Posted by: mykopop | Donderdag 25 September 2008

Tata Thabo!

Elf maande en 3 dae gelede, op 22 November 2007, het ek geskryf: “Gimme Hope, Thabo!” Vandag het ons land ‘n ander president. Nou kan ek darem nie die dag laat verbygaan sonder om ook ‘n paaltjie in te plant nie.

Alhoewel ons redelike stabiliteit beleef het onder Thabo Mbeki se bewind, kan ek nou nie juis sê ek gaan my oë uithuil oor sy vertrek nie. As ek, as blanke Afrikaanssprekende man, terug kyk op die afgelope 11 maande sedert ek gevra het, kan ek nie sê dat hy enigiets besonders gedoen het om my in besonder hoop te gee nie. Miskien het ons dit nie nodig nie – ons het ‘n waarnemende president en ek het nie gehoor dat enigiemand besig is om groot voorrade blikkieskos te koop nie!

Ek het nou nie juis vandag nuus geluister of koerante gelees nie, want het verlof geneem vir vandag en môre, en vandag het ek besluit om my aantal punte waar ek tweedehandse Afrikaanse digbundels kan kry te probeer uitbrei – ek sal julle dalk môre inlig oor die resultate. Terwyl ek so tussen die punte ry, speel hulle op Classic FM Franz Schubert se Marche Millitaire, en ek sing natuurlik lustig saam, die lirieke van Tom Parker op die CD The Young Schubert van The New London Chorale:

Fight for our lives and forgive us our trespasses
help us deliver this evil man to hell

Nee, so kras sal ek darem nie van Mbeki ontslae wou raak nie. ‘n Paar blokke verder by ‘n robot staan ‘n bedelaar met ‘n bord om sy nek wat sê: Please help me with some cash, I want to bury the tyrant Mugabe in hell.

In Parker se liriek kom ook die volgende woorde voor:

We need a man who’s will is steel
Strong and tough, but genteel

As mens dit op ons waarskynlike volgende president wil toepas, hy het sekerlik bewys hy het ‘n wil van staal: om homself uit die moeilikheid en in die saal te kry. Sy manewales onder die stortkop het egter nie veel gedoen om mens van sy beskaafdheid te oortuig nie!

My grootste beswaar teen Thabo Mbeki was altyd dat hy te veel tyd aan ander lande se probleme bestee het en te min aan ons eie. Ek voel egter bietjie jammer vir hom dat sy termyn so tot ‘n einde moes kom. Ek wonder nogal wat hy met die res van sy lewe gaan doen?

Tata Thabo!


Responses

  1. Kop ek is ook nogal jammer dat Thabo so moes tata sê, maar hy het soos jy alreeds genoem het te veel tyd in ander lande spandeer terwyl sy eie land brand!
    Moet sê twee goeie dinge wat uit die hele storie gekom het is dat Mev Knoffel en Beet ‘n ander pos gekry het asook Charles Nqakula. Miskien sal die volgende ou iets gedoen kry aan die misdaad statistieke.

    Gimme hope?

  2. > Ek wonder nogal wat hy met die res van sy lewe gaan doen?

    Ek dink hy gaan ‘n diplomatieke of vredemakers rol kry, miskien in die Afrika-unie of so, en sy huidige jet-set lewe voortsit.

  3. Ja Chris, ek verneem die ANC het ook vir Thabo ‘n afskeidsgeskenk gegee:

    ‘n Splinternuwe TATA!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: