Posted by: mykopop | Maandag 22 September 2008

Ongelooflike Ontwrigting

Ek wil ‘n beter rekenaar koop vir die kinders, gewoonlik koop ek die komponente self en sit die masjien aanmekaar, maar as ek alles bymekaartel wat ek nodig het kom dit op ‘n aansienlike bedraggie te staan. Ek sien toe op Incredible Connection se webwerf hulle adverteer demonstrasiemodel rekenaars.

Die een masjien, met ‘n AMD Sempron 3600+ verwerker, 80 GB Harderskyf, 512 MB geheue, ‘n DVDRW aandrywer en Windows Vista Home Basic, alles teen net R1500, lyk vir my baie aanneemlik, siende dat Vista Home Basic alleen omtrent R800 kos. Ek glo hierdie sal egter ‘n voorafgelaaide weergawe wees, met die probleme daaraan verbonde, maar ten minste is dit wettig.

Dus besluit ek toe, ruk die kredietkaart uit, gooi die rekenaar in die trollie en gaan voort om te betaal… tot ek toe by die kredietkaartbetaling kom. Nadat jy klaar al jou kriedietkaartbesonderhede ingevul het, word jy na ‘n nuwe skerm geneem: MasterCard SecureCode. Hier moet ek weer die kredietkaartnommer ens. invul. Onmiddelik: Transaction Timed out.

Nou is ek bang om weer deur die proses te gaan: sê nou Incredible Connection het my bestelling aanvaar, net nie my betaling nie? Die volgende dag bel ek hulle oproepsentrum, ek dink ek het met Megan gepraat. Sy is baie vriendelik en verseker my ek het nog nie ‘n bestelling nie, maar daar is darem nog van die rekenaars. Nee, ek kan nie na hulle naaste winkel gaan en dit daar koop nie, ek moet weer probeer op die internet.

Ek probeer weer op die internet. Weer dieselfde storie. Ek bel vir Megan, sy vat my deur die hele proses: Timeout… Dan is dit my internetverbinding. Maar ek sit toe by die kantoor op ons korporatiewe internetverbinding. Later het ek seker die rekenaar 5 keer gekoop op die internet. Iewers in die proses kry ek toe ‘n 012-nommer van ABSA om te bel. Ek moes eers vooraf geregistreer het vir SecureCode. Niemand sê my hoe ek dit moes geweet het nie, nietemin word ek deur die proses gehelp om te registreet by https://acsabsa.bankserv.co.za/Activation.

Ek is geregistreer en “koop” weer die rekenaar… timeout. Ek bel weer vir Megan. Nee, dan moet ek met Justin praat, ek vermoed hy is die webmeester. Ek sukkel ‘n dag om hom in die hande te kry. Hy is ook baie vriendelik en sê hy kan niks daaraan doen nie, die fout is by ABSA se webwerf – nadat sy webwerf klaar is met die transaksie moet dit aan hulle webwerf koppel en iets terugkry, maar ABSA se webwerf stuur dit te stadig terug. Ek glo hom. Hy raai my aan om op hulle webwerf net te kies om met ‘n bankoorplasing te betaal. Ek maak so, en die rekenaar is gekoop en betaal.

Nou weet ek nie of mens nog met ‘n kredietkaart deur die internet sal kan koop nie, dalk was dit in elk geval nooit ‘n goeie idee nie. Nou wag ek net en hoop die aflewering van Incredible Connection is nie te ongelooflik nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: