Posted by: mykopop | Woensdag 1 Oktober 2008

‘n Grootmenswêreld…

25092008235

‘n Selfoonfoto, geneem op Donderdag 25 September 2008, in die hoofstraat van Mellville. Terwyl die verkeerslig vir my rooi was. Eintlik wou ek net die koerantverkoper en sy maat afneem, maar ek kon nie so vinnig inzoem nie. Toe ek later lees “Services Sun 10.30 AM” ens. het ek onwillekeurig gedink aan Johannes Kerkorrel se woorde:

Daar’s ‘n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus? Vra ‘n man op die stoep,
Tussen Hillbrow records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur,
En die Hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag, sy sein in die nag,
Sy sein vir die junkies wat wag…


Responses

  1. Ek sien hierdie winkels pop oral uit!! Sal dit nie waag om my voete in so plek te sit nie!!

  2. … ‘n wêreld wat ek nie graag wil leer ken nie.

  3. Verleiding en verlossing, alles in een gebou.

  4. 😆 @ Jaco

    Of so iets soos “Die kerk en die bar sit langs mekaar.”

  5. nogal baie ironie opgesluit in een hoek

  6. shop till you drop!!!!!!!!!!!!!!!

  7. Johannes Kerkorrel is ‘n legend. My hart word sommer seer as ek aan hom dink.

  8. vandag toevallig na Stef Bos se version hiervan geluister, vanuit album “Donker & Licht”, pragtige woorde,baie mooi ook in Hollands.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: