Posted by: mykopop | Sondag 31 Mei 2009

Phil Spector, Sweet Caroline, ‘n JFK minnares en … en…

Ek lees gisteraand van Phil Spector wat tot 19 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op die aktrise Lana Clarkson. Tog jammer dat iemand wat soveel bereik het op sy oudag is so iets betrokke moes raak en miskien die laaste jare van sy lewe in die tronk mag slyt. Hy is die medeskrywer van ‘n hele klompie groot treffers, o.a. You’ve Lost That Loving Feeling. Ek lees ook dat hy die brein is agter ‘n belangrike produksietegniek, bekend as die “Wall of Sound” – menige mens van my ouderdom en jonger is seker deur daardie muur getref!

Ek het lank laas Neil Diamond se biografie gelees en wonder toe, is Phil Spector nie een van die ouens wat hom ontdek het nie? Ek was toe deurmekaar met Jeff Barry. Daar is wel ‘n konneksie, op Neil se album Up On The Roof: Songs from the Brill Building is nie minder as 3 liedjies waarvan Spector medeskrywer is nie, en hulle het seker mekaar in die Brill gebou geken.

Terwyl ek so rondlees ontdek ek ‘n stukkie nuus wat my as ‘n groot Neil Diamond bewonderaar vir al omtrent 2 jaar ontglip het: Neil Diamond se liedjie Sweet Caroline is glo geinspireer deur Caroline Kennedy, dogter van John F en Jacqueline Kennedy. Hy het dit erken in 2007 toe hy per satelliet die liedjie vir haar gesing het by haar 50ste verjaardagpartytjie. ‘n Voorbladfoto van haar op 11-jarige ouderdom in haar ryklere by haar ponie het die inspirasie verskaf. (Foto: Wikipedia)

 

 

 

 

Dis nie vir my alles heel duidelik nie – volgens een bron was dit toe sy 11 was dat hy die foto gesien het (dus 1968), volgens ‘n ander een het hy ‘n paar jaar later die liedjie in ‘n uur se tyd in ‘n hotelkamer geskryf, maar Sweet Caroline het reeds in 1969 (toe sy twaalf was) op solussewe verskryn Hoe dit ook al sy, nou weet ons minstens wie die Caroline is!

(Foto: Inside Track, Boston Herald. Hier is sy wel 11 jaar oud.)

 

 

 

 

En asof ek toe nog nie genoeg van JFK het nie, is daar vandag ‘n berig op Rapport se webblad: Vrou bieg ná 40 jaar oor affair met JFK. Haar naam is Mimi Beardsley Alford. Die verhouding het glo al vroeër aan die lig gekom, maar sy gaan nou self ‘n boek daaroor skryf.

En om mee af te sluit, ek hoor Susan Boyle het toe die tweede plek gekry, en ek dink dis op De Telegraaf se webblad wat ek eerste van Phil Spector gelees het, daar sien ek ook toe ‘n foto en beriggie oor die 11-jarige wenner van Holland’s Got Talent, Tessa Kersten. Ek het op YouTube ‘n video van haar opgespoor waar sy ‘n liedjie Sacrifice van die sangeres Anouk sing (nie in die finaal nie), kyk hier – heel oulik!


Responses

  1. Definitief uitstekende navorsing hier… klink my daar is maar min wat mense werklik kan wegsteek; en ‘n leidraad kom altyd iewers vandaan…? Dankie en groete.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: