Posted by: mykopop | Maandag 9 Maart 2009

Twee kunsuitstallings

Van albei die geleenthede moes ek eintlik al voor die tyd vertel het, as hier dalk iemand in die omgewing is wat dit ook wou bywoon, maar jammer, dit gaan bietjie dol hier!

Die eerste een was die opening van Susan Greyling se uitstalling by Alice Art op 25 Februarie.

DSCF5550

Susan Greyling met van haar werk in die agtergrond. Sy skilder veral vroue.

DSCF5552

V.l.r. Oom Nic Oosthuizen, Susan se pa, die seremoniemeester wie se naam ek nie ken nie, en Susan. Oom Nic was ‘n onderwyser en sover ek verstaan Susan se leermeester wat die skilderkuns aanbetref.

DSCF5556

Die geleentheid is bietjie opgeluister deur Catherine Jones. Regs van haar is haar man, wat tydens die geleentheid vir ‘n maand in Suid-Afrika was uit Irak.

DSCF5565

Catherine Jones in aksie. Sy het ook bekend gemaak dat sy die in die huidige Noot-vir-Noot reeks gaan optree, as ek reg onthou sal dit op 20 Maart gewys word – hou maar dop!

DSCF5566

Hierdie foto is sonder flits geneem, dus is dit nie so skerp nie, maar miskien ‘n meer intieme foto van pa en dogter saam.

Ongelukkig het geen van Oom Nic se skilderye iewer in die agtergrond verskyn nie. Hy skilder landelike toneeltjies bv. van donkiekarre, kinders in bv. ‘n hoederhok ens. Daar was veral een van sy skilderye wat vir my besonder treffend was – twee mense wat besig is om hoefysters warm te maak by ‘n vuur en ‘n perd te beslaan. Ek het ook ‘n baie interessante gesprek met Oom Nic gehad, hy het met perde grootgeword en self perde beslaan. Ongelukkig was daardie skildery ‘n bietjie groot en die prys dus so effens buite my bereik!

Die ander geleentheid sou eintlik vanaand plaasvind. Ek het in laasweek die berig in Beeld gesien – Talle grotes op eerste veiling – dit was die eerste veiling van ‘n nuwe firma, Strauss & Co waarvan die bekende Stephan Welz ‘n direkteur is. (Hy was ‘n hele klompie jare gelede te sien in ‘n TV-program waarin hy oudhede waardeer het.)

Die skilderye wat op die veiling te koop sou wees, was van Vrydag tot Sondag op uitstalling by die Johannesburg Country Club. Ons het daar ‘n draai gemaak om dit te bewonder en die katalogus te koop.

DSCF5600

Die katalogus van Strauss & Co. se eerste veiling, wat beskikbaar was teen R100.00

Ek het vandag gesien die katalogus is beskikbaar as pdf’s op Straus en Co. se webwerf – http://www.straussart.co.za/catalogues/ – as jy gou spring kan jy dalk ‘n kykie kry voor dit verdwyn! Die werke op die veiling is beskryf as “belangrike Suid-Afrikaanse skilderye, waterverwe en beeldhouwerke.” ‘n Paar van die kunstenaars wat ek kan onthou is Pierneef, Maggie Laubsher, Gregoire Boonzaier en Irma Stern. Noudat die katalogus aanlyn beskikbaar is, is ek nog steeds nie spyt ek het dit gekoop nie, dit gee mens ‘n baie goeie idee wie die belangrikste kunstenaars in Suid-Afrika was. Al is die pryse van die skilderye totaal buite my bereik, sou ek tog steeds graag die veiling wou bywoon, net om te sien hoe die rykes speel, maar ek was regtig nie lus daarvoor op ‘n Maandagaand nie. Miskien ‘n volgende keer!


Responses

  1. šŸ˜†

    mooi!

  2. Ek het gisteraand by Frik van Staden geeet, daar is die mooiste skilderye van jou pa en een van jou ook, dis fantasties, doe so voort!!

  3. Hi
    Ek is van die Kaap,,,het al n paar keer by Macnolia dell gaan uitstal,,,Ek skilder nie,,maar werk met leer,,al my goed is een van n soort,,van dagboek covers,handsakke,beursies,enc,,Waar kan ek gaan uitstal,,,
    Groete Madeleine


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieƫ

%d bloggers like this: