Posted by: mykopop | Sondag 21 September 2008

Liewe Blok

Ek is jammer dat jy so min van my hoor deesdae, meeste van die tyd is my kop op ‘n ander plek. By die werk is ons besig om klaar te maak met ‘n projek waaraan ek al omtrent ‘n jaar werk. Na baie teenslae het ons darem nou ‘n groot gedeelte van die nuwe stelsel in gebruik geneem, wat seepglad werk. Die situasie by die werk het daartoe gelei dat ek nie verder gekom het met my kombuisprojek by die huis nie, wel, ek het dit darem tot op ‘n sekere stadium voltooi maar val nou rond om kontrakteurs te kry om klaar te maak.

Asof ek nie by die werk genoeg werk by die werk gehad het nie, het ek ook nog by die huis begin om ‘n storie te skryf, vir my nogal langerig, so 17 500 woorde. Dit het my omtrent ‘n maand geneem. Daarna het ek dit in Engels vertaal – nog drie weke. Ek wil by kaarte eers bietjie naby my borskas speel daarmee, want dis my eerste skryfseltjie wat ek graag in druk gepubliseer wil sien.

Ou Blok, hier is vir jou ‘n toekenning! Dit kom van Reisiger, baie dankie aan haar, ek hoop ek sal van nou af weer meer tyd kry om haar blog en ander blogs te lees.

Reisiger het ook gevra dat ek dit aan 7 ander bloggers moet aangee. Hierdie stormpie is seker nou al verby, dus verwag ek nie hulle moet dit aangee aan iemand anders nie. Gekies om geen spesifieke rede nie, hier is hulle:

Duskant – vir sy Krugerkiekes.

Corli van der Merwe – Wat onlangs vinnig kom inloer het – sy moet dit meer dikwels doen.

Kostannie – Wat ook onlangs vinnig weer kom inloer het met pragtige foto’s. Help oorreed haar asseblief om vir ons meer van haar foto’s te plaas.

Nikita – vir haar Goue Storie, wow! daardie illustrasie van Alida Bothma is ongelooflik!

Op Die Seepkissie – Ek hoop haar blik kom gou reg en haar internetloosheid op ‘n end!

Skuilhoek – Waar Annora van haar pa, Louis Eksteen se ongepubliseerde gedigte plaas. Skuilhoek was die naam an een van sy bundels, die ander twee: Landloper en ‘n Fluit In Die Riet.

Voetjies – vir haar oulike storie oor ‘n Passat, 3 kinders ‘n Pappagaai en ‘n strandbal.

Aan die vriende wat nie op die lysie is nie: dis werklik baie lukraak opgemaak.

Ek sal probeer om meer dikwels van my te laat hoor, ek weet nog nie juis waaroor nie. Ek het darem onlangs Neil Diamond se nuwe CD gekry waaroor ek iets sal skryf. Soos gewoonlik bly ek op die soek vir Afrikaanse digbundels en kry darem so nou en dan een, die meeste natuurlik nog ongelees. Ek wil eintlik begin om ‘n lys van hulle by te hou. En ‘n paar ander dingetjies…

Groete,

Chris


Responses

  1. Baie geluk met jou toekenning, ek lees altyd baie lekker hier! 🙂

    Ook baie geluk aan al die ander met die toekenning!

    Sterkte met al jou werk, dit begin altyd besig raak hierdie tyd van die jaar!

  2. Ag shame ou Kop. jy bly ‘n aansporing Chris hier op die wonderlike internet. partykeer dink ek die redding vannie mensdom…wat praat ek. Bly die projek begin rigting kry daar by Sentech en die werkery. my pa dink dis cool daar van Bo dat ek sy gedigte plaas, hy kan nie glo ek kan tik, wat nog te se ‘n rekenaar gebruik wat nog te se weet hoe om op die internet te klim… en hm ekt selfs vir die eerste keer vanoggend ‘n rustige murmeling in my oupa se stem innie kerk gehoor ek dink hy en my pa praat uiteindelik weer met mekaar so paar sinne oor ‘n beker flou lou tee..
    hoop om binnekort jou danica boekie innie hand te hou en te verslind. hm
    Baai
    lovies
    Annora

  3. Groete vir Ooom Amos
    ?
    en al die ander familie
    groete.
    anne

  4. Dis ‘n plesier Chris! Ons mis jou gereelde skrywes maar verstaan dat jy besig is! My situasie het ook verander sodat ek ook huidiglik nie meer so baie kan blog soos voorheen nie. Dit gebeur maar!

    Sterkte met al jou projekte by die werk en by die huis!!

  5. Baie geluk!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: