Posted by: mykopop | Sondag 5 Julie 2009

Jý is laat, Steve!

En ek ook. Die verskil tussen blogskrywers en joernaliste is, eergenoemde vat verlof wanneer hulle wil!  Ek wou laas naweek al hieroor my nek uitsteek, nadat ek Steve laas Vrydagaand (26 Junie) oor RSG hoor praat het, terwyl ek besig was om die tasse in te laai vir ons wekie in die Noordkaap, maar kontak met die internet was bietjie min.

Ek het baie respek vir Steve se vermoëns as liedjieskrywer en wens hy wil homself meer daarmee besig hou.  Ek het ook niks daarteen as ‘n sanger tussen sy eie materiaal in ‘n konsert ‘n huldeblyk aan iemand anders lewer nie, Steve doen Neil Diamond goed. Dat sangers hele CD’s van nagemaakte musiek uitreik om meer geld met min moeite te maak, steek my dwars in die krop.

Die onderhoudvoerder vra toe vir Steve die groot vraag wat ek ook wou gevra het:  “Steve, hoekom dink jy sal iemand jou CD’s van Neil Diamond en Kris Kristofferson se musiek koop in plaas van die oorspronklikes?”

Ek kan nie alles onthou was Steve kwytgeraak het nie, maar onder andere: “Suid-Afrika is ágter en láát.”  Bedoelende daarmee seker dat CD’s en DVD’s hier by ons later uitgereik word as in die lande van herkoms.  Maar hy het ook gesê: “Neil Diamond is lankal besig met ander musiek. Jy sal nie nou meer ‘n CD van hom met Sweet Caroline in die winkels kry nie.”  Komaan Steve, ons weet die publiek val jou so lastig, jy kom seker nooit in ‘n CD-winkel nie!  Buitendien klink hierdie en die vorige argument vir my teenstrydig.

Verder sê Steve: “Mense het iemand soos ek nodig om navorsing oor die kunstenaars te doen”.  Dankie Steve, baie dankie vir jou onmisbare bydrae in die verband, ons almal se rekenaars het nie toegang tot Google nie.  Ek wonder net hoe Steve se navorsing hom daartoe gelei het om sy CD “Solitary Man – The Songs of Neil Diomond” te begin met die Hollies-treffer “He Ain’t Heavy, He’s My Brother”?  Inderdaad het ek ook dié weergawe leer ken voor die Hollies-weergawe, dit kom van Neil Diamond se album Rainbow (1973) waarop geen Neil Diamond-liedjies voorkom nie, maar waarop Diamond huldeblyke aan ‘n aantal ander liedjieskrywers lewer. As Steve dink ek sal betaal vir ‘n tribute aan ‘n tribute is hy lánk láát!


Responses

  1. 😆 @ Annora. Steve is okay, maar dan moet hy sy eie goed sing. Ek stem saam met KoP

  2. Lag Kliphard! Hahaha Kop, lekker gese.

  3. Ek het nie ‘n probleem met Steve wat ander “na-aap” nie. Ek het sy ND CD en elke liedjie geniet, maar ek hou nie daarvan om ‘n spul cd’s te hê van “na-apers” nie, nee, ek het slegs die een van Steve en ek’s gek oor sy Afrikaanse liedjies. Ek voel vere vir wat ander dink van hom persoonlik (ek’s gelukkig “ver” van watookal gebeur het…weet min of meer die gebeure – gelukkig), ek hou van wat hy tot dusver gesing het en luister dit van tyd tot tyd, Pampoen ingesluit. Maar ek glo enige mens gaan deur “fases” van waarvan jy hou en nie hou nie of moet ek sê jy gaan deur fases van wat jy wil luister, ek’s nou meer op ‘n klassieke musiek “stasie” ingeskakel en geniet dit meer op die oomblik. Oor Steve wonder ek net: is dit nie tyd vir hom om “uit te tree” of “af te tree” nie? Het hy regtig nog die mense in SA “gaande” soos vroeër – wonder net…oor wat met sy huwelik gebeur het, of mense nie bietjie “genoeg” gehad het nie? Ek vra, ek weet nie!

    • Ek probeer Steve nie afkraak met hierdie inskrywing nie, ek dink net ons moet hom darem daarop wys dat hy ons nie so heeltemal moet onderskat nie. Ek is mal oor Pampoen, as ek maar een so ‘n liedjie kan skryf kan ek in vrede doodgaan. So het Steve dalk ook al gesê, maar met kreatiewe mense werk dit nie so nie, ek dink soos Neil Diamond sal Steve nie aftree nie.

      Die voel vir my die Afrikaanse publiek (luisteraarsmark) is nie krities genoeg nie – wat ookal Steve (bv.) doen, goed of sleg, is altyd nuuswaardig en almal hardloop agterna. Iewers, voel dit vir my, moet mens ‘n streep trek. Ek is ook glad nie lus om sy boek te lees nie.

  4. Sjoe! Toe ek die opskrif lees, skrik ek my amper oorhoeks!!😯 – toe onthou ek, dis net slegte nuus as dit ‘n girl is wat láát is:mrgreen: – skoon verlig is ek nou!
    Jy is reg – KoP – Steve is seker consistently SA se beste liedjieskrywer.

  5. Hi BB! Nee, dit het ek nie gesê nie – miskien as jy sê “kommersiële liedjieskrywer”. As ek ‘n beste Afrikaanse liedjieskrywer moes aanwys sou ek liewer kyk na Anton Goosen, Chris Torr, Jannie du Toit, Lucas Maree, Lize Beekman ens.

  6. Lize?? Draadkar Lize??🙄 Ok, sê dan eerder Koos of Stef – dan sal ek jou ditto😉

  7. Ek stem saam oor Anton!! Beslis!! ‘n GROOT skrywersgees daai!!

  8. http://chessaleeinlondon.wordpress.com/2009/07/18/new-toy/
    Huiswerk op hierdie link, Kop! Sal jy asb daardie vorige een delete? Dankie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: