Posted by: mykopop | Woensdag 26 November 2008

Sintuiglike Dank

My oë knip dankie
vir ‘n blou koepeldak oor my kop,
kindergesiggies by ‘n Kersboom
en veelkleurige orgideë en lelies

My ore suis dankie
vir arias, songs en simfonieë,
kinderstemmetjies wat saam sing: Stille Nag
en die getjirp van mossies in die môre

My tong klap dankie
vir goue heuning in ‘n gaatjieswaskoek,
donkerrooi wyn wat uit ‘n groot glas om my tong lê
en helaas, swart koffie met suiker

My neusvleuels kriewel dankie
vir jasmynblom, swaar in die lug,
iemand se parfuum wat draal in ‘n vertrek
en my buurman se braaivleis

My vingerpunte streel dankie
vir die donsies van dagoud kuikentjies
die donker hout van ‘n ou meubelstuk
en die penveerknobbels van volstruisleer

© 2008 Chris van der Westhuizen

kinders-kersfees


Responses

  1. Dis ‘n baie mooi gedig! Jy self geskryf?

  2. Ditto! Baie mooi!

  3. Dankie julle. Myne ja, Thea. Die vonkie was die mooi blomme voor die kansel, een Sondag ‘n paar weke gelede – moet my nou net nie vra wat die Dominee gepreek het nie!

  4. Dis baie mooi! Ek weet van watter Sondag jy praat.

  5. mooi so! en ek neem aan die kindertjies was van die Sondagskool wat die geboorte van Jesus opgevoer het! en toe sit jy – terwyl hulle besig is – en skryf die gedig..🙂

  6. Mykop, ek het hierdie gedig van jou al ‘n paar keer kom lees, maar het vanoggend besluit om nie te gaan voor ek kommentaar gelewer het nie (my woorde het iewers langs die pad opgedroog).

    Jou gedig is regtig baie mooi. Ek dink jy was so gevul met die Heilige Gees dat jou dankbaarheid oorgeloop het in hierdie gedig.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: