die Burger: Gedigte vir die kykers – Wayne Muller
Beeld: Debuut troon bo onlangses uit – Lucas Malan
Litnet: Die Afrikaanse poësie se nuutste rockster verskyn met sterk debuut – Louise Viljoen
Litnet:  Tessa Louw – Briefresensie Indien nie een van die beste nie, seker die geesdriftigste!

As jy dit verkies, gesels verder saam by Boekemakranka.


Responses

  1. Hey, mykopop: Wat ek wel kan sê, is dat ek Loftus se werk baie verfrissend en heel toeganklik vind. Ook dink ek sy gedigte is kláár.

    Ek blog soms oor klasgee-dinge soos die onderrig van kreatiewe skryf, en in my post waarna jy verwys, skryf ek: Wat hulle [tradisionele onderwysers] nie vir ons onderrig nie is hoe om rou emosie in woorde om te sit, dit krities te beskou, stelselmatig te redigeer en te wéét wanneer dit klaar/goed is.

    Daarmee bedoel ek nie dat rou emosie noodwendig afgewater moet word om tot poësie omskep te word nie. ‘n Gedig kan steeds kragtig wees én afgerond.

    * * *

    Die redes hoekom ek verkies om nie kommentaar te lewer oor Loftus se werk nie, is:

    (1) ek sien myself nie as ‘n kenner van wêreldpoësie of -filosofie nie, daarom kan ek nie sinvolle uitsprake maak oor sy intertekstuele verwysings na ander werke nie, ook nie eens op sy ooglopender intertekste met Stockenström of Krog nie,

    (2) ek ken Loftus deur ‘n gesamentlike vriendin en daarom hoor ek telkens sy stem as ek ‘n gedig van hom lees; dis dus moeilik vir my om ‘n objektiewe opinie oor sy werk te hê, want my voorkennis vul sy woorde aan.

    Nietemin, sy bundel is bekroon, en ek glo dis heel tereg so. En ek hoop jou inskrywing moedig mense aan om dit te koop, te lees en te oordink. En te geniet.

  2. Dankie vir hierdie wonderlike inskrywing. Ek sal vanaand behoorlik lees as ek meer tyd het om met aandag te lees.

  3. FENOMINAAL!!! EK HET ONMIDDELIK VNDG DIE GEAMENTLIKE WENNERS GAAN KOOP EN EK IS OMGESLAAN EINTLIK WIL EK OOK VLOEK VAN VERSTOMMENDE VERBASING EK HET NIE WOORDE NIE, WAAR LOS DIT MY AS DIGTER … DAAR IS SULKE GROTES… SOOS JAN RABIE SOU SÊ … EKS KRYF NET DROË BLOMMERANSKIKKINGS EN POTPOURRI!!!
    bRAVO … HEMEL EINTLIK MRTILDJOEN VCAHORTIES SOEN

    oeps

    en geluk nattuelik

    die lewe is interessanter en interesanter as mens in die w^reld vannie letter inbeweeg huh

    slim mense … heeltemaal te verstommend… ek wil eintlik ne vn hulle eers geweet het nie nou wil ek tesisse oor hulle skryf

    okay baai ek moet nou eers die 4cdogters bydie skool gan haal, ballet, drama, klavier en atletiek vanmiddag..

  4. soos ek die trappe op verdwyn
    na my lessenaar, gedek vir skryf, chaotiesdeurmekaar

    OE! ‘n waaaaaaaare kunstenaar hmmm???

  5. Beste Chris

    Skies, ek was flussies biki haastig.

    Ek moet jou darem net bedank vir al die wonderlike ressensies wat ek nou al ‘n jaar en ‘n half hier by jou lees. Jy het wêrelde vir my oopgemaak. Wêrelde.

    Ek het namiddag bietjie verder gelees in Loftus Marais se bekroonde debuut digbundel: “Staan in die algemeen nader aan vensters”.

    Hy skryf ontsettend goed met ‘n taalvaardigheid aarop Eugène Marais sou trots wees.

    ‘n Paar mooi verse uit sy gedigte wat ek wil aanhaal hier.. wat vir my regtig mooi was… en eks nog nie halfpad nie…

    Elementêre fisika:
    ..hy lag as ek sê die sterre kan konfetti
    planete in wentelbane hoelahoep..

