Posted by: mykopop | Dinsdag 12 Mei 2009

Noudat Pryse Gedeel Word

Soos almal seker teen die tyd weet: Die Eugène Marais-prys word hierdie jaar gedeel deur Ronelda S. Kamfer en Loftus Marais vir hulle onderskeie debuutbundels, Noudat slapende honde en Staan in die algemeen nader aan vensters. My titel sommer grappenderwys n.a.v. Idols waar die prys ook op die ou end gedeel is! Ek was gelukkig dat ek onlangs my e-pos-adres vir Boekehuis in Aucklandpark gegee het en ‘n uitnodiging na die voorlesing gekry het. Ek het dit na die tyd vir Loftus gesê en dat ek gehoop het daar sou vraetyd wees waartydens ek vir hom wou vra hoe voel hy daaroor om die prys met Ronelda te deel terwyl haar bundel net die helfte van die aantal gedigte in syne bevat. “Poetry is poetry”, was sy laggende antwoord!

DSCF5748Ronelda lees een van haar gedigte voor. Ek het al geruime tyd haar bundel, ek het dit al deeglik oor en oor gelees en verslag gedoen hier. Goeie nuus wat ek daar gehoor het, is dat sy ‘n beurs gekry het en nou Afrikaans-Nederlands studeur.

Toe ek oor haar bundel geskryf het, het ek ‘n opname gemaak waaroor die meeste van haar gedigte gaan en die kategorie met die hoogste telling was apartheid. Ek het ook die hoop uitgespreek ons haar in die toekoms ook oor ander dinge kan hoor skryf. Sy het een van haar nuwe gedigte (na die bundel) voorgelees wat gaan oor haarself en ‘n ou wat elke dag saam taxi ry, hoe hy elke dag vir haar sê hy wens hy was dood. Daarmee het sy reeds aan my versoek voldoen, dit gaan oor die rou pyn van menswees.

Ek het na die tyd vir haar gevra waaroor haar volgende bundel gaan, sy het maar net gelag.

DSCF5752

Loftus Marais se bundel het ek nog nie gelees nie, nie by ‘n gebrek aan belangstelling nie – net ‘n gebrek aan tyd. Ek kan darem sê ek het dit net betyds aangeskaf om ook sy handtekening daarin te kry.

In teenstelling met Ronelda wat amper net op haar ingebore talent staatgemaak het vir haar eerste bundel, is hy ‘n belese en geleerde letterkundige en joernalis. Nie dat talent hom enigsinds ontbreek nie!

Op die foto lees hy voor uit sy bundel.

Ek was regtig beïndruk met sy dramatiese voorlesings, ook weer nie dat ek wil sê Ronelda lees nie ook goed voor nie

DSCF5749Corina van der Spoel van Boekehuis het die twee digters aan die woord gestel en verder begelei.

Sy het werklik die aand op ‘n besonderse manier beplan sodat ons die maksimum uit hulle teenwoordigheid in die beskikbare tyd gekry het.

Sy het die aand in verskillende “rondes” verdeel waarvan ek nou nie almal kan onthou nie. ‘n Paar daarvan was: die voorblad van hulle bundels, die titel van die bundel, die titelgedig, iets oor ‘n pa, geleentheid om gedigte van hulle eie gunstelingdigters voor te lees ens.

DSCF5755

Van die gaste geniet dit terwyl Corina self iets voorlees.

Oor die voorblad van Ronelda het Corina verwys na die swart honde daarop wat gewoonlik depressie voorstel en wou by Rondelda weet of daar ook iets van depressie in die bundel opgesluit is. “Nee”, het Ronelda geantwoord, “ek en my uitgewer het maar net daarvan gehou”, waarop Corina uitgeroep het: “So much vir ‘n dieper betekenis!” Ek kan nou nie onthou dat daar oor Loftus se voorblad gepraat is nie.

Oor die titel van haar bundel het Ronelda gesê dit is maar net ‘n lekker samevatende titel van waaroor die gedig gaan. By Loftus is dit weer ‘n ander storie, dit kom van die woorde uit die gedig Monday van een van sy gunsteling digters, Billy Collins. (The birds are in their trees, the toast is in the toaster, and the poets are at their windows.)

DSCF5753

Onder die gaste, in die deur, meen ek ek het Andries Bezuidenhout raakgesien

DSCF5756

Dit was ook vir my verblydend om mintens een jongetjie tussen die gaste te sien.

Voor die tyd was daar wyn en snoeperye en na die voorlesing weer wyn met sop en broodrolletjies.

Weereens dankie aan Corina van der Spoel vir ‘n wonderlike aand. Knap gedaan!


Responses

  1. Klink na een heerlijke gezellig avondje. Wens ek kon ook daar gewees het.
    Geniet jou dag by Sentech Krisjan.
    Groetjes
    Annora

  2. Die boekehuis lyk na ‘n lekker plekkie.

  3. O ja, ek het niks teen gedeelde prys nie. Solank die wonderlike digters erkenning kry. Dak vader vir al die kompetisies. Waar sou ons literere wereld nie gewees het sonder al die geleenhede waarvoor skrywers en digters en musos kan enter nie.
    Ja wat.

  4. ek meen dank dankie tog vir al hierdie dinge ek sukkel met my keys vanoggend bibki koud

  5. Hoogs kreatiewe mense is darem maar net interessant en gevoel… emosioneel … is wonderlik vir my… ek was so lank emosioneel verwaardeloos.. ek meen ekself het my … innerlike lewe verwarloos.. hm
    nou skryf ek oor als.. en voel zeer goed.

  6. My lesbiese liefdesnovelle vol poësie kan by my bestel word teen R100. annoraster@gmail.com

    Ek stap die padjie saam met publiself. Dis groot pret en baie liefdevil en vervullend vir my. Ek het nie veel tyd met my vier kinders op skool om nou ander roetes en kanale te probeer nie en ek het ook so ewige vrees vir verwerping. So ek adverteer maar op die internet.

    Ag wat. Geluk aan Ronelda en Loftus. Bleddie knap gedaan en alle heil en seenwense vorentoe. May blessings rain upon you.

    Ek moet afgaan.
    Liefde
    Annora Eksteen.

  7. Lyk of dit ‘n heerlike aand was! Dankie, ek het dit geniet en ja, ek is ook al keelvol vir Apartheid-dinge..dis al soooooooooooooooo afgesaag! Asof mense niks anders het om oor te skryf nie en dit gebruik om geld te maak. Ek sal nie graag ‘n bundel wil koop wat meestal daardie tema as ondertoon het nie, te depressief/afgesaag na my smaak. Soos ek ook nou die dag iewers op die web gelees het..(oorseese skrywers) dat mense altyd oor daardie onderwerp geskryf het – en geld gemaak het – en nou bestaan dit nie meer nie, so hulle finansies kwyn so bietjie daarmee saam. Dankie weereens!

  8. Die bundel van ronelda kamfer gaan nie oor apartheid nie. Mense wat dit as tema in die bundel sien kan nie lees nie, ek het gaan check en sien dat sy 1981 gebore is. I rest my case. Ek dink sy en Loftus verdien die prys, om die digkuns met idols te vergelyk is belaglik

  9. Hallo Alliyah, welkom om hier saam te gesels!

    Ek wil nie graag in lang argumente betrokke raak nie. Eerstens wil ek met jou saamstem, ek sien ook nie apartheid as hooftema nie, eerder die hartseer van die lewe op die Kaapse vlakte en ook hoe dit deur dwelms vererger word. Al wat ek gesê het in my oorspronklike inskrywing oor haar bundel (en ek hoop hy het die skakel gesien hier bo iewers en daarop gekliek), dat ek baie moeite gedoen het, ‘n spreadsheet opgestel het en eerlik die gedigte in kategorieë (of temas as jy wil) probeer indeel het. Ek het ook die stelling gemaak dat enigiemand anders by ander tellings sou uitgekom het of dalk ander kategorieë wou gehad het. Daarom wil ek jou graag uitdaag. Lees die bundel weer, besluit vir elke gedig wat is vir jou die hooftema, stop dit alles in ‘n spreadsheet laat ons jou opinie dan sien. Ongelukkig het ek ‘n kategorie “Apartheid, raskwessies” gehad waarin volgens my 8 uit die 34 gedigte geval het. Ek het miskien ‘n fout gemaak hierbo om “apartheid” alleen te noem.

    Ek weet nie of jy probeer insinueer dat apartheid na 1981 (Ronelda se kinderjare)nie meer bestaan het nie, ek dink dit sou naïef wees. Ook speel die stories van gedigte soos Die baas van die plaas en Die storie van Klonkies dalk nie noodwendig in haar leeftyd af nie, mens skryf nie altyd net oor persoonlike ondervinding nie, maar ook oor dinge wat jy deur lees en oorlewering opgetel het.

    Verder moet ek ook sê dat ek ook al heelwat weer gegroei sedert ek met Ronelda se bundel kennis gemaak het en veral haar persoonlik ontmoet het. Ek hou baie van haar en bewonder haar vir wat sy doen, uit die omstandighede waaruit sy kom.

    Op die laaste punt waaroor jy my aanvat – ja, dit is seker maar belaglik, dis seker hoekom Ronelda, Loftus en al die ander omstanders so lekker oor my grappie gelag het!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: