Posted by: mykopop | Saterdag 27 September 2008

‘n Heerlike Hopie

Hopie

Ek het besluit met die vakansiedag op Woensdag het ek ‘n blaaskans nodig en toe vir Donderdag en Vrydag verlof geneem. Donderdagoggend vroeg het ek ‘n Kalahari.net pakkie gaan afhaal waarvoor ons al baie lank wag. My aandeel in die pakkie wa “Met Woorde Soos Met Kerse” van Antjie Krog – waarvoor ek vir Sonia by haar kombuistafel dankie moet sê! Ek het nog nie veel daarin gelees nie, maar ek dink dis baie van pas vir die Erfenisdag van Woensdag.

Daarna was dit tyd om my “weivelde” te verbreed waar ek soek na tweedehandse Afrikaanse digbundels. Nee, ek gaan nie my bronne verklap nie! Die hopie op die foto is die resultaat van Donderdag sy uittog en ‘n besoekie vandag aan nog ‘n onlangs ontdekte bron. Die koste van die hope was sowat R210 – wat ‘n winskoop as mens kyk net na die prys van een goeie boek vandag!

Alles in die hopie is nou nie Afrikaans en digbundels nie, maar laat ek so vinnig deur alles hardloop:

  • Kubermens – Eveleen Castelyn (1999): Met die titels van die eerste drie gedigte, Die reus van IBM, Jernighan die Sigbare Man en Kuberkomponis lyk dit na ‘n uiters genotvolle lees!
  • Grimas – Merwe Scholtz (1976) : Lyk ook na ‘n baie goeie bundel.
  • Groot Verseboek – D.J. Opperman (1976) : Ek het reeds meer as een, verskillende drukke en toestande. Hierdie een is in ‘n uitstekende toestand en ek het dit teen ‘n baie billike prys gekry, ek sal die beste vir myself uitsoek en ander kan ek dan aan iemand anders afstaan, bv. iemand wat pas poësie wil begin lees.
  • Slampamperliedjies – C. Louis Leipoldt, ingelei deur Merwe Scholtz (1980) : Ek wonder hoekom het hy nou juis op dieselfde rak gestaan as bg. bundel van Scholtz.
  • Gelykenisse en ander verse – I.L. de Villiers (1975) : Ek weet hy is ‘n goeie digter, dit moet ‘n aanwins wees.
  • The Coffee Shop Poems – Karen Press (1993): Lyk na ‘n lekker pret klein boekie. Die kopieregkennisgewing voorin lui: Any persons wishing to reproduce a part of this publication by any means, electronic, mechanical photocopying, recording or otherwise, will have to negotiate with the author and the publisher at a coffee shop of their choice.
  • Hier Kan Ons Asemhaal -Rosa Keet (1979) – Sy is mos die dogter van een van ons vroeër digters, A.D. Keet, so hoe kon ek dit miskoop?
  • Die Laaste Kreef – Etienne van Heerden (1987): Ek het al een gedig en andere hieruit aangehaal toe ek dit uit die biblioteek geleen het – Jan Tuisbly Se Spannetjie.
  • Aan die Kaap geskryf – Wilma Stockenström (1994) : Ek het maar onlang in die bundel “Poskaarte” ontdek wat ‘n goeie digteres sy is.
  • Die Koningin van Skeba – S.J. du Toit – Het van 1896 tot 1898 in Ons Klyntji verskyn en later in 1998 as boek, hierdie sagtebanduitgawe 1985.
  • Daar’s Bitterals in die Heuningwals – Philip de Vos (1988) : Dit lyk lekker humoristies.
  • Lied van die Boeings – Etienne van Heerden (1998) : ‘n Kabaret.
  • Eensilabige Rymwoordeboek – L.C. Eksteen (1980) : Annora se pa was, benewens digter, ook ‘n groot taalkenner, sy het my nog een belowe, ek dink ‘n sinoniemwoordeboek.

Ek vind dit heerlik dat my versameling digbundels so goed groei – daar is ‘n paar wat ek soek wat my bly ontwyk, maar dan loop ek soveel ander kleinode raak sonder dat ek eens daarna op soek was.

Die een probeem is dat ek nie kan byhou met die lesery nie, ek is nou al maande besig om aan die dik, saamgestelde bundel, Poskaarte te lees. Ek dink ek moet met ‘n leesprogram van die dunner bundeltjies begin en dan gereeld kortliks verslag doen van elkeen wat ek gelees het. Ek het reeds so ‘n lekker enetjie gelees in die week!


Responses

  1. O jou gelukkige duiwel! Ek dink nou waarmee ek jou kan omkoop om jou bron te verklap…:-)

  2. ek soek ook!😦

  3. Ek is sooooo jaloers! Ek het het heimwee na goeie Afrikaanse digbundels. Het darem die groot en klein verseboek en Antjie Krog se eerste ou bundeltjie, Debuut, saamgebring!

    Die ‘Koninging van Skeba’ prikkel my belangstelling. My Oupa-grootjie, George Wray, het glo haar skatte ontdek by die ‘Berg Rasa’. Hy en sy geselskap het die opening toegeskiet, en kon daarna nooit weer by die skatte uitkom nie. My Ouma Mary kon die verhaal so lekker vertel, en ek weet nou nog nie hoeveel waarheid daarin gesteek het nie! (Ouma is jare terug al oorlede!) Laat weet my of daar so ‘n berg in die boek voor kom!

  4. Ek mis natuurlik my Groot Verseboek! Ek dink nie daar was ooit ‘n goeie publikasie soos dit nie.

  5. Nice Wow! Ek lees nou Lina Spies ~Oorstaanson. Befok!

  6. […] terug twee dae verlof geneem het, net om by die huis rond te lê, en vertel het hoe ek ‘n heerlike hopie boeke by al my optelpunte gaan versamel het, was hierdie boek een van hulle. Soos ek ook daar gesê het – […]

  7. jou pingbacks werk te oulik, e het al vergeet van hieries toe ek douries lees en anderom

    mhwahahah


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: