Posted by: mykopop | Dinsdag 15 Julie 2008

Ou Adam se Almanak

Ek het sopas ‘n kwartier “gemors” deur in my parkeerafdag te sit en RSG luister. Cobus Bester het ‘n onderhoud gevoer met Michael Tellinger oor die boek Adam’s Calendar wat hy saam met Johan Heine geskryf het.  Die boek is gister by Melville-koppies bekend gestel. Dit was seker ook nog nie langste onderhoud van Cobus wat ek gehoor het, ek dink hy was net so gefasineer soos ek.

Dit gaan oor ‘n mensgemaakte klipstruktuur van Johan Heine in Mpumalanga ontdek het. Ek kan nog nie vasstel presies waar nie. Hulle het ‘n aantal verskillende metodes gebruik en vasgestel dat dit sowat 75 000 jaar oud is.

Gaan kyk na Michael se YouTube Video.


Responses

  1. Hallo daar Chris

    Dit klink baie interessant. Ek sal probeer gaan kyk op You Tube. Cobus Bester voer wonderlik onderhoud. Ek onthou die ene met Prof hennie Lotter van U J se filosofie departement, dit het my skoon bewoë gehad ek was heel in trane daarna, nous ek bang om te veel Cobus onderhoude te luister.

    Hi weer CF net gou-gou oor

    Elizabeth Holian… ek het gou gan loer na http://www.notthetate.co.uk/lizzie

    Shoe, mens kan nie dit pictures copy en save nie en dit gaan toe na 7 sekondes,. Daar is seker ‘’n hoë prys op haar gedetailleerde kuns. Ek verstaan nie surrealisme nie. Glad nie.
    Maar dis baie baie interessant nê. Men skan vir ure daarna staar. Amazing

    Die Tate Modern is so… eweneens wonderlik. Daars daardie toegetrekte afskortinkie met die ou wat so kaal dans in die stort …video met sy Willy wat so wip…. Dis blykbaar een van die gewildste kunswerke daar. Ek kan nie onthou op watse musiek hy so dans nie….

    Ek dink mens kan kuns interpreteer soos jy dit sien en ervaar, dis juis die wonderlike, dat jou siel anders is, as die siel van die kunstenaar toe hy die werk geskep het. Ons elkeen het mos ons eie ervaringswêreld en as jy niks in moderne kuns sien ek’s jamer mar dan het jy miskien noe nie nou eindelik ‘’n verbeeldingsoog nie… mens kan soos ‘’n gedig oor elke beeld of painting skryf of ‘’n boek om nie van musiek te praat nie.

    As daar kuns of musiek in my omgewing is, kan ek op niks anders konsentreer nie, dan praat die mesne om my oor nuss of iets en ek probeer uitfigure watse musiek dit is wat innie agtergrond wpeel en so met die kunsboeke en skilderye dis alwat ek dan oor wil praat en anner vriende dink daaars meer important things well… ja dis hoekom hulle altyd dink artists is effens …wel watookal

    Intersaant van Elizabeth Holian. Jammer om van haar beseerde kunsarm te hoor. Lyk my sy is darem nou beter.

    Australië het nogal geld vir die kunste lyk dit my

    Groete
    An

  2. Kop, dis ‘n fassinerende stuk hierdie…

  3. Baie interessant!

  4. Verskkon my indien ek omvattend hier reageer…
    Indien jy die hele program geluister het sou jy gehoor het hoe Cobus my boodskap heel aan die einde voor die 8 uur nuus lees (dit was nou die boodskap waarvan hy nie baie gehou net nie, ja)…daar bestaan absoluut geen argeologiese en wetenskaplike bewyse vir hierdie interpretasie nie – inteendeel, hierdie sprokies is totaal verregaande indien ‘n mens selfs net ‘n basiese begrip van die argeologiese landskap van Suider-Afrika het. Die klipstrukture (wat ek al self menigmale gesien het) was niks minder nie as Pedi en Ndzundza-goepe se reaksie op die gevolge van die Difecane in die noordelike “frontier”. En om te se dat die klipwerk meer as 75 000 jaar oud is is plein kommen oningelig.
    Die “wetenskaplike” wat Johan telkens na verwys het, Cyril Hromnik, is nie ‘n argeoloog of historikus nie maar linguis. Onder argeologiese en wetenskap-kringe word hy as ‘n pseudo-wetenskaplike beskou en hy is selfs in 2007 tydens ‘n kongers in Mpumalanga deur die voorsitter van die PAAA (Pan African Archaeolgical Association) verbied om verder sg. wetenskaplike argeologiese navorsing te publiseer.
    Hierdie ouens is diep-gegronde rassiste wat nie kan glo dat plaaslike groepe in staat was tot gevorderde kognisie en by implikasie hier, die bou van omvattende argitektuur nie. Baie soos die ou opvatting dat Groot-Zimbabwe deur die Koningin van Skeba gebou is.
    Ek wens daar was vandag ‘n ingeligte historikus / argeoloog in daardie ateljee…Dit sou kuikenmoord wees.

  5. Dankie Duskant, soos ek reeds gesê het, ek moes eintlik al in die kantoor gewees het net na 7 toe ek nog in die motor sit en radio luister het. Maar ek het gedink hierdie is interessant, ek moet die blogwêreld hiervan vertel. Ek het dus omtrent nog drie minute geneem om minstens een url te soek as verwysing en nog so twee minute om die inskrywing te maak.

    Ek moet sê, dit het my ook voorgekom asof Tellinger baie beter in staat is om homself te “verkoop” as Heine, die sg. “ontdekker” van die struktuur. Op ‘n blog of iewers verwys hy bv. na *sy* nuutste boek!

  6. duskant, dankie vir die perspektief wat jy bring. Ek aanvaar dat hulle dalk die kat aan die stert beet het…Maar is hierdie mense regtig “diepgegronde rassiste”? Is dit nie bietjie van ‘n sweeping statement nie?

  7. Genugtig en genadetjie tog! Wat vertel julle my als! Ek het nou net heerlik die video sit en kyk en van Orion se belt en die Piramides en al en myself net daar gepicture 75 000 jaar gelede, kaal om die klippe met vuur en ‘n stuk pampoen en braaivleis… daar was toe seker al vyfduisend jaar vuur, want ja vuur is mos 80 000 jaar gelede ingebruik geneem deur die interessantste tribes denkbaar, ek was lid van daais wat hulle lywe so in pers en grys en wit vol strepe geverf het en heavy make up om die oë. Mens sal mar anhou wonder. Wonder wat Dr Sally Reynolds hieroor te sê het. En Prof Tobias. Leef hy nog? Mar sy is ‘n paleo antropoloog so miskien ook nie haar of hulle veld nie veld nie. Wies die groot argeoloë of wie sal nou die kundiges wees as hierdie ou dan nou nie is nie???Hhulle kan seker nie radio carbon dating doen op klippe nie? Skies eks moer stupid wat hierdie goete anbetref, ‘k sal biki vir Piet, my man vra wat hy dink. An sy opinie sal julle julle gerus kan steur.
    Wonner of Cobus kan slaap innie nagte na sy magtige onderhoude wat mense tot in hul fondasies skud.
    Eks te bang om RSG an te sit innie oggend… is nie aldag lus dat ek geskud word nie. Gooi liewers my klawertjies nat.
    Of wat praat ansie als vanaand

  8. Ek dink Duskant… jy maak nogal helse sweeping statements. Linguiste…my pa was ene so ek weet van hulle slim denke en diep intellek… sal nie sommer dinge propageer sonder deeglike navorsing nie. Taal wetenskaplikes is ook nie rassiste vn enige aard hoegenaamd whatso ever nie. Ek meen Tolkien. lees net oor die Hobbits en so aan, of sal jy die Orcs as… let’s go and get us some Orc or kill a Orc…. ek’t nogal gewonder oor Tolkien op daai punt, veral toe ek die orc taal in die fliek hoor….
    Wonder wat so Chompsky ( het ek dit nou reg?) gedink het.
    Anyway
    Eks PLATGESLAAN deur die video!
    Amazing die stone strukture. Bloody amazing en of dit nou 5 of 50 duisend jaar gelede is dit bluy bloody amazing of hoe Mary

  9. Boer en ansophie. Geensins sweeping nie nee, al wat ek kan sê, glo my. Dit gaan verwaand klink indien ek hier sê “ek weet waarvan ek praat” maar…wel…ek en verskeie kollegas kom noual jare met hierdie storie en is nou hartlik keelvol vir hierdie absolute verdraaing van die geskiedenis. Daarom ook my “heftige” reaksie hierbo.
    Ek ken die “wetenskaplikes” ter sprake persoonlik. Ek ken hulle werk goed.
    Ek was al in die veld saam met van hulle.

    Glo my.

    Ns- het julle die opvolgonderhoud vanoggend met Dr. A. Schoeman van Tukkies se Antropologie en Argeologiedepartement gehoor?

  10. Dr. A. Schoeman van Tukkies se Antropologie en Argeologiedepartement

    nee, vertel graag, ek het ook gehoor die goue renoster van Mapungubwe is van bo uit Afrika hiernatoe gebring en verruil vir velle en ivoor…

  11. Chomsky sou gedink het dis beter om na die actual antropoloë te luister😉

  12. My gedagte presies, Johan….

    Aiajajai…Ansophie…(ek hoop jy grap😉 oor die Mapungubwe kwessie…) ok nee ernstig, die metallurgiese merkers van die bladgoud waaruit die renostertjie en ander goue voorwerpe (septer, bakkie – daar is vrek baie goud gekry…) gemaak is, het in argeo-metallurgiese studies ooreenkomste getoon met merkers wat in alluviale goud in die Limpopovallei gevind is (ok dis ‘n monster-sin).

    Waarom is dit so moeilik vir mense om EEN: feitelike wetenskaplike bewyse te glo, en TWEE: te glo dat die plaaslike ouens histories uiters gevorderde tegnologieë en vaardighede gehad het. It’s beyond me…

  13. duskant, ek glo jou en dit klink of jou kennis oor hierdie saak regtig grondig is…dis net dat hulle nie soos die Klu Klux Klan voorkom nie.

    Om jou vraag te beantwoord: Ek dink die situasie waarin Afrika vandag verkeer, maak dat mense moeilik glo dat daar eens sulke wetenskaplike gevorderdheid op die kontinent was. Wat het daarvan geword en hoe kan ons dit terugkry?

  14. metallurgiese merkers van die bladgoud waaruit die renostertjie en ander goue voorwerpe (septer, bakkie – daar is vrek baie goud gekry… gemaak is, het in argeo-metallurgiese studies ooreenkomste getoon met merkers wat in alluviale goud in die Limpopovallei gevind is

    Shoe nee ek het dit nie so besef nie. vrek baie goud gekry… ek glo dus dat daai mense by mapungubwe die goue voorwerpe self gemaak het en dat dit nie daarnatoe gebring is nie. ek dink die wetenskaplike bewys daarvoor is dus duidelik vir almal

    dit is vir mense baie moeiliker om in die wetenskap te glo as in die ander onsienbare… soos geloof, dit het ek oor die radio gehoor, maar slaat my dood ek weet nie meer wat die praatjie was nie… nee dit was sondagoggend (13 Julie) op tv… ‘n program oor evolusie en hoe dit saam met godsdiens in skole aangebied behoort te word en ook ander teoriee en so aan

    skies eks biki moeg vanaand

    ek se good nite
    over and out
    ..

  15. BiB – Ek wonder daai selfde ding oor antieke Suid-Amerikaanse beskawings (duskant sal meer weet as ek?) Majas en Asteke en daai klas van ouens.

  16. JS, ek wonder saam met jou…

  17. Sjoe, moeilike vrae manne😉 dis nogal gekompliseerd en dit skroef ook ‘n heel ander kannetjie politieke wurms oop…

    Suider-Afrikaanse, en for that matter, meeste ander prehistoriese ekonomieë het tot relatief “onlangs” op ‘n sterk ruilhandelsisteem gefunsioneer, wat op sy beurt op die beginsel van vraag en aanbod werk. Nou, dit is nogal interessant (en eintlik heel logies) dat tegnologiese ontwikkelinge nou saamhang met die aanvraag wat daar vir die betrokke komoditeit bestaan. Bv. indien die aanvraag na goud groot is, word die tegnologie waarmee goud gereduseer word verfyn om groter kwantiteite, en suiwerder goud te produseer. En teenoorgestelde is dan ook waar…so bv. is een van die belangrikste elemente wat tot die verval van die Mapungubawe-Staat gelei het die verskuiwing van fokus in handel na Groot Zimbabwe. Skielik was daar nie meer ‘n aanvraag na die produkte wat Mapungubwe kon bied nie en vinnig het die tegnologieë waarmee hierdie produkte vervaadig is, ook verval. Hierdie scenario het aaneenlopend gebeur tot en met die laaste millenium…
    Dis hier waar ek ‘n paar ouens dalk mag kwaad maak. Ek is van mening dat verskeie meer “resente” tegnologiese ontwikkelings verval het agv kolonialisasie. Die boodskap van die Weste was eenvoudig…”julle kulturele attribute (wat tegnologie insluit) is primitief…neem ons’sn aan”. Alhoewel dit aanvanklik dalk kon gewerk het, was dit nie standhoudend vir die plaaslike mense om vreemde gebruike, produkte en tegnologieë aan te neem nie. En in die proses het hulle eie vooruitgang wat deur honderde jare verfyn is – skade gely.
    Dis ‘n mondvol…ek weet😉

  18. Voel ek nou skuldig, was lanklaas hier! Lekker dag vir jou!

  19. […]  https://mykopop.wordpress.com/2008/07/15/ou-adam-se-almanak/ […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: