Toe ek in my skooldae op koshuis was, het daar op ‘n dag ‘n hond daar aangeloop gekom, so ‘n groot lange, hy het beslis onder andere worshondbloed gehad. Sy asem het verskriklik gestink en ons het sommer gou sy tande bietjie vir hom geborsel met Aquafresh tandepasta. Toe kry hy sommer die naam Aqua.
Waaroor die inskrywing eintlik gaan: my pogings om ons getroue 74 cm TV weer tot lewe te probeer bring. Eers was die beeld te wyd vir die skerm, ek probeer toe iets wat katastrofiese gevolge gehad het en later was daar geen beeld nie. In die proses het ek ek talle dokumente op die internet gelees, en ek lees toe die volgende raak in ‘n toepassingsnota: AC information from the aqua-dag of the picture tube is added to the DC information at the bottom of the EHT winding.
Natuurlik dadelik ‘n Google-soektog gedoen. Wikipedia skryf dit sonder die koppelteken en sê: Aquadag is a trade name for a graphite based coating commonly found in cathode ray tubes. It is manufactured by Acheson Industries, a subsidiary of ICI. Moet nogal ‘n betalende besigheid wees om te hê, nê?
Ek het besluit hier staan nog ‘n hele klomp goed in die huis wat moet reggemaak word, en soos ek daarby uitkom gaan ek my wedervaringe opteken – daarvoor het ek ‘n nuwe blog begin: My Electronic Repairs (http://myrepairs.blogspot.com).
Na omtrent meer as 20 dae speel die TV darem weer en is terug op sy pos!
Net om darem die hond ook in die prentjie te plaas, het ek ‘n His Master’s Voice prentjie gesoek, en gekry – waar anders, op ‘n blog! Poetess With Humour het ‘n gediggie oor His Master’s Voice geskryf.
Nou jy sien, dis wat ek nie kan doen nie. My breingolwe raak heeltemal deurmekaar met al daardie drade en skroewe, en ek hardloop baie vinnig vir my Teddie as iets sommer net “doodgaan”! Ek het soveel respek vir manne wat goed wat stukkend is weer kan reg toor!! 😉
Geseënde paasfees vir jou en jou geliefdes 🙂
By: Wipneus! on Saterdag 11 April 2009
at 8:38