    Die vroegsomerson as skilder:
    ..mevrou die kurator, u vind my argumente sonder krag,
    maar ek sê weer die son is ‘n skilder, u kan maar lag..

    Platteland fantasie:
    .. die maan sal die kar agtervolg
    tot ons arriveer: ‘n plaashuis met ‘n stoep en twee stoele
    ons sal kyk hoe al die dagbreke wat ons bekruip het, gaan lê..

    Sewe reaksies op ‘n seemeeugeraamte:
    Wel hierdie is net wonderbaarlik… al sewe beskouings… baie wonderlik en werklik pragtig!! Bravo. Ek sal nooit weer ‘n dooie seemeeu kan verbyloop sonder om hierdie gedig te herlees nie.

    Siel:
    ..baie oulik.. hene en oorspronklik.

    En dis waar ek nou is, sal sommer nou gaan verder lees.

    Groete,
    Annora Eksteen

  6. Soos gewoonlik maak jy my net weer jaloers! Sal hulle hierdie voorlesing ook op youtube hê? Ek sal bietjie gaan rondkrap daar.

  7. @mnr.muller – Dankie vir jou insiggewende kuier. Jy is heeltemal reg – Loftus se gedigte is kláár.

    @Annora: Siel vat regtig vir my so ‘n oulike draai op die einde. Ek het gesê die titel moes eintlike anders gewees het, ek wou nie sê wat nie, om dit nie vir iemand te bederf nie, maar as dit anders was sou die verassing weg wees.

    @Nikita: Daar is heelwat op YouTube, maar jy sal maar die bundel moet bestel!


  8. Ek het o.a. hierdie een gekry oor die bundel.

  9. Sewe reaksies op ‘n seemeeugeraamte:
    My dogtertjie van 11 jaar oud, is mal oor hierdie dooie seemeeu gedig.
    Groete,
    Annora Eksteen

  10. Ek lees so pas op die internet die “graffiti”-gedig van hom…ag nee, ek was nou heeltemal terleurgesteld in sy woordkeuse in die gedig…een spesifieke woord😦 …ek’s nou sommer afgesit deur dit. Digter of te nie, hy kon ‘n beter woordkeuse daar gemaak het.

  11. @Nikita, dis die tipe ding waarna ek verwys het. Ek is in ‘n tweestryd met myself oor sulke dinge. Aan die een kant, ek het so grootgeword dat mens nie sulke woorde gebruik in goeie geselskap, waar mans en dames teenwoordig is nie. (In sulke geselskap sou mens tog graag oor die nuutste digkuns wou gesels.) Aan die ander kant, ek is nie preuts nie en wil nie graag kunstenaars aan bande lê met verkrampte of verouderde opvattings nie. Tog dink ek dis ‘n groter kuns om so woordvaardig te wees dat jy nie altyd die maklikste uitweg hoef te kies nie.

    Maar watter word sou jy gebruik het?😆

    • hi Kop…ek beskou myself ook nie as preuts nie, maar wil darem nie sulke woorde in gedigte lees nie, ek dink sommer van die begin af nie baie van iemand wat sulke woorde in die “openbaar” gebruik nie. Digters moet darem onthou wat hulle skryf is “public” en jy moet aan jou lesers ook dink. Ok, daar is mense wat hou van daardie taalgebruik, dus, hy skryf seker vir “daardie” gehoor, maar beslis nie vir my nie. Digters moet ook onthou dat hy wil seker sy “geld” maak en die “breë” publiek glo ek nie is die tipe wat daardie woorde gebruik nie…mens moet ook nie jou taalgebruik in ander se kele af forseer (hoekom lyk die woord se spelling nou vir my “snaaks”.. lol..) nie. Maar “een ou gediggie” met so ‘n woord is seker nie “skade” nie, maar dit maak dat ek sommer negatief in die algemeen teenoor hom is. Ek is seker maar ‘n bevooroordeelde mens of ‘n verkrampte persoon/watookal..maar ek is maar net gewoond dat sulke woorde nie in my taalgebruik is nie, daarom is dit bietjie “anders” vir my om dit in gedigte te lees…veral as dit ‘n ou is wat dalk “hoog” aangeslaan word in die Afrikaanse taal, as dit die redenasie is, waarheen gaan ons dan? Gaan meer en meer digters sulke woorde begin gebruik – meer en meer – en ons moet tevrede wees en sê ons moet nie “verkramp” wees nie? Ek weet darem nie…🙂

      • Kop, ek lees so pas hierdie gedeelte in ‘n google-boek (geskryf oor Afrikaans)…
        “A people are what its women are. The woman is the conscience of her nation as well as the measure of its values. The moral life of a nation is controlled by the women, and by the women can we measure the moral condition of the people.”(Postma)
        +++Nou vra ek dieselfde…as mens dit sê oor ‘n land se “mense”…hoe sal mens verwys na ‘n land se gedigte/digters? Of is ek “koekoes”?🙂

  12. Julle twee het my nou doodnuuskierig. Watter woord, en in watter konteks?

    • hi Maankind! Ek sal dit aan Kop oorlaat om “daardie” woorde hier aan te haal – as hy so voel. Ek voel net dis nie woorde wat verfynde mense gebruik nie, nog minder in ‘n gedig! – Afrikaans…en ons wil graag ons kinders “opvoed” in Afrikaans. Is dit dan die manier van “opvoeding” wat hulle gaan kry? Ek sal jou een ding sê, my kinders is hier in Britse skole, maar hulle is trots op Afrikaans en wil graag die taal leer en vra gedurig uit na die spelling van die woorde en beter woorde om te gebruik. Hulle sal dadelik vir my sê dat hulle weier om sulke gedigte te lees. Ek vra myself..Sou Eugene Marais/Opperman en al ons klassieke digters dit gebruik het? Maak dit nou ‘n beter digter om nou te sê jy “pas aan” en jy is nie meer “preuts” nie? Gaan ander jong “opkomende” digters nou sy voorbeeld begin volg..want…hy het dan hierdie “toekenning” gekry. Nee wat…as ek so moet redeneer…dan bly ek maar liewer “preuts” en “verkramp” as wat ek my taal(en kinders wat opgevoed moet word) skade aan doen. Is ek verkeerd?

  13. Maankind, die gedig staan (verkeerd) aangehaal op die internet by http://magazine.book.co.za/blog/2008/12/21/the-12-days-of-xcerpts-staan-in-die-algemeen-nader-aan-vensters-deur-loftus-marais/

    Die woord staan omtrent in die middel van die gedig. Ek het nou eers die boek gaan uithaal om dit te bevestig – daarin is nog die woorde “in die bak” (wat rym!) bygevoeg op dieselfde lyntjie. Dit mag ook wees dat die aanhaling nie verkeerd is nie, maar dalk ‘n vroeër weergawe wat iewers anders as in die boek verskyn het.

    In my inskrywing oor Ronelda S. Kamfer se bundel https://mykopop.wordpress.com/2008/11/23/noudat-slapende-honde-ronelda-s-kamfer/ het ek die volgende te sê gehad: Ek het verder geblaai en op die gedig Pasop vir Depressie afgekom waarin die 3-letter k-woord presies 14 keer voorkom, die boek toegeklap en gesê “Nee wat, ek kan sommer my eie k*k skryf!”

    Tog het ek op die ou end meer te wete gekom oor haar en die bundel en dit gaan koop. Ek kan nie nou presies die strekking van die betrokke gedig onthou nie, maar ek dink amper haar gebruik van die woord was omtrent 14 keer meer geregverdig as die van Loftus.

    Nikita ek dink jy beter liewer glad nie Loftus se bundel lees nie, (of lees net my lysie gunstelinge) want daar is dinge in wat jy nog baie erger gaan vind.

    Wat my aanbetref, as ek wil probeer om op hoogte van die hedendaagse digkuns wil bly, kan ek nie ‘n bundel wat ‘n Eugene Marais-pryswenner is ignoreer nie. Maar dit verhoed my nie om my kritiek daaroor uit te spreek nie, soos wat ek in my inskrywing gedoen het. Die ou beginsel geld maar nog vir my: beproef alles en behou die goeie, waarvan daar beslis ook is in die boek.

    • hi Kop, dankie vir jou antwoord hier. Dit is soos jy sê, jy kan kritiek uitspreek, wat jou reg is en ons geniet die kritiek (positief/negatief) wat jy doen hier. Ek was net baie terleurgesteld toe ek die woord lees en ja, dan moet ek hom liewer nie koop nie.🙂
      Dis net altyd vir my ‘n laagtepunt as ek dink iets is goed – of ‘n hoë dunk van iemand het – en jy kom op iets af wat jou totaal ‘n ander beeld gee van die “iets” of “iemand.” Ek hoop nie al hierdie “opkomende digters” dink hulle moet nou soveel moontlike vloekwoorde gebruik om “in” te wees nie, dan voel ek jammer vir Afrikaans! Kyk of jy dit in die Engelse taal kry…of enige ander taal? Is dit regtig nodig? Dis al wat ek myself afvra.

  14. Dankie dat julle my inspireer om meer van hierdie digter te lees. Want nou kan ek met ‘n oop gemoed sê, NEE. Ek hou nie daarvan nie. Nuwerwetse digkuns doen dit net eenvoudig nie vir my nie. En ek gaan haal summier my ou verbleikte Senior Verseboek uit, en gaan vanaand bietjie daaruit lees, bloot omdat ek genot vind uit die ouer digters.

    Loftus mag ‘n meester wees, maar nie vir my nie.

  15. Nikita, ek het net so gevoel oor daardie gedig an Antjie Krog, waar sy iets so deursleep deur die droogte. Ek was skoon afgesit. Was dit nódig?

    • Dankie Maankind, ek het net nou oor myself begin “wonder” LOL! Ek sien al in my gedagtes hoe Afrikaanse gedigte van die toekoms elke tweede woord ‘n k-woord of f-woord gaan wees..dan sê ek vir myself..red ‘n nasie/volk met sulke digters – wat toekennings kry..is dit die voorbeeld vir ons opkomende digters? Ek sê ook, hy mag ‘n meester wees – dalk – maar ook nie vir my nie. Ek stel nog “my” standaarde vir goeie Afrikaans of goeie leesstof en in my “goeie leesstof” of opbouende leesstof kom daardie woorde baie beslis nie voor nie. Jammer Loftus! Ek hou verby.

  16. Nikita en Maankind, ek gaan vir ons ‘n onderwerp hieroor begin by Boekemakranka, dalk sal ons daar meer deelname en sienings kry.

  17. Hi Kop…ek het twee Engelse digters genader oor hierdie onderwerp. Hier is die eerste een se reaksie. Sal jou laat weet sodra ek die tweede een se reaksie gekry het.
    ————————–
    Good to hear from you – anytime

    I agree with you. The vulgarities are so commonplace now that any poet worthy of the name would seek to replace that commonality with something which would distinguish it, and thus the work, from the muck it is supposed to not only hold a mirror to, but rise above it in an artistic transformation.

    That otherwise is a condescension and brings nothing new, but subverts the art of the poem.

  18. Hi Kop…hier is Wayne Visser se reaksie, ek het dit net so uit my email geneem …sonder enige veranderinge, soos die vorige een ook…Dean Baker.
    Ek wag nog op ‘n reaksie van ‘n Nederlandse digter🙂

    Wayne verwys hier na Stephen Fry…interessant genoeg…lees die 2005 artikel uit die Guardian waar Stephen aangehaal word. Ek vind dieselfde van baie gedigte in Afrikaans wat ek op die web lees…wat hy hier sê en ek haal aan:-ek hoef nou nie te “beoordeel” soos hy moet nie🙂 –

    “He then analyses the sample: ‘The above is precisely the kind of worthless arse-dribble I am forced to read whenever I agree to judge a poetry competition. It took me under a minute and a half to write, and while I dare say you can see what utter wank it is, there are many who would accept it as poetry …”

    Hierdie is ‘n aanhaling van die link ook…
    ———————————————-
    Kitchen Villanelle

    How rare it is when things go right
    When days go by without a slip
    And don’t go wrong, as well they might.

    The smallest triumphs cause delight –
    The kitchen’s clean, the taps don’t drip,
    How rare it is when things go right.

    Your ice cream freezes overnight,
    Your jellies set, your pancakes flip
    And don’t go wrong, as well they might …

    · Extract of a poem by Stephen Fry in his new book, The Ode Less Travelled, published by Hutchinson

    ————————————————

    Modern verse/ just gets worse/ … and worse
    http://www.guardian.co.uk/uk/2005/oct/16/poetryreviews.poetry
    Opskrif:
    The actor and writer Stephen Fry has turned his considerable firepower on contemporary poetry. Now in his own ‘how-to’ guide he calls for a return to the traditional world of stanza and metre

    —————
    Reaksie van Wayne Visser:

    Rude & crude is definitely a matter of taste. As far as English poets, it was not uncommon for well-known poets to dabble in the taboo – including Auden and Robert Frost. In the Limerick world, Norman Douglas I has a quite a collection. Others include Jonathan Swift and John Wilmot. These are typically poems that include c*nt and f*ck. Stephen Fry, in his The Ode Less Travelled, gives some examples.

    I am not offended by these; in fact, I find them rather amusing. For me, the test is still whether it is artfully done. I have little time or appreciation for swearing or rudeness for its own sake.

    Regards
    Wayne

    ——————————-
    Ek weet jy – en ander – sal sê ons moenie Afrikaans met ander tale vergelyk nie en ons moenie soos skapies wees en ander na-aap nie, maar ek wil eerder my verstout om te sê dat ek dink ons digters het begin kyk wat ander doen en gedink dat dit die nuwe neiging moet wees/behoort te wees/gaan wees..watookal. Uit my ondervinding weet ek dat ons in SA graag agter Amerika aangaan en die Britte weet ek (uit my ondervinding in die Onderwys- het dit al oor en oor gesien, selfs met die skaak-in-skole-program ook!) dat hulle ook agter Amerika aan hardloop, alhoewel hulle graag wil voorgee dat hulle hul “eie ding” doen, wat ek vir jou uit Onderwyssake kan bewys nie die geval is nie.

    Soos Wayne sê dis ‘n geval van smaak en of dit “smaaklik” gedoen is. Soos Dean sê dit is afbrekend van die kunsvorm. Vir my is dit smaak- dus onsmaaklik…en dis afbrekend. Ek het gehoop dat Wayne vir my sou verwys na ‘n meer Britse digter wie ek kan kontak, maar ek aanvaar dat hy ook al ondervinding hier as digter het en weet wat die “moderne” neiging is.
    Geniet Vrouedag…dis winderig en bewolk die kant!

    • Kop, ek moes natuurlik ook die “gedig” by sy aanhaling geplaas het. Die aanhaling…
      “He then analyses the sample”
      verwys na hierdie stukkie waarna hy verwys:
      ——-
      cigaretted and drinked

      loaded against yourself

      you seem so yes bold

      irreducible

      but nuded and afterloved

      you are not so strong

      are you

      after all

  19. Hi Nikita, dankie vir jou bydraes. Ek dink om werklik ‘n studie te doen om die huidige Afrikaanse digkuns met die van ander lande/tale te vergelyk sal nie so maklik wees nie. Ek weet bv. nie eens wat die pryse is wat toegeken word in Amerika, Brittanje, Nederland en België nie, wat enigsins vergelykbaar met die Eugene Marais-prys is nie. Mens sal moet gaan kyk na die wenners en ook miskien al die ander nominasie in sê bv. die laaste jaar of twee. Ek hoop iemand wat ‘n tesis wil skryf kry die idee om so ‘n vergelykende studie te doen tussen die rigtings in die Afrikaanse digkuns en die van ander tale, met kru taal en vulgariteit as een van die kriteria.

    Wat my aanbetref, ek wil probeer om redelik op die voorpunt van die Afrikaanse digkuns te bly, nie dat ek ooit ‘n groot kenner sal word nie, maar darem. Noodwendig sal ek partykeer ‘n gedig moet lees met iets wat my nie aanstaan nie. Ek sal egter aanhou om wanneer ek skryf oor digbundels (en dieselfde geld vir ander boeke – jy gaan dus seker ook nie 30 Nagte lees nie), dit te noem, nie omdat ek dit noodwendig in elke geval veroordeel nie, maar om voornemende lesers ‘n beter kans te gee om te besluit of hulle die boek wil lees of nie. Dit word gewoonlik lyk my heeltemal deur resensente verswyg – darem nie altyd nie, bv. die een resensie wat iemand op Boekemakranka aangehaal het, waarby ek gesê het ek sal liewer nie die boek lees nie – iewers trek ek darem ook die streep!

    • Hi Kop
      Ek stem heeltemal saam met wat jy doen. Ek sien geen probleem daarmee nie, dit is waaroor jou blog tog gaan en ek dink jy is amper die enigste een (buiten seker Boekemakranka) wat dit doen en jy doen dit baie goed!

      Ja, interessant sal dit wees en elke ou se opinie hieroor sal verskil. Dit is ‘n geval van smaak en digters moet hul leserpubliek in gedagte hou en ek ek wil my verstout om te sê dat dit ‘n baie klein persentasie is wat regtig gaan hou van daardie kru-taal, ‘n persentasie van daardie klein persentasie sal sê hulle hou daarvan om soos ‘n skapie “in” te wees en nie as verkrampe gesien te word nie, swaai die “tendens” om, dan swaai hulle saam…soos die modes.🙂

  20. Wonderlike moeite wat jy doen, Nikita. Ek waardeer. Want dit verbreed mens se perspektief.

  21. Hi Kop…soos ek belowe het, pas ‘n email gekry van ‘n Nederlandse digter…pryswenner van verlede jaar. – ek het nie inligting oor die tipe toekenning nie. Hier is ‘n gedig van hom. Dit lyk my die ander een wat ek genader het is dalk te besig en ek het Martijn gister genader. Lyk my hy’s in die klas van Loftus…haha…of erger…(ek het nou nie Loftus se gedigte gelees wat jy sê meer kru-woorde bevat as die een waarop ek afgekom het. Ek wonder of Loftus die “idee” by hom gekry het. Sies, sê ek nou vir myself!🙂
    ———– Jammer vir hierdie baie kru taalgebruik hier op jou blog, maar dit kom so uit my email.🙂

    Pure

    My soul’s so disgustingly pure
    that angels skate on it, all day long,
    in eights and zeroes, not daring to even sing
    or lift each others little skirts while the snow
    is settling in, and when I throw up
    over your naked breasts, clouds
    come from my mouth, clouds, not even white
    but horribly blue, like the sky, like the light
    from a boys room: infinity!

    Tits and clouds, clouds and tits,
    so pure, pure. This is the soul
    even God can’t confess to
    without falling asleep.

    This is me, but now.

    Martijn, 19-11-2008
    —————————–
    Hier begin sy mail:

    Hey!,

    Thanks for your mail, it’s nice to hear from you! However, it’s hard for me to answer to your question since I would have to see the context of those ‘crude words’ to say if I think their use was functional or not. I must say I do not believe in ‘crude words’ since words by themselves never are: the human mind makes them crude or not.

    But since I can both imagine a kind of poetry that uses ‘crude language’ well and uses it badly, I wouldnt be able to say which one is the case here. But then again, you’re talking to both a Prince and Shane macgowan fan here: I basically grew up enjoying explicit sexual perversities as popculture – from Prince’s ‘Dirty Mind’ (great record!) to Macgowan’s Donegall express:

    Kahaya! You fuck!
    Come Hell of high water
    I might have fucked your Missus
    But I never fucked your daughter
    Fol-diddle-dee-ahhh

    So you see, I’m a total useless guy for morality lessons! I love it!
    I also have a rather large collection of dubious movies on my computer. Love those as well.

    Oh, and I also love chess. Your name suggests a chess relation.
    Greetings from a pleasant Istanbul, diving into the pool now…

  22. Dankie vir die lang inskrywing oor hierdie digbundel.. ek wik en weeg al hoe lank om dit te koop.. maar het nog net nie tot die daad oorgegaan nie.. gaan nou beslis ‘n plan maak!

  23. Hallo weer Chris en lesers
    Ek kan Loftus Marais se digbundel ook aanbeveel. Dit is ‘n genot om te lees en mens kan dit ook weer en weer lees om verskeie dieper betekenisse te kan sien, maar ook is dit eenvoudig by die eerste lees. Die kru taal is bietjie afsittend soms en soms ook glad nie. Inteendeel. Hy kyk met ‘n unieke blik na die wêreld en so aan en hy speel ook in op allerhande dinge en aktiveer ‘n klomp wonders by mens, maar wat ek eintlik wil sê is.. nee ek kan nou werklik nie onthou wat ek nog wou sê nie.
    Hm. Werklik verstommend. ‘n Regte digter.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: