Posted by: mykopop | Saterdag 15 November 2008

Oulap se blou – Chris Barnard

oulapseblou-4.jpg

In Januarie het ek Laurika se nuutste CD ‘n Lekker Verlang Liedjie leer ken, in die besonder die liedjie Sê Groete vir Triëst. Die liedjie, geskryf deur Chris Barnard en Chris Torr, het een van my grootste gunstelinge geword.  In beskrywing van die boek op die agterblad, en ook op die uitgewer, Random House – Umuzi, se webwerf word gesê:Die stories in Oulap se blou is reise: na plekke, na tye her, na mense, na binne. En soos reise altyd maak, beweeg hulle jou, want jou siel is die eintlike reisiger. En soos met alle reise kleef daar ’n blouïgheid aan die opwinding. Ek dink Leserskring het dit ook in hulle katalogus aangehaal en onmiddelik wou ek die boek hê, want ek is ‘n regte sucker vir reisverhale.

My eerste kennismaking met die skrywer was miskien toe ons op hoërskool sy bundel sketse Chriskras as voorgeskrewe werk gekry het.  Of bietjie vrooër, want dit het sover ek weet eers as ‘n rubriek in Huisgenoot verskyn, waar ek dit dan toe al sou gelees het, want ons het darem gereeld die Huisgenoot gekry, en daar was nie veel ander vermaak nie, dus het ek omtrent alles in die Huisgenoot gelees.  Chriskras nos nog een boek wat ek graag by my versameling sou wou voeg.  Ek kan nie meer al die stukkies daarin onthou nie, ek weet daar was een waarin hy skryf hoe mens pyp rook, met een pyp vir elke dag van die week, terwyl die ander in ‘n rakkie hang met pypskoonmakers in hul skagte.  In ‘n ander een vertel hy weer van die vreugdes van houtwerk, van die genot om te voel hoe die krulle skaafsels oor jou hand rol terwyl jy ‘n stuk hout met ‘n handskaaf bewerk. Ek dink hy het ‘n stoel gemaak.

Barnard se vermoë om sulke kort verhaaltjies of sketse te skryf het beslis nie getaan deur die jare nie. Die meeste van die stukkies is omtrent net so een en ‘n half bladsy lank.  Die vermoë om skerp waar te neem en klein dingetjies te beskryf om die omgewing waar die storie afspeel te skets sodat jy daar is, is nog net so skerp as in Chriskras.

Van die verhaaltjies handel oor kinderdae- of jeugherinneringe.  Soos die amptelike beskrywing sê, altyd ‘n blouïgheid wat iewers aan die storie kleef, een of ander verlies van iets of iemand.

Aan die reise waarna ek op soek was is daar geen tekort nie.  Daar is een stukkie met die titel Reise, waarin heelwat Suid-Afrikaanse plekname genoem word, waarin hy dit het oor pleknaamveranderings.  Ek haal aan: Jy kan ‘n geskiedenis herskryf, maar jy kan dit nie verander nie.  Jy kan ou plekke nuwe name gee, maar nie die rede uitwis hoekom dit oorspronklik so genoem is nie. Dan is daar stukkies soos Au clair de la lune waarin hy vertel hoe hy en vriende in hulle jeug op reis in Europa, en wat hulle alles ontbeer het om Mimi as die Koninging van die Nag in die Weense Staatsopera te sien.  Dan is daar nog Op pad suide toe, ‘n lagwekkende vertelling oor ‘n busrit na Positano in Italië, en Die stad met drie gesigte (raai!) wat ek omtrent drie keer gelees het.

Ek het die boek baie geniet en dink enige boekeliefhebber behoort dit ook te geniet.


Responses

  1. Ek onthou altyd vir Chris Barnard oor die “Avonture van Danda” wat destyds in die Huisgenoot verskyn het as ‘n vervolgverhaal. Dit het my fassineer. Ek dink een van die boeke was “Danda op Oudeur”.

  2. Die Silwer Ponie het ‘n nuwe wenner!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: