Posted by: mykopop | Donderdag 28 Augustus 2008

George Weideman is dood

gweideman

Ek het so pas op die TV-nuus verneem dat George Weideman vandag aan bloedkanker gesterf het. Dit was nogal vir my ‘n skok, want ek was nie bewus van sy siekte nie.

Die foto hierlangsaan is van die agterblad van sy boek Draaijakkals.

Die woorde van die aanbieder en bydraers dat sy dood ‘n groot verlies vir die Afrikaanse letterkunde is, kan mens nie anders as om te beaam nie. Op die relatiewe jong ouderdom van 61 jaar kon hy nog soveel vertel het.

Nadat ons in Desember 2007 ‘n draai by Pêlla in die Noordkaap gemaak het, het ek die titel van sy digbundel (en die titel van ‘n gedig) geleen vir twee inskrywings: Pêlla lê ‘n kruistog vêr (1) en Pêlla lê ‘n kruistog vêr (2). In albei inskrywings het ek gedeeltes van gedigte uit die bundel aangehaal.

Ek dink ook ek het daar of elders al vertel dat sy pa vir ons by ‘n skooltjie langs die Oranjerivier skoolgehou het, toe het het ook by my ouers verneem dat ‘n paar jaar vroëer, voor ek nog skool toe is, George op Springbok vir my en my broer stories vertel het. Ek was natuurlik te klein om dit te kan onthou, en het hom dus nooit persoonlik geken nie en nog altyd gehoop om hom dalk wel eendag te ontmoet.

Terwyl ek hier op my rekenaar rondgesoek het, sien ek toevallig ‘n begin van ‘n versie wat ek die afgelope twee dae probeer skryf het. Ek dra dit graag op aan George Weideman.

Daar staan ‘n digter voor jou deur
en hy bring vir jou klank en kleur
sy ou hart is honger
maar hy vra geen stukkie brood nie
hy’t hou ‘n bossie blomme agter sy rug
sy gedagtes vlieg daar iewers
met die arende se vlug

© 2008 Chris van der Westhuizen


Responses

  1. Wat ‘n verlies! Ek het nogal van Draaijakkals gehou.

  2. Dis hartseer nuus!!😦

    Ek het ook terselfdertyd vir jou goeie nuus Kop! Daar’s ‘n ietsie vir jou op my blog!

  3. ‘n Groot verlies…

  4. Baie hartseer.

  5. Goeie dag

    Ek is DRINGEND opsoek na sy CD – is DOEPA die naam?

    Heleen van der Westhuizen
    BLOEMFONTEIN

  6. pragtige foto!
    Op George se wonderlike taalvermoë, ek sal hom my hele lewe aanhou lees!

    Daar staan ‘n digter voor jou deur
    en hy bring vir jou klank en kleur
    sy ou hart is honger
    maar hy vra geen stukkie brood nie
    hy’t hou ‘n bossie blomme agter sy rug
    sy gedagtes vlieg daar iewers
    met die arende se vlug

    Touché Chris en dankie, ek het nie geweet hy is oorlede nie, maar gelukkig sal hy altyd by ons wees.

    Waar is hy begrawe? Ek wil sy graf besoek en vir hom daar Heide en klippies en ‘n versie neersit.
    xxx
    lovies ansophievanwyk@gmail.com

    • ek sal ook wil weet , want my taak gaan oor hom


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: