Posted by: mykopop | Saterdag 25 April 2009

Die Eersteling van Elektroniese Musiek

As jy vir my sê: “Elektroniese Musiek”, dink ek onwillekeuring aan Suid-Afrika se eie Dan Hill en sy Sounds Electronic langspelers wat ek in die 1970’s geken het, saam met die Springbok Hits albums. Noudat ek so daaraan dink kan ek nie eintlik ‘n spesifieke treffer van hom noem nie. Maar ek onthou darem hoe dit geklink het en dat dit gewild by die skoolsokkies was.

Maar daar kom ek toe nou die dag toevallig af op die “oupagrootjie” van elektroniese musiek, die Gesang der Jünglinge van Karlheinz Stockhausen. Dis eintlik ‘n klassieke komposisie, gebaseer op die bybelboek Daniël. Ek dink die meeste mense sal dit nou nie beskou as ‘n baie lekker stuk musiek om na te luister nie, miskien nie eens as musiek nie. Ek het dit tog interessant gevind om dit te luister. Wat ek wel van hou is dat hy die menslike stem met die elektroniese musiek integreer. Die Gesang der Jünglinge se premiere was in 1956 in Keulen. Ek het iewers gelees dat dit opgeneem is vir 5 luidsprekers, waarvan een veronderstel was om bo die gehoor te hang. Dit was die moontlik nie en die luidspreker is toe voor in die middel op die verhoog geplaas. Dit was dus ook seker een van die eerste geleendhede waar “surround sound” (rondomklank) gebruik. is. Stockhausen is in 2007 oorlede.

stockhausen

Karlheinz Stockhausen, ek skat op middelarige leeftyd.

Junglinge-score

‘n Gedeelde van die “bladmusiek” van die Gesang der Jünglinge. Jy kan dit beluister by YouTube.

Nog iemand wat ek onthou bedrywig was met elektroniese musiek was Jean Miche Jarre met sy laser harp. Ek het nou onlangs gehoor sy pa, Maurice Jarre, wat ook baie bekend was vir die komponeer van klankbaanmusiek, is oorlede.

Deesdae dink ek elektroniese musiek het heelwat uitgesterf, alhoewel elektronika en rekenaars seker meer as ooit gebruik word om die instrumente na te maak, maar nie meer om soos elektroniese musiek te klink nie.

Om terug te keer na ons eie Dan Hill – nie te verwar met die Kanadese sanger Dan Hill wat getref het met Sometimes When We Touch nie – kan iemand my sê of die ou grote ooit regtig bestaan het, of was dit maar net ‘n bemarkingsidee? Ek kan op die internet geen foto of biografie van ons eie Dan Hill kry nie, net die omslae van sy Sounds Elektronic en ander plate, waarvan daar lyk my van elkeen ‘n gesensorde en ongesensorde een bestaan. Jy kan hulle hier besigtig.


Responses

  1. nee hemel jy vlieg te hoog vanand

    ek hou baie van Schoenberg se The Survivor Of Warsaw… ek dink nie dis elektroniese musiek nie maar wel atonaal ekspressief dedakofonie

    ?

    so iets

    Dan Hill?

    Shoe, dit klink soos iemand wat saam met my in ‘n band gespeel het

    Goood nite, ek sit en laat werk vanaand, besige dag, ai ai ai

    Goedgaan Chris

  2. Ek onthou vaagweg die naam Dan Hill..maar ken/onthou niks nie… hier het jy ook oor my kop gepraat🙂

  3. […] Dan Hill oorlede Filed under: Musiek — mykopop @ 18:39 In my inskrywing oor elektroniese musiek, net ‘n bietjie meer as ‘n maand gelede het ek nog gewonder oor ons eie Suid-Afrikaanse […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: