Posted by: mykopop | Sondag 24 Augustus 2008

Met ‘n poëet op pad

Poetry-GP

Vanoggend na die kerk
oudergewoonte op jag vir digbundels –
oud of minder oud
sal daar jou werklik
voor my ry: Poetry-GP
ek wou nog afdraai by Mollieweg
om oor Westdene se dam te ry
maar dit word toe ‘n
hot persuit of a poet
Met sy dreadlocks en sy fênsie voertuig
lyk die bestuurder baie vry in ons land
By Books Galore was daar ‘n roman
genaamd “What a poet needs”
ek het dit nie gekoop nie
en die naam van die skrywer vergeet
maar verder aan ‘n kleinnood raakgeloop
Die Purper Iris van A.G. Visser,
wat ‘n winskoop,
waarin T.J.Haarhoff in die voorwoord sê:

“Die digter”, het Shelley gesê,
“lig die sluier van die wêreld se bedekte skoonheid af.”

 

purper-iris-rugpurper-iris-voor

© 2008 Chris van der Westhuizen


Responses

  1. Chris, die bundel is na 9 maande uiteindelik gedruk en word tans as ‘n ou blou baba boekie verkoop.(“,)
    Ons “bekendstelling” was ‘n aand van voorlesings uit die bundel op die Bloemfonteinse Volksblad Kunstefees in Julie. Jy moet maar via e-pos laat weet of ek een in die pos vir jou moet stuur, jy weet sekerlik ek sal jou posadres dan benodig, reg? Groetnis!

  2. Jy’s gelukkig om die boek in die hande te kon kry!!

  3. Chris, weet nie of jy die een al gelees het nie:

    “Afrika in die resente Afrikaanse Digkuns” B.A.J van der Merwe

    Dis amper so poeeties soos jy😉

  4. Mooi geskryf! Sjoe, jy het altyd die vermoe om juwele te gaan uitsnuffel.

  5. Ek sou nou waarlik met so ‘n nommerplaat kon rondry!😉

  6. waar kry jy al hierdie ou digbundels ou poet siel?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: