Posted by: mykopop | Donderdag 24 Julie 2008

‘n Uno vir Zim?

Laat ek nou maar weer my kop op ‘n blok sit oor iets waarvan ek niks weet nie.

Gisteraand was daar weer iets op die nuus oor Zimbabwe se geldeenheid. Ek kan nie mooi onthou nie – is daar nou weer ‘n nuwe noot uit? 100 miljoen Zim Dollar? Mens kyk, maar sien ook nie meer regtig nie.

Toe dink ek by myself, as die politieke situasie daar nou omswaai en regkom, hoe kry mens dit weer reg? Sekerlik kan mens nie staat maak op deflasie om die geldeenheid se wisselkoers weer op aanvaarbare vlakke te kry nie. Mense sal dan dalk aan die groot note klou en hulle sal baie werd word. Ek dink nie dit sal werk nie. Ek dink toe: dalk is ‘n oplossing dat hulle die geldeenheid heeltemal skrap en tydelik ‘n ander geldeenheid gebruik. Selfs ‘n buurland s’n. Nee! Ek sidder as ek dink wat dit aan daardie land se geldeenheid gaan doen!

Ek het ‘n bietjie gegoogle oor “temporary currency” en “emergency currency” en sien die terme bestaan. Ek sien bv. die VSA het van 1908 af ‘n “emergency currency” gehad onder die Aldrich-Vreeland-Wet.

Ek het gewonder oor ‘n paar goed, o.a. hoe sal die wisselkoers van so ‘n tydelike geldeenheid op ‘n daaglikse basis bepaal word? Ek wil nie regtig weet nie, selfs hoe die wisselkoerse van regte geldeenhede bepaal word is ver, ver bo my vuurmaakplek. Ek dink ook dit sal net vir ‘n beperkte tyd geldig moet wees, daarna moet alles note en munte van die tydelike eenheid waardeloos wees.

Ek dog toe, as die VN (“United Nations”) nou die eenheid vir hulle uitreik, kan hulle dit dalk die Uno noem! Ek meen, as jou Mercedes in ‘n toktokkie verander het, sal enige “financial vehicle” seker goed wees? Of wat praat ek alles?


Responses

  1. Ek het lank laas nuus gekyk maar ek het nog laas gehoor dat die Duitse maatskappy wat Zimbabwe van papier voorsien om hulle note op te druk, deur hulle regering verbied is om die papier aan Zimbabwe te voorsien??!

    Nee Kop, van die werking van wisselkoerse en daai dinge weet ek ook nie veel nie. Ek sorg net dat ek altyd weet wat die huidige wisselkoers is. Miskien sal my seun wat vir CA geswot het dalk weet. Ek sal hom bietjie uitvra daaroor.

  2. Die idee om die Rand as geldeenheid te gebruik was in die nuus ‘n tyd gelede. Ek dink dit is ‘n sterk moontlikheid dat ons weer daarvan gaan hoor. Die SAOG wil in elk geval een geldeenheid hê.

  3. Ek praat onder GROOT korreksie, maar ek verbeel my Argintinie het ‘n hele paar jaar terug, tydens ‘n finansiele krisis, tydelik van VSA Dollars gebruik gemaak.

  4. Boerinballingskap, jys heeltemal reg! Het familie daar. Eintlik ‘n baie arm land.
    nou nie Zim nie, maar dit is nogsteeds sad dat dit sooo afdraande gaan daar.

    Mykop….lekker naweek hoor!

  5. Goeie môre lekker dag vir jou!!

  6. Misschien gebruiken ze voor de wisselkoers wel hetzelfde systeem wat er werd gebruikt toen in Europa de Euro werd ingevoerd. Elk land gebruikte nog zijn eigen munteenheid (Nederland de gulden), maar de wisselkoers tussen de euro en de gulden werd op een gegeven moment vastgesteld en daarna kwam daar geen verandering meer in. Dit hield dus ook in dat de wisselkoers tussen de Nederlandse Gulden en de Duitse Mark vanaf dat moment ook niet meer veranderde. Het is een idee…

  7. ek dink liewer nie aan zimbabwe se geld nie
    ek dink aan dei zambezi en daai magtige waterval
    ek dink aan Ma Ramotswa van Botswana
    en aan ‘n wildbok by die Etosha pan
    .
    shoe! shame hene siestog ai dis so hartbrekend sad.
    hmm..

    Groete,
    Ansophie


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: