Posted by: mykopop | Sondag 3 Augustus 2008

Blou Kafee – Ilse Roos

Front

‘n Paar weke gelede toe ek oor die mooi swartkoppe geskryf het, het ek belowe ek sal op drie maniere boete doen vir al die foute wat ek gemaak het toe ek oor Laurika se CD geskryf het. Die eerste een was om hierdie CD van Ilse te koop.

Eintlik kan ek sê, dit geen vorm van boetedoening nie! Dis ‘n puik CD. En ek sê dit nie as boetedoening nie. Ilse het vir my ‘n mooi stem. Ek dink ‘n groot bydraende faktor in reusesukses van Laurika Rauch se sangloopbaan is haar drama-agtergrond. Ek dink mens kan dit ook by Ilse Roos agterkom.

Die liedjies op die CD is puik. Daar is 13 liedjies op, waarvan die woorde van 8 deur Chris Barnard geskryf is. Ek kom ook al ‘n lang pad met die skrywer, ons het sy bundel Chriskras, wat ek dink eintlik ‘n rubriek in Huisgenoot was, as voorgeskrewe boek gehad, iewers voor ek in 1976 matriek geskryf het. Eintlik maak ek nou sommer weer ‘n aanneme. Die CD lys net medeskrywers van die liedjies, dit sê nie presies wie het die liriek geskryf en wie die musiek nie, en van die medeskrywers is liedjieskrywers in eie reg, hulle kon dus dalk tot die woorde bygedra het. Van die 8 Chris Barnard-liedjies is Christopher Torr die medeskrywer op 2, Mynie Grove op 2 en die ander medeskrywers is Gian Groen, MD Greyling, Emile Minnie en Peter McClea.

Die eerste samewerking tussen Chris Barnard en Christopher Torr was aan Barnard se TV-reeks Onder Draai Die Duiwel Rond. Christopher het ‘n Engelse weergawe van sy temaliedjie vir die reeks (Stille Waters) gemaak, genaamd Blue Skies, wat Ilse op die CD sing. Dis net vir my jammer dat die twee Chrisse nie vir Ilse ook toegelaat het om hulle pragtige liedjie Sê Groete Vir Triëst ook te sing nie, ek sou graag wou hoor hoe haar weergawe met Laurika s’n vergelyk.

Dan sing Ilse ook twee van Chris Chameleon se Ingrid Jonker-toonsettings, Korreltjie Sand en Bitterbessie Dagbreek. Sy doen dit amper beter as hyself! (Sy is omtrent deurmekaar met die Chrisse.)

Daar is nog so twee Engelse liedjies: Breath Of Heaven, geskryf deur Amy Grant en Chris Eaton – baie mooi (aangrypend eintlik), en ‘n bonus-snit Miss Celie’s Blues (Sister).

Die musikale verwerkings en direksie is gedoen deur Peter McClea, wat ook al baie saam met Laurika gewerk het. Dit maak die CD soveel te meer puik afgerond.

Hier is die lysie snitte:

  1. Ek hou van blou
  2. Blou kafee
  3. Blue skies
  4. Die voetpad na my hart
  5. Die liefde is ‘n groen seisoen
  6. Korreltjie sand
  7. Bitterbessie dagbreek
  8. Trippe trappe trone
  9. Breath of heaven
  10. Net vir jou
  11. Sê nou
  12. Ek onthou ‘n somermiddag

Bonus-snit: Miss Celie’s Blues (Sister)


Responses

  1. Haar eerste 3 snitte en die titel van die album pas mooi aan by my kleur-tema van die week…blou… klink of dit ‘n mooi album kan wees, met my gunsteling, Bitterbessie dagbreek daarop.

  2. Sy is ‘n pragtige vrou!

  3. dit lyk na ‘n pragtige cd

  4. Mooi vrou en ek is mal oor die cd!

  5. “ ek luister nou “ Breath Of Heaven“ terwyl ek ‘n Jodie Biddle Slideshow oor angels kyk op My Space “ als is donker “ net ‘n kers langs die rekenaarskerm “ en die mood is net reg “ en dis absoluut beautiful “ ek voel so tranquil and sat peace “ en of course die song repeat “ en die engele is mezmerizing “ breath of heaven “ indeed “ thansk so much for this “ love “anne“

  6. shoe` sy sing so mooi` en sy is so pragtig`
    lots of love
    ansophie

  7. Ilze is vir my een van die mooiste mense met die lieflikste warm stem.
    Ek is regtig opsoek na haar CD maar kry dit nerens. Miskien kan iemand my help.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: