Posted by: mykopop | Woensdag 13 Mei 2009

Rod McKuen in Johannesburg

My kop spin nog so bietjie van die opwinding van gisteraand se gedigtevoorlesing, toe hoor ek namiddag op pad werk toe die advertensie: Rod McKuen tree op 15, 16 en 17 Mei op in die Nelson Mandela Civic Teater. Ek het onmiddelik werk daarvan gemaak en ons het twee kaartjies! Ek glo nie jy gaan meer kaartjies kry vir enige van die optredes nie. Probeer die swart mark. (Informele mark?)

DSCF5758

Ek het ‘n jaar of twee gelede hierdie plaat van hom raakgeloop (tweedehands natuurlik!), wat uitgegee is by ‘n vorige besoek van hom aan Suid-Afrika. Die etiket op die plaat sê 1975. Dit is omtrent ook hoe lank ek al ‘n bewonderaar van hom is. Ja, ek is so oud!

Die naam van die konsert is An intimate evening with Rod McKuen en jy kan meer daaroor lees hier. ‘n Paar feite wat daar genoem word.

  • Rod het meer as 1500 liedjies geskryf, o.a. Jean, Love’s been good to me. Een van my gunstelinge is Doesn’t anybody know my name, wat oor ‘n blinde eks-soldaat gaan.
  • Hy het meer as 200 albums gemaak waarvan 63 goud of platinum gegaan het.
  • Hy het drie dosyn digbundels uitgegee wat in 11 tale (seker nie ons s’n nie!) vertaal is en 65 miljoen kopieë verkoop het, wat hom die mees gelese digter in sy leeftyd maak.
  • Sy 17-jaar lange vriendskap met Jacques Brel het liedjies voorgebring soos If you go away, en Seasons in the sun.

Nog inligting oor die konsert by http://www.showbusiness.co.za/on%20stage/pages/Rod_McKuen.html

Wikipedia gee nie sy geboortedatum aan nie, maar hy is nie vandag se kind nie, daarom het ek geen kanse gevat nie, hierdie kan dalk sy laaste besoek aan Suid-Afrika wees.

Hier’s ‘n paar woorde van Rod waarvan ek hou:

I’l catch the sun

and never give it back again

and in a world

where no one understands

I’ll take my outstretched hand

and offer it to anyone…


Responses

  1. Ek het nooit van hom gehoor voor jy my vertel het nie!
    Baie thanks eks nou so ‘n fan MY KOP!
    Jy is amazing om al die ou goed so op te diep!
    Hm!
    Geniet dit baie en skryf gerus weer daaroor.
    Groetentjies
    Bokki

  2. Baie interessant. Nou kan mens ‘n gesig koppel aan van die mooiste liedjies wat ons almal so goed ken. Dankie My Kop.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: