Posted by: mykopop | Saterdag 31 Januarie 2009

Die dagboek van Louis Trichardt – Prof. T.H. Le Roux

dagboek van l trichardtIn Maart verlede jaar het ek geskryf oor hoe ek Jeanette Ferreira se roman, Die son kom aan die seekant op geniet het. Daarin het ek die versugting uitgespreek om ook ‘n fotokopie van Trichardt se dagboek onder oë te kan kry. Hoewel dit nog net gebeur het nie, het iets beter gebeur: Jeanette het op 8 Junie kommentaar kom lewer en geskryf: Die dagboek van Louis Trichardt (1966-uitgawe, met notas deur T.H. le Roux) is beskikbaar by Protea Boekhuis. Die 1938-uitgawe met notas deur Gustav Preller is ‘n antikwariese boek en baie duur, as mens dit kan opspoor. Ek vermoed ek sou maar gesukkel het met Trichard se handskrif! Ek het die boek toe in die hande gekry (vir net R100) en dit in Desember gelees. Ek het nou al weer heelwat vergeet, maar wil darem nog ‘n paar dinge daaroor vertel.

Ek wil net weer noem, die naamlys agter in Seekant is ook handig met die lees van die dagboek. Seekant is egter baie fiktief, dit begin bv. toe hulle nog in die kolonie was, terwyl die dagboek begin toe hulle klaar in die Soutpansberg was. Ek is nie seker of daar ‘n ouer dagboek van hom is waarop sy gedeeltelik haar storie grond nie.

‘n Paragrafie uit die inleiding: Wat die taal van die dagboek betref, dis ‘n waardevolle bron vir die kennis van Nederlands wat Afrikaner destyds besit het. Ons sien egter telkens en telkens hoe Afrikaans om die hoek loer. In wese is die taal van L. Trichardt se Dagboek dan ook Afrikaans, hoewel die outeur gemeen het dat hy Nederlands skrywe. Vandaar die groot waarde van die Dagboek vir die geskiedenis van die Afrikaanse Taal.

Hoekom sal mens so ‘n boek wil lees? In die eerste plek lees dit nie baie maklik nie, dit word darem makliker soos jy aangaan. Ek dink nie dis regtig oor my Afrikanerskap nie, meer net ‘n nuuskierigheid oor hoe mense geleef het, veral in die veld, onder moeilike omstandighede en met min hulpmiddels. Die samesteller reken Trichardt se dagboek kan, wat waarde aanbetref, vergelyk word met Pepys’ Diary. (Beskikbaar by Gutenberg.)

Ek hou van die manier waarop prof. Le Roux die boek aangebied het. Dit begin met ‘n voorwoord , bronnelys, lys van afkortings en ‘n inleiding. Daarna volg die volledige teks van die dagboek met geen notas tussenin nie, eers daarna volg omtrent 35 bladsye aantekeninge met die bladsynommer en datum in die kantlyn. Mens kan dus rustig die teks lees sonder dat jou aandag afgetrek word en slegs na die aantekeninge verwys as jy oor iets wonder. Jeanette het ook vir my geskryf dat in Preller se weergawe (1938) hy die kragwoorde in Latyn verander het. Prof. Le Roux maak homself geensins skuldig aan so ‘n gepeuter aan die teks nie. Die enigste byvoegings wat hy maak is waar die ink verdof het, die handskrif onleesbaar is of die kante van die bladsye verweer het, daar raai hy soms ‘n woord of twee en plaas dit ook in hakies.

‘n Lagwekkende stukkie kom voor op bl. 56, minder lagwekkend vir die ou ten koste van wie dit geskied. Op Saterdag 17 Junie skryf Trichard dat ‘n leeu ‘n os van hom gevang het, en dan later: Tegen de avond maakte ik, Carolus en Pieta een stel voor de leew ontrind de plek daar hy de os gevangen had, bij de pens van de os. Ek moes eers bietjie wonder wat beteken “een stel maakte” – dit beteken toe dat hulle ‘n geweer gestel het!

…..
De avond tusschen ligt en donker gaat de schoot van de stel los. Wij
gaat alle daar op af met honden en de volk met haar geweer. Ik was de
voorste bij de stel en keijkte na de lijn; zag ik dat die lijn af was.
Keijkte ik na spoor; zag ik assegaaijen leg(g)en. Ik (raapte) het op; zag
ik dat het Gert Bosman zijn was. Roep ik na hem drie of vier maal;
krijgte geen andwoord. Z(ei) ik of hij meschien en de sloot op mag
weesen; ging ik tien of twaal[f] stappen voor. Kwam ik hem op de lijf;
had hij de kogel dwars door zijn bouten. Ik z(ei) dat hij op souw staan;
z(ei) hij dat zijn been af is; Riep ik twee van mijn volk om hem na huis
te bringen. Toen zij hem de sloot uit had gebrag, leijde zij hem bij zijn
handen; zag men dat de kogel agter zij bouijt beenen door was. Carolus
ging dan weer om te keijken hoe hij de schoot had; z(ei) hij dat zijn
instrumint tusschen zijn beenen af is.
JUNIJ 1837
Sondag den 18de. Maar de morgen z(ei) de volk toen ik na hem
vraag, dat hij de nagt gewaterd had. Ik vraag of hij voor of agter water.
Z(ei) de meijd Mietje van neen : die ding die u zeg dat af is, is gloo niet
af; hij pis voor bij de punt. De koegel moet hem door de kand van zijn
murg been getroffen hebben want ik en Pieta krijg op de plek daar hij
de schoot gekregen heb, een stukkie been van de kop van zijn bouijt
been en hij klaag dat die been zoo seer doet.
Hy praat ook van Gert Bossemans, d.i. Gert Boesman, ‘n boesman wat in diens van een van die trekkers was. Mens wonder wat sou word van so ‘n arme man in ‘n tyd toe daar nog nie heupvervangings was nie. Hy duik darem weer een keer op, so twee maande later (bl. 81) en dit lyk tog of hy dalk weer kon loop: Die morgen toen wij van de onderste kraal na de bovenste trekken
zouw met de wagens -zijnde den 14de Aougus -, is Gert Bosseman
de morgen vroeg vertrokken. Men dag dat hij vooruit gegaan was om
dat hij niet gaan kon van de schoot door zijn bouten voor de stel, maar
wij vond hem op de weg niet en bij de kraa[l] ook niet. Toen maakte
wij die gedagten dat hij hem zoo gehouden heb of hij niet gaan ken.

Daar is nog baie lekker sê-goed, en nou haal ek sommer uit die vuis aan, iets soos: Hebben wij gaan schieten, doch niks geschoten, en ook heel dikwels, “de been afgeschoten/gekwets, doch niet gevinden.”

Oor die politiek en rasseverhoudings moet daar seker ook maar altyd iets te sê wees. Ek dink mens kan werklik uit die dagboek sê dat hy vredeliewend teenoor ander rasse was. Die ongelukkige k-woord wemel die boek van, ek dink nie mens kan Trichardt nou daarvoor verkwalik nie, dit was eenvoudig die spreektaal. Partykeer kan mens miskien sê hy het onregverdig opgetree – as daar van hulle vee gesteel was het hulle dit, of ander in die plek daarvan, gaan terugvat – dit terwyl die arme kaptein ook maar nie die die modernde kommunikasiemiddele gehad het om te weet wat elkeen van sy onderdane doen nie. (As mens maar kyk hoe seker politieke partye vandag nog sukkel om hulle lede te beheer!) Trichardt maak, sover ek kan onthou, net een heel polities-inkorrekte stelling op bl. 80:

Maandag den 14de. De nagt had wij harde rijp. Rossetoe kwam vróeg
aan mijn zeggen “at hij mee gaat na boven. zoo als ik hem verstond.
Ik z(ei) ja, maar kon denken dat hij weer bedelen wouw, zoo als alle
Kaffers of Swarte Natie gemeenlijk doet.

Daar is in die onlangse jare heelwat bespiegel oor wat ‘n Afrikaner nou eintlik is. Interessant is dat Trichardt al die woord Affrikaander gebruik het (bl. 83):

Maandag den 21ste. ….. De middag was
Jan bij mijn; sprak wij met die twe volk van de goevemeur van de vort.
Z(ei) [z]ij dat zes dagen anderkant Dunkaan Engelse woon. Toen wij
hen die volk deet uit duiden en of zij vee heb. bemerk wij dat het Affri-
kaanders moet weesen en maak ons gedagten op MooIman: wand [z]ij
z(ei) dat zij veel vee en paarden heb. en de drag omtrind zoo als wij;
ook vrouwen en kinderen…
Dit lyk nie asof daar veel twyfel oor die oorspronklike betekenis van die woord is nie!.

Iets wat ek ook baie interessant gevind het is die smidswerk wat hulle so mee gesukkel het. Hulle moes bv. wabande kort. Dit word gedoen deur die band te las deur die met vuur en ‘n hamer aanmekaar te smee. Die hele band word dan in ‘n vuur warm gemaak, met tange oor die houtwiel gesit en dan natgegooi sodat dit krimp. Dit het dikwels met hulle gebeur dat die band dan in stukke breek, seker omdat dit te kort gemaak was. Ek onthou ook een geval waar hulle twee stukke yster aanmekaar probeer las het om ‘n laaistok te maak, maar elke keer het dit weer gebreek. Hulle het toe later ‘n ysterkierie by ‘n swarte gekry, dit gerek om dit dunner te maak, maar dit het ook te dun geraak op ‘n plek en gebreek.

Ek dink op twee plekke skryf hy van maanverduisterings, een het ek verloor en sal dit weer moet soek, die ander een op bl 112/113: Tuschen de 14de en 15de October (1837) had wij de nagt omtrind 11 of tuschen 11 en 12 uur sware eclip van de maan; de man was geheel swart. Ek wil nog graag ‘n rekenaarprogram in die hande probeer kry waarmee mens kan vastel of daar op ‘n sekere plek, op ‘n sekere datum in die verlede, ‘n verduistering was. Ek glo hom oor die verduistering, ek wil net graag sien of sy kalender reg was!

Laas Saterdag, die 24ste Januarie, was daar ‘n onderhoud met iemand van die Voortrekkermonument oor die Louis Trichardt-gedenktuin in Maputo – ek dink dit was die Hoof Uitvoerende Bestuurder, Genl-maj Gert Opperman. Hy het ‘n uitnodiging gerig dat mense hom kan kontak vir inligting, of as jy ‘n bydrae wil maak. Gaan kyk by http://www.voortrekkermon.org.za/kontak.html – kry die e-pos addres daar en vervang net ‘bemarking’ met ‘hub’. Ek self sal graag eendag die terrein wil besoek, maar dit sal nie sommer gebeur nie. Intussen sal dit darem gaaf wees as iemand wat dalk daar kom vir ons iewers foto’s daarvan kan plaas.


Responses

  1. Dit is rerig amazing! Baie interessant en dankie vir die deel!

  2. genugti dis nou te veel vir my op ‘n sondag namidag , sal maar copy en paste en laer gaan bestudeer meneer

    groete aan uwe vrouwtje en kinderedn
    veel groetes😆

    bokka

  3. Ek stel ook belang in die manier van leef. Die mense van Trichard se trek het erg gely en gesterf aan malaria.

    ‘n Maansverduistering kom baie voor, sommer ‘n paar ‘n jaar regoor die wereld. Daar is ‘n kalender wat strek van -1999 vc tot 3000 nc met elke liewe maansverduistering – waar en wanneer.
    Van 1801-1900 was daar 252 maansverduisterings gewees, nou sukkel ek om die tabel oop te kry, die bls is nie beskikbaar nie. Maar ek kom terug na jou toe.

  4. Okay ek het dit!Op 13 Oktober 1837 was daar ‘n totale maansverduistering en daar was ‘n totale verduistering op 20 April dieselfde jaar ook, sigbaar van SA af.
    Vreemd dat hy se die maan het swart geword? gewoonlik word die maan dieprooi, rooi-orange, purper.

  5. Het hierdie inskrywing baie interessant gevind. Dankie.

  6. Hi,
    I have a 1938 edition of ‘Dagboek van Louis Trichardt (1836-1838)’ by Dr Gustav S Preller.
    Would love to have more info regarding this.
    Groete

  7. Ek is `n nageslag van Louis Trichardt. Trouens ek het die selfde naam as sy tweede oudste seun Pieta (Petrus Frederik) My ma was `n nooi Trichardt en sy is `n agter kleinkind van die voortrekker. Daarom vind ek die artikel baie interessant. Ek sou graag meer wil weet oor my grootvader Pieta, maar dit lyk my hy het maar `n laer profiel gehandhaaf. Sy naam word maar net telkens genoem. Die oudste van die broers Karolus was meer prominent.
    P. F. de Beer

  8. Hi Chris
    Jy maak my nou nuuskierig – het nog nie Seekant of die dagboek gelees nie, maar sal dit tog nadersleep… Het jy al die dagboek in die hande gekry? Ek verkoop ook boeke en soek ook boeke vir mense. Sê maar as ek ‘n boek vir jou moet soek.

  9. Dankie Chrisna, wat hierdie boek aanbetref dink ek ek sal volstaan, ‘n fotokopie van Trichardt se geskrif sou ek nie kon lees nie, maar ek sal jou kontak oor ander boeke wat ek soek.

  10. My husband and i felt quite peaceful John managed to round up

    his studies with the ideas he got through your web

    pages. It is now and again perplexing to simply happen to be making
    a gift of helpful tips which often some people might have been trying to sell.
    And

    now we know we now have the website owner to thank for this.
    Most

    of the explanations

    you made, the straightforward website

    navigation, the friendships you will assist to instill
    – it’s many astounding, and it’s really facilitating our
    son in addition to us imagine

    that the

    matter is thrilling, and that is

    especially mandatory. Many thanks for all the pieces!

  11. great issues altogether, you simply gained a new reader.
    What may you recommend about your

    submit that you simply made a few days ago? Any sure?

  12. Hello, i think that i saw you visited my site thus
    i came to “return the favor”.I

    am trying to find things to enhance my site!I suppose its ok to use a few of your ideas!
    !

  13. Someone essentially help to make seriously articles I would state.
    This is the first time I frequented your website page and thus
    far? I amazed with the research you made to

    create this particular publish amazing. Great

    job!

  14. Someone essentially lend a hand to make seriously articles I’d state. That is the first time I frequented your web page and up to now? I surprised with the research you made to create this actual publish amazing. Great task!

  15. Thanks for finally writing about >Die dagboek
    van Louis Trichardt – Prof. T.H. Le Roux | My Kop Op ‘n Blok! <Liked it!

  16. With havin so much written content do you ever run
    into any issues of plagorism

    or copyright violation? My site has a lot of completely unique
    content

    I’ve either authored myself or outsourced but it seems a lot of it is popping it up

    all over the internet without my authorization. Do you know any solutions to help stop content from being ripped off? I’d
    really appreciate it.

  17. After study just a few of the weblog posts in your

    web site now, and I actually like your means of blogging.
    I

    bookmarked it to my bookmark website list and will

    probably be checking back soon. Pls try my web site
    as nicely and let me know what you think.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: