Posted by: mykopop | Maandag 29 September 2008

Oggendvuur – Wium van Zyl

oggendvuur-voorblad

Hierdie is Wium van Zyl se debuutbundel, ongelukkig ook sover ek kan vasstel, sy enigste. Een van die bundels wat ek onlangs tweedehands teen ‘n baie billike prys gekry het.

Dit is presies die soort bundeltjie waarvan ek hou: Ongeveer 50 bladsye en ongeveer soveel gedigte. Die kortste gediggie in die bundel is net 3 reëltjies lank (Sout-en-Peperpotjies), en daar is nog heelwat ander van net 4 of 5 reëls.

Oor die algemeen is die gedigte taamlik “lig”, en daarmee bedoel ek nie lig in die broek nie, maar nie swaar onverteerbare en onverstaanbare goed nie, alhoewel die skrywer tog van metafore gebruik maak. Van Zyl het sy M.A. proefskrif geskryf oor die poësie van Boerneef, dus kan mens verstaan waar hierdie “ligtheid” vandaan kom.

Heelwat van die gediggies is liefdesgediggies, party amper effens stouterig, ander gaan oor die natuur.

Een gedig wat my eers bietjie laat rondsoek het op die internet is Charlotte Corday, die dame wat Jean-Paul Marat in sy bad doodgesteek het gedurende die Franse revolusie en daarvoor na die guilotine gestuur is.

Nog een wat ek besonder geniet is “Twee flesse” – ek haal kortliks aan:

Ek het moeg van die Kaaslike geseur
die halwe Holland deurgesoek
na ‘n slijterij met Kaapse wyn

‘n bolwang wynmeneer beduie
na ‘n rak en ja . . . onder ‘n stoflaag
albei vyf jaar oud lê soos ‘n tweeling
Allesverlorend en Goede Hoop

Allesverloren of Goede Hoop
moet mens kies of albei koop?

Eintlik besef ek dat ek nog ‘n hele paar woorde by my woordeskat sal moet voeg voor ek soos die pro’s oor digbundels kan skryf, daarom, en aangesien daar goeie resensies oor hierdie bundel is, hier is die verwysings:

Oggendvuur is in 1991 deur Tafelberg uitgegee.

wium van zyl

Foto: Wium van Zyl op die agterblad van die bundel, fotograaf onbekend.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: