Posted by: mykopop | Woensdag 18 Februarie 2009

Huis, paleis…

Ek het julle al tot ververlens vertel van my projek om ons kombuis te vernuwe, bv. in Huis met ‘n abbahart, oor die ekstra tydelike kombuis wat ek gebou het met die ou kaste, in Deure met Geure, hoe ek gesukkel het om die regte deure uit die verskaffers te kry.

Teen Augustus laas jaar het my werksituasie te moeilik geraak en ons het besluit om kontrakteurs in te kry. Oor hoe hulle besluit om net eenvoudig werk later te doen en teen die kwaliteit (of liewer gebrek daaraan) kan ek julle vir ure verveel. Nietemin, Saterdag, op ons huweliksherdenking en Valentynsdag het ons heeldag gewerk om skoon te maak, tot ‘n halfuur voor ons die aand 7-uur by ‘n restaurant moes wees. Uiteindelik was ons reg om in te trek! Hier is ‘n paar fototjies:

DSCF5527

DSCF5508

DSCF5535

DSCF5513

Ken julle ook die ou rympie? Huis, paleis, pondok, varkhok? Ek het bietjie gesoek daarna op die net, een verklaring wat ek gekry het is deur Estelle de Bruyn, maar van die kikkertjie wat val waarvan sy praat weet ek niks. Al hoe ons dit gebruik het as kinders, was om dit uit te tel op die knope voor aan jou klere, en dit waarop jy te staan kom bly jy in of sal jy eendag in bly. En bewaar jou as dit Varkhok is, want dan is dit ‘n eindelose gespot!

Ek het ‘n oulike gediggie gekry van Marlise Joubert met hierdie woorde in:

verdriet verdriet
hang vinkies vol
aan jan se boom

ek pluk ‘n rooi papawer
steek dit in jou hart se klop

bring ‘n blaar
olyf en fetakaas
maak ‘n griekse slaai

ek bak die broodjie
jy braai die vleisie

huis paleis pondok varkhok

Ek het Gert Vlok Nel se bundeltjie Om Te Lewe Is Onnatuurlik tweedehands raakgeloop vir slegs R1. Ek tel dit toe gisteraand op en lees ‘n langerige gedig, Rita, en jou wrintie, daar duik die rympie weer op!

my tannie het geruk ‘n rou, straatjie op, straatjie af
sonder verband met enigiets
veral nie noodwendig met enigiets nie.
op 19 moes sy trou.

sy’t ver weg gaan bly, soos almal
in i al vaer wordende huis, paleis, pondok, saam met
3 kinders en i treindrywerman met i wrok
en ook het daar (verskriklik) gebly: geloof, hoop, liefde
maar die grootste hiervan was die hoop


Responses

  1. Dit lyk spiekeries. Geluk!

  2. Wow dit lyk pragtig!! Ek hoop jou vrou gaan haar gate uit geniet in die nuwe kombuis!

  3. […] Ons kombuis het klaargekom na omtrent ‘n jaar en ‘n half.  Al is daar nog baie werk aan die huis, geniet ons minstens die kombuis. […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: