Posted by: mykopop | Dinsdag 3 Februarie 2009

BBP-Beskerming, vir wie?

Nadat die BBP-beskermingeenheid ‘n voetganger doodgery het, wonder ek nogal hoe dit werk. Ek lees in ‘n berig in Beeld, 11 Januarie: Eerstens het Mthethwa blykbaar opdrag gegee dat geen BBP-beskerming aan mnr. Mosiuoa Lekota, Cope-leier, gegee word nie. Ek vermoed daar is seker ‘n wet wat sê wie geregtig is op die eenheid se beskerming? Aangesien ek baie dom is met politiek sal ek bly wees as iemand my kan inlig.

Wat my aanbetref, Mnr. Zuma was op pad na ‘n byeenkoms van die ANC, dus voel ek die ANC behoort vir sy beskerming te gesorg het, nie die belastingbetaler nie. Of is die leiers van alle ander partye ook geregtig op die begeleiding van die BBP-eenheid? Mnr. Zuma beklee nie enige pos in die staatsdiens nie, as die beskerming dan beskikbaar is vir leiers van partye behoort dit deur die banks so toegepas te word.

Ek het selfs ‘n draai by die SAPS se webwerf, (http://www.saps.gov.za), ‘n vinnige kykie deur die webwerf en hulle soekfasiliteit het niks opgelewer nie.

Of bied ‘n lekker lang stort nou nie meer genoeg beskerming nie?


Responses

  1. BBP-beskerming kan privaat gelewer word of deur die staat. Die ANC gebruik wel BBP-beskerming van die staat om hulle ampsdraers (soos Zuma) te beskerm. Die rede hoekom Lekota nie kwalifiseer nie, is omdat hy nie meer ‘n Minister of ANC-ampsdraer is nie. Hy sou wel sy private BBP-beskerming kan reel, indien hy sou wou. My ervaring van BBP-beskermers is dat hulle uiters arrogant en onbeskof is.

  2. Chris is reg – dit is ‘n misbruik van staatshulpbronne dat Zuma polisiebeskerming gegee word terwyl hy geen amp beklee nie.

  3. Toe ons in Pietermaritzburg gebly het het ons ten minste een keer ‘n onderonsie met sulke lyfwagte gehad. ‘n Minister was by die Mall aan’t inkopies doen en die TWEE voertuie wat hom/haar begelei het wou ten alle koste langs mekaar en reg voor die ingang parkeer. Dirk wou op die beskikbare parkeerplek parkeer en die een wag het die plek heel aggressief gehou vir die ander een totdat sy vriend van die anderkant van die terrein gery het tot by die oop plek. Dis bo en behalwe die kere wat ‘n hele konvooi voertuie met flitsende ligte mens amper van die pad af ry.

    Die hele gedoente irriteer my grensloos. As mense volgens meriete tot sulke ampte verkies word, sou dit dalk nog sin gemaak het, maar hulle word nie. En ek sou ook heelwat beter gevoel het as die meeste van hulle wel hulle werk gedoen het. Maar helaas… ook nie. Ek dink niemand verdien sulke beskermers nie. Klaar. Huur jou eie lyfwagte uit jou vet vergoeding en hou hulle onder beheer as jy iets werd is.

  4. Ek wonder baie keer of ek ook sou knak as ek soveel geld tot my beskikking gehad het.

  5. Ek gaan nie hier kommentaar lewer oor jou post nie, netnou praat ek onnodig lelik.

    Wat ek egter kom aankondig, is dat jy GETAG is.

    Sorrie Chris, maar ‘n bietjie nostalgie en diep terugdink is dalk net wat mens nodig het om hierdie helleveeg van ‘n snikhete Februarie, te laat verby gaan.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: