Mike Schutte, bokser, stoeier en vermaaklikheidskunstenaar kom te sterwe op 14 Julie 2008, op net 57 jaar ouderdom. Ek wil graag hulde bring aan ou Mike.
Foto: http://www.upingtonrugby.co.za
Soos Leon Schuster op die TV gesê het, Mike het dit reggekry dat Suid-Afrikaners opgehou het om dom Koos van der Merwe-grappe te vertel en in plaas daarvan Mike Schutte-grappe te vertel. Hy mag dom voorgekom het, maar hy het iets reggekry wat min mense regkry – hy het ‘n legende in sy eie tyd geword. En daar slaan ek nou toe, ek kan nie eens een Mike Schutte-grappie onthou nie. As julle van hulle ken, stuur aan asseblief!
Daar gaan ‘n groot man verby…
Shame. groote! Is dit Mnr Arrie Genis daar in die agtergrond op die foto?
By: ansophie van wyk on Dinsdag 15 Julie 2008
at 9:41
‘n Groot man is verby ek stem!!
By: Wipneus! on Donderdag 17 Julie 2008
at 13:33