Posted by: mykopop | Woensdag 3 Junie 2009

SA Musieklegende Dan Hill oorlede

In my inskrywing oor elektroniese musiek, net ‘n bietjie meer as ‘n maand gelede het ek nog gewonder oor ons eie Suid-Afrikaanse Dan Hill wat vir die Sounds Elektronic plate verantwoordelik was.  Ek het self die moontlikheid genoem dat hy nooit bestaan het nie en dalk net ‘n bemarkingsidee was, omdat ek oor hom persoonlik geen inligting op die internet kon kry nie.

Wel, ek was verkeerd.  Vanmôre was daar ‘n kort beriggie in die 6-uur nuusbulletin op RSG waarin hulle in omtrent 2 sinne gesê het dat die Suid-Afrikaanse orkesleier Dan Hill op 85 gesterf het.  ‘n Nuwe soektog het twee berigte opgelewer, op News24 en ‘n verkorte weergawe op die weblad van The Mercury.  Volgens die berig het hy tot kort voor sy dood sy klarinet twee keer ‘n week by Browns in Rivonia gespeel.  Hy was ook die stigter van die eens groot RPM-platemaatskappy wat later in Gallo Africa geabsorbeer is, en waar hy nog vir jare daarna musiekdirekteur was.

Volgens die artikel het die Sounds Elektronic reeks in 1967 verskyn.  Dit moes vir ‘n hele paar jaar gewild gewees het, want ek onthou uit uit die tweede helfte van die 70’s.  Ek was laas naweek in ‘n plek wat ou plate verkoop, maar omdat die plate opgestapel was kon ek nie een van die Sounds Electronic in die hande kry nie.  Ek sal my oë oophou sodat ek darem kan probeer om so ‘n idee te gee hoe dit geklink het. Uit wat ek kan aflei oor lyste van die snitte wat ek kry op die net, was dit medleys van destyds bekende treffers wat eleketronies uitgevoer is.  Nie dat dit ooit my musieksmaak was nie, maar dit bring tog ou herinneringe terug en dit sou interessant wees om te weet by watter ander produksies hy betrokke was.


Responses

  1. Ja, ek onthou nog vir Dan Hill en sy orkes. Dis jammer om van sy dood te hoor. Dankie vir die speurwerk. 😉

  2. Soos ek voorheen gese het, ek onthou die naam, maar kan nie die musiek onthou nie. Ek sal graag sy musiek wil hoor, want ek dink ek sal dit dalk herken.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: