Posted by: mykopop | Dinsdag 2 September 2008

Nagmusiek – Emile Minnie

In Februarie het ek in my stukkie oor Laurika se CD ‘n Lekker Verlang Liedjie die volgende geskryf oor die liedjie Jy Kan My Kom Haal: Die ding het so ‘n lekker tempo en ritme, dit maak my lus om my vlerke ritmies te klap soos ‘n hoender of Chris Chameleon! Daardie liedjie is geskryf deur Emile Minnie.

Nou weet ons almal Laurika neem nie sommer ‘n ‘n liedjie van jou op ‘n CD van haar op nie – maar sy het nie minder nie as drie van Emile Minnie se liedjies op daardie CD opgeneem! Diegene wat gereeld my skryfsels lees sal nou weet ook ek in die inskrywing drooggemaak het met ‘n vinnige aanname oor wie Blou Kafee gekryf het, maar ek het ook daar gesê “As liedjieskrywer is hy (Emile Minnie) dalk die grootste vonds van hierdie CD.” Nou het ek sy nuutste CD, Nagmusiek, onder hande gekry en dit blyk met daardie stelling was ek reg!

Ek is so beïndruk met die liedjies, alle musiek geskryf deur Emile, alle woorde deur homself geskryf, behalwe snit 1 wat ‘n toonsetting is, dat ek graag iets oor elke liedjie wil sê. Natuurlik is dit nou nie heeltemal moontlik om veel van die musiek in woorde weer te gee nie, maar ek gaan tog probeer – hier en daar en veral iets oor die woorde sê – partykeer is ek ook maar stadig van begrip en vang ‘n liedjie eers na jare. As ek oor iets verkeerd is, dis waarvoor kommentare op blogs daar is!

1. Rietfontein
‘n Toonsetting van ‘n ballade van I.D. du Plessis. Ek het onlangs ook ‘n ou digbundel van die digter bekom, ek het ook al iets daarin gesien wat ek graag sou wou probeer sing. Ek het dit netnou gou uitgehaal en deurgeblaai, daar is onder andere Ballade van ‘n Koningsdogter wat deur Laurika getoonset en gesing is. Hierdie toonsetting van Emile handhaaf maklik dieselfde standaard.

2. Dink ek aan jou
Dis nogal partykeer vir my moeilik as ek ‘n nuwe CD kry om te beluister, watter is nou die tipe liedjie wat in mens se kop sal draai, wat jy spontaan in jou kop sal begin sing? Hierdie een het ek in die afgelope week of so een oggend voor 6 op RSG gehoor. Ek ding radioprogramopstellers moet nogal daardie besluit probeer maak oor nuwe liedjies – ek dink ek stem saam met hulle oor hierdie een!

3. Bang
‘n Kort en kragtige liedjie (minder as ‘n minuut en ‘n half) met ‘n lekker stewige tempo, oor die onderwerp wat al so veel bespreek is op die blogs: Emigrasie. Heel gepas en woordspelenderwys eindig dit met “She-be-de-doo-ba Bang! Bang!”

4. Asem
“Daar’s ‘n geluid by my deur, dit is jou asem, Ek hoor jou voetstappe fluister…” Emile, werk jy saam met Deon Meyer? ‘n Lekker rocktempo en begeleiding, met nog uitstekende lirieke soos “Ek is die mossel wat knars in die seemeeu se bek.”

5. Lig my op
Ek dink die liedjie gaan oor die soeke, altyd na die betere, nuwe hoogtes. Baie inspirerend. Dis ook die eerste van ‘n paar liedjies op die CD wat met pragtige klavierbegeleiding (deur Emile self) begin. As ek so kon klavier speel sou ek beslis minstens een snit met slegs klavierbegeleiding opgeneem het.

6. Wat ek wou
Baie mooi, stillerige liedjie, oor liefde, oor onvermoë dink ek- “jou vuiste val maar ek hoor nie hoe jy roep nie.”

7. Ek sit alleen
Beslis ‘n liefdesliedjie, net so mooi as die vorige een.

8. Sê my wie jy is
Nog ‘n mooi sagte liefdesliedjie, met ‘n baie onthoubare wysie.

9. Die enigste see
Ek sukkel nog bietjie met die woorde – baie metafories met die kwaliteite van ‘n goeie gedig. Lekker stillerige liedjie.

10. Southern Lights
Die enigste Engelse liedjie, lekker easy beat, ietsie oor liefde met die eerste opslag en ewigdurende liefde.

11. Verby
‘n Jazzerige liedjie oor ‘n liefde wat verby is.

12. Langpad
Baie introspektief: “My kop is ‘n klankbaan waar note heeltyd speel”. Mag die klankbaan nog lank speel vir ons!

13. Sandkasteel
Met woorde soos: Aan my ouers, my steunpilaar / Aan my sus, my sielsgenoot / Aan my lief my hart se punt – ‘n liedjie oor mens se ondersteuningsnet van familie en vriende – ek dink een van die mooiste op die CD.

14. Tempel
‘n Liefdesliedjie, ‘n beskrywing oor hoe sy beminde hom inspireer: Jy nooi my oor die drumpel om te sing en te dig.

Terwyl ek nou so sit en luister het na van die liedjies soos Wat Ek Wou, Ek Sit Alleen, Sê My Wie Jy Is en Sandkasteel, dink ek weer aan ‘n inskrywing wat ek meer as ‘n jaar gelede gemaak het, Twee Binnehartsliedjies oor twee van Richard van der Westhuizen se liedjies wat in die TV-reeks Ballade vir ‘n Enkeling gebruik is, en ek dink, dalk is dit presies wat Emile nodig het, van hierdie liedjies kan net so mooi by so ‘n liefdesverhaal inpas en net so spesiaal vir mens word.

Artistiek, dink ek, ‘n uiters geslaagde CD, ek hoop kommersieel ook! Ek kan eintlik nie glo dat dit my so lank geneem het om Emile se musiek te ontdek nie, ek sien hy het al ‘n hele paar albums uit. Maak gerus ‘n draai op sy webwerf: http://www.emileminnie.com.


Responses

  1. Klink na pragtige musiek.

  2. Aê my wie jy is Emile Minnie

    Dis so pragtig en rustig dit voel so vredevol asof hy die lig onopgelos gevind het hm.klink of hy dit geskryf het met ‘’n mooi uitsig oor Kampsbaai deur ‘’n houtvenster met bougainvilleas wat teen die heining oprank en dan … die blou see. Ja tobbend en mymerend oorie hemel en ook die hel, baie baie mooi woorde. Mal hieroor hyt ‘’n baie mooi stem, mooi klavierbegeleiding en ook die ander agtergrond effekte. Shoe! Baie rustige effek op my, ja ek luister graag emile minnie! HMmmm mens kannie ophou wonner met wie in gedagte hy hiëro lied geskryf het nie …. Ek weet hoe jy voel. Die leemte jou hart is vir jou bedoel… jare lankal reeds…. Hierdie is ‘’n cd wat ekke gaan aanskaf. Well done Emile!

    En dankie Chris. Was nice om van hierdie CD te lees.

  3. Mmmm ek moet hierdie CD gaan kry. Dankie Chris!

  4. Party wil skryf…
    Ander kan skryf!

  5. […] kan jy lees wat ek laasjaar September geskryf het oor sy album Nagmusiek. TrackBack […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: