Posted by: mykopop | Woensdag 23 Julie 2008

Skielik is ek vry!

Op 14 Junie 2007, begin ek my blog met die inskrywing Ek Sit My Kop Op ‘n Blok, net 4 sinnetjies, om te sê ek is hier. Dit was nog op Blogspot. Ek het teen Oktober oorgegaan na WordPress, omdat die meeste mense by wie ek kommentaar gelewer het by WordPress was, en dit bly vandag maar nog ‘n bietjie van ‘n pyn om by Blogspot kommentaar te lewer, alhoewel daar ‘n paar is waar ek graag kommentaar lewer.

Toe breek 14 Junie 2008 aan, ek sit in Sint Niklaas in België en ons gaan spandeer die grootste deel van die dag in pragtige Gent. Ek het nie eens aan blog gedink nie, dus is my blog se eerste verjaardag ongevier!

Op ‘n stadium het dit nogal gesukkel om mense te kry om so nou en dan my blog te kom lees. Nie dat ek “hits” najaag nie, maar mens skryf tog om gelees te word. Toe het ek ook maar probeer uitvind wat moet mens doen om mense te kry om by jou blog te kom kuier – een antwoord was: lees ander mense se blogs, lewer kommentaar, maar lewer so kommentaar dat die persoon kan sien jy het gelees en stel belang. Dit doen ek toe, dis lekker, maar vat ook nogal tyd – en ek ondervind toe, hou op kommentaar lewer, en mense kom lees nie jou blog nie!

Toe gebeur daar ‘n paar dinge (nie goeie dinge nie, soos party van julle weet) by die werk en ek raak baie besig. Sedertdien het ek bitter min inskrywings gemaak en bitter min kommentaar op ander blogs gelewer. Tog ondervind ek dat my “hits” in die laaste tyd nie veel minder is as toe ek baie kommentaar gelewer en ‘n paar inskrywings per week gemaak het nie. Mens wonder tog wat het verander? Is daar dalk meer mense wat voerlesers gebruik? Of is die kans dat soekenjins iets van my kry nou net groter omdat ek al 179 inskrywings het? Net indien jy belang stel, ek het tans ‘n totaal van 14 987 hits by WordPress, by Amatomu het ek 19 016, dit verteenwoordig min of meer die paar maande by Blogspot daarby. My beste dag ooit was 212 op 28 Mei, twee dae nadat ek “Vreemde Voël” geplaas het. (So terloops, omstrede kwessies trek die meeste hits.) Dit lyk egter vir my of http://slegsafrikaans.com/upcoming.php daardie dag my hits met 120 gelaai het om hulleself bekend te stel! Dus is laas Donderdag, toe ek 117 hits gekry het – in hierdie tyd wat ek omtrent niks doen nie, nog dalk een van my beste dae! Vandag, nadat ek vir meer as ‘n week nie ‘n inskrywing gemaak het nie, het ek tot dusver 72 hits.

“Hits” sê natuurlik nie veel nie. Dit mag baie maklik wees dat iemand Google vir iets, ‘n skakel na een van jou inskrywings kry wat belowend lyk, daarop kliek en besluit “O nee, dit gaan nie vir my die antwoord gee wat ek soek nie”.

Quo Vadis? Vir hoe lank sal mens hiermee wil aanhou? Ek weet nie! Vir nou is ek nog hier. Die goeie nuus is, daar is lig ver voor in die tonnel by die werk, en ek is besig met ‘n paar foto-inskrywings oor my reis in Europa, maar ek wil eers almal klaarmaak voor ek die eerste een plaas.

Vir almal wat kom kuier, met of sonder kommentaar, baie dankie!

Noudat ek nie meer hoef kommentaar te lewer nie, nie meer hoef met nuwe inskrywings vorendag te kom nie, voel ek – skielik is ek vry!

***

Erkenning aan Koos du Plessis vir die woorde:

Dis tog so eenvoudig:
Disjy, alleenlik jy;
en die groter sorge gaan vanself verby.
Niks om te verhaal nie;
net die vrede bly;
niks om te betaal nie–
en skielik is jy vry


Responses

  1. O, en my kommentare by WordPress sien ek staan nou op 999!
    1000 !

  2. Net vir die rekord😆 ek lees nog gereeld hier. Maar ek is ook maar suinig met kommentaar en sê net iets as ek REGTIG voel ek kan iets sinvols bydra.

    Moenie ophou blog nie, ek geniet veral jou boek inskrywings!

  3. Ag neeee – ek kon nou 1000 gewees het!

  4. Thanks Sonkind, dit was nou “close”, binne dieselfde minuut, 22:08! En ek skuld jou natuurlik nog daai boek, ons moet ‘n plan maak!

  5. Ek lees ook al jou inskrywings al lewer ek nie altyd kommentaar nie. Na ek my vorige blog gedelete het en onlangs weer begin blog het, het ek my benadering so ‘n bietjie verander. As ek lus is vir blog, blog ek, en as ek nie lus is nie, bly ek weg! Mens doen dit tog immers vir jou genot!

  6. Cheers! Mag daar nog baie inspirerende woorde in jou pen/sleutelbord opgesluit le!

  7. ek het op wordpress geigestreer

  8. mar ek wil ‘n prentjie kry
    flimey mar die bloggery is moeilnlik

  9. interesting though vil hielie velveelde hysvlou

  10. .nee genade, ek weet nou nie of ek DIT kan volhou nie
    .sny jy regtig self Tharien se hare?
    .ek wil nog song vir katryn uitneem
    .ek hou van gert vlok nel
    .ek wil na lize beekman se konsert gaan luister vanand in centurion
    .ek het die ses snare met onder meer blackie swart en mel botes en ook mm nout ek vergeet, maar hulle moet baie oefen, hulle vingers en na twee ure was hulle nie eers moeg nie, hulle is baie goed
    .ek het klaar lollipop shoes gelees en nou lees ek jesus
    .en ek dink jy skryf interessant en het ;n geweldige kennis en so
    ‘ ek is mal daaroor om kommentare te lewer
    tata
    *

  11. ooo ja ek het nou 4 blogs of 5 ek het nou iblog vergeet om daar oets te doen
    ek dink dis interessant om als uit te probeer wat die internte bied
    ek was op my space en faecbook
    maaar ek is daar af
    en ek was op anner plekke ook waar ek afgestamp is
    hemel weet hoekom
    maaaar doodkry is mun want hier skryf ek nog komentare vir afrika
    bai bia blok

  12. mar my muses het 600

  13. blogs meen ek

  14. van har trooliie af of volslae versteurd? gin mens weet… mar ek dink heavy interesant
    terrible van die cosatu stakings gister right, daar is van daai mense gister op die stasie ennie trein wil nie loop nie, wat ek werklik so voor gevoel het

  15. ek meen my muse
    een muse +
    6oo blogs
    en geen einde in sig
    oor die w♫7reld vandag
    dis waaroor sy dig

  16. shoe ansophie mar jy kan baie klets
    lyk my julle bloggers het baie pret

  17. Ek dink tog mense waardeer kommentaar, al word die blog gelees en al dink jy dis oulik, se kommentaar tog veel meer as net die wete dat hy gelees word. Dit laat ook iets persoonliks van jou as persoon agter. Ek sien ‘n blog as ‘n “huis” en as ek by vriende “verby” gaan, groet ek of klop ek en se ek hallo as hulle daar is, as hulle nie daar is nie, los ek ‘n nota, as dit ‘n “onverwagse” besoek was. As ek op ‘n blog is, is dit vir ‘n rede en sal ek iets se, al ken ek die blogger van geen kant af nie (menende as dit my eerste besoek was), maar soms gebeur dit dat jy deur ‘n image-search op ‘n blog beland bloot vir die image wat deur google te voorskyn gekom het en jy dit wil gebruik en daarby meen ek dan nie dat ek ‘n booskap sal los nie, eerder net ‘n link op my blog oor waar ek die image gekry het…😉 dis maar my mening, nie noodwendig almal s’n of meer mense s’n nie ..🙂

  18. haai, ek het nie eers hierdie een raakgelees nie. gelukwensinge in retrospect!

    kontroversie trek inderdaad die meeste kommentaar. oorbodige kontroversie raak egter afgesaag (ek dink byvoorbeeld aan onse vrind Frank).

  19. Haai daar, ek kom lees van die begin af nog baie hier. Jong ek sien, as daar net ‘n raakse verwysing na iets seksueel (of wat dalkies net miskien in die lyn van seks kan wees) in die opskrif is, spring dit na nr.1.

    Maar dis soos wolf-wolf skree.

    Ek weet nie wat gaan aan nie, maar ek kan geen foto laai nie. Ek kry net ‘n wit blokkie met ‘n rooi kruisie daarin.

  20. Rosalind, ek het ook lank terug daai probleem gehad met die wit blokkie en die rooi kruisie met Internet Explorer en toe’t ek Firefox begin gebruik. Firefox werk baie beter vir my!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: