Posted by: mykopop | Maandag 13 April 2009

Kruidjie roer my – Antoinette Pienaar

Ek het ‘n paar keer Antoinette se praatjies (Kruie Kraai Koning) op RSG gehoor, later op die internet of iewers bewus geraak van die boek, maar glad nie ‘n plan gehad om dit te koop nie, ek is mos nie sieklik nie en kruie is een van daardie dinge wat ek miskien eendag mee sal werk, as ek rustig in die platteland woon. Tot ek eendag die boek in ‘n boekwinkel oopgeslaan en bietjie deurgebllaai het, en besef het: dis nie net ‘n kruie-resepteboek nie, dis ook storiejies waarmee sy jou saamvat Karoo toe, veld toe. Ek het dit toe onlangs aangeskaf, teen R184.95 was dit maar bietjie duur, maar ek sien darem mens kan dit op die internet bestel vir so R144.00. En daar is baie foto’s in, wat seker die drukwerk heelwat duurder maak.

kruidjie-voorbladAntoinette Pienaar is op Carnarvon gebore. As kind het sy altyd by die agterdeur uitgeglip, saggies, sodat die sifdeur nie te hard sou toeslaan nie, veld toe. (Klink bekend!) Van toe af al het sy ‘n droom gehad om by iemand alles van die bossies te leer. Sy het in Stellenbosh drama gestudeer en daarna as sangeres deur die land opgetree.

In 2000 het die avontuurlus haar na Mali geneem, waar sy serebrale malaria opgedoen het. Nadat dit geblyk het dat haar genesing nie van die mediese kant sou kom nie, het sy as leerling van Oom Johannes Willemse op Theefontein tuisgekom.

Oom Johannes Willemse is op die plaas Breekkierie in die Kenhard-distrik (my wêreld!) gebore. Hy is al in die negentig.

Antoinette verduidelik in die boek dat dit gewoonlik nie net mens se liggaam is wat siek is nie, saam met jou liggaam het jou gees ook seergekry, en die moet ook genees word. Sy verenig ook die wyshede wat sy by Oom Johannes leer met die van ander kulture, bv. die Indiese Sewe Chakras.

Dit word aangevul met oorlewerings wat sy by Oom Johannes gekry het, bv. die waterslang en watermeisies. Die storietjies oor hoe hulle kruie in die veld soek en uitgrawe is vir my die lekkerste.

Indeks van kruie

Agter in die boek is ‘n indeks van 7 bladsye van al die soorte kruie en ander middels en waarvoor dit gebruik word. Die lys is ook beskikbaar (minus die foto’s) op Antoinette se webwerf Kruie Kraai Koning. (Kliek op Kruielys aan die linkerkant.) ‘n Interessante een is Kokkoromoniet, die Griekwawoord vir kruidjie-roer-my-niet, die blare word as ‘n pap gekook en gebruik vir verstuite gewrigte en tenniselmboog.

Antoinette PienaarJohannes Willemse

Antoinette Pienaar en Oom Johannes Willemse.

Ek het nou gesien Antoinette kan lekker vertel, ek is spyt ek het haar nooit as sangeres gehoor nie. Ek hoop sy sal nou nie net by die kruiebesigheid vassteek nie, maar haar kreatiwiteit ook nog vir ander skryfwerk gebruik. En mag Oom Johannes nog ‘n hele paar jaar gegun word om nog meer van sy kennis aan haar oor te dra om opgeteken te word!


Responses

  1. oulik

    ja baie oulik

    mar die kruie ruik die heeerlikste

    dit ruik net so lekker as jy dit vars pluk

    ek meen ek reken ek het haar dalk hoor sing in ‘n droom oom

    ek het ook boeke by boekeloer gekoop nogal ‘n hele hopie dit was oukei om so baie boeke toe oop te sien en so baie mense wat die boeke koop en so aan en so mense dink dalk my boek is duur maar ek dink nie so nie dis wat my boek kos maar miskien is dit bietjie te duur ek dink ek gaan die prys afbring na R100 miskien so ja R100 vir als is seer oukei ek reken en so R40 vir ‘n mooi kussingkie dit moet ;n belewenis wees om elke dag in ‘n kruietuin te kan vroetel heerlik heerlik, jy koop nogal baie boeke shoe, ek ook eintlik, en cd’s en ek woon ok ontsettend baie knste vertonings of dan eerder musiekteaters by, dit aak y nogal bankrot sodat e nie ake up kan bekostig nie, maar wat

  2. Hallo daar

    Ek kom net gou `n uitnodiging rig. Ek het op die net ’n lys van Afrikaanse boeke raakgeloop wat ’n ander blogger deurwerk. Die lys het van die beste boeke in Afrikaans sowel as ’n goeie kombinasie van ligte en literêre werke. Nou nooi ek diegene wat wil om saam aan dié leesavontuur deel te neem. Maak gerus ’n draai en kom loer! http://corlivandermerwe.wordpress.com/my-groot-afrikaanse-leesavontuur/

    Groete van huis tot huis

  3. Ek is ‘n vreeslik ‘fen’ van Antoinette – het haar al in konsert gesien, na die boekpraatjies gaan luister, en die boek gekoop.

    Vreeslik lekker daaraan gelees, en gewens ek kan op Theefontein nesskop. So weg van die wereld en sy dinge.

    Noudie dag hoor ek egter van ‘n vreeslike verontwaardige tannie wat geskakel het vir kruie vir ‘n kwaal. ‘Ja, teen R600 kan ons kruie aanstuur’ was die antwoord! Ek hoor sy is toe maar eerder dokter toe.

    Lekker blog. Steeds!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: