Posted by: mykopop | Sondag 29 Junie 2008

Porcupine Ridge Sauvignon Blanc 2007

procupine-ridge-propporc-logo

 

Ek het gisteraand die bottel oopgemaak en moet sê ek was teleurgesteld. Kyk hoe lyk die prop nadat ek dit uitgetrek het. Bottels wyn lê altyd plat by my, dus kan ek nie die skuld kry dat die prop by my uitgedroog het nie. Toegegee, die kurktrekker wat ek gebruik het, het ‘n soliede spiraal, nie ‘n enkele draadspiraal soos aanbeveel word nie, tog haal ek baie kurke suksesvol heel uit.

Ek kan nie saampraat met die regte wynproewers wat sê hulle proe neute, naeltjies of bessies nie. Ek het niks van daardie geproe in hierdie wyn nie. Wat ek wel geproe het is iets waarvan ek glad nie gehou het nie. Ek het lank gesukkel om dit te probeer identifiseer. Terpentyn? (En ek praat nie van mineraalterpentyn nie – ek praat van die wat my dogter gebruik om haar skilderkwasse skoon te maak.)

Ek het so ‘n vakuumpompie met twee proppe wat mens op ‘n bottel kan sit en die lug uitpomp, om van die wyn vars te hou vir ‘n dag of twee. Daar is albei my proppe toe skoonveld gisteraand. Ek het ook nie ‘n ou prop gehad om onderstebo in te druk nie. Einde raad sit ek toe maar net ‘n stukkie “Glad Wrap” oor die bottel se bek. Vanmiddag het ek toe weer daaraan geproe, en wil jy glo, daardie wilde smaak van gisteraand is weg! Glad nie te onaardig nie. So as jy so ‘n bottel in die hande kry, maak hom oop op ‘n Saterdagaand, drink die helfte uit of gooi dit in die wasbak af. Gooi die prop ook weg. Sit ‘n stukkie Glad Wrap oor, sit in die yskas en geniet Sondagmiddag!

Alle grappies op ‘n stokkie, ek hoor graag van julle ondervindiging met dieselfde wyn en etiket.


Responses

  1. Ek ken Boekenhoutskloof se Porcupine Ridge wyne goed. Dis goeie waarde vir geld en veral die rooies (spesifiek die Shiraz) is baie lekker. Ek het nie soveel ondervinding van die Sauv Blanc nie, maar ek onthou dit as ‘n heel drinkbare wyntjie.
    Dit lyk of die kurk verseker uitgedroog was, wat sou beteken dat 1. die bottel lank gestaan het of 2. dat die humiditeit waar die bottel gestoor is, baie laag was. Dit kan ook bloot ne ‘n swak kwaliteit kurk wees. (kry maar in elk geval vir jou ‘n soliede spiraal kurktrekker – dit help baie)
    Die “terpentyn” wat jy geproe het, sal ek gewoonlik toeskryf aan “bottle age” – as veral ‘n witwyn al ‘n ruk in die bottel was en die aanvanklike vars geure van die wyne reeds verdwyn het. Ek twyfel of dit egter die geval sal wees met ‘n 2007. Dit kan ook ‘n geval wees van VA (Volatile Acidity) in die wyn, maar mens sal dit nie met die geur van “terpentyn” assosieer nie.
    As die wyn se kleure redelik goudkleurig was (tesame met die kurk se kondisie) sal ek dink dat die bottel op ‘n stadium (voor jy hom dalk gekry het) dalk baie warm gekry, wat die “bottle aging” versnel het. Ek sou veral tot so ‘n slotsom kom, as die wyn se geure nie baie vars was nie en as die wyn ook nie baie “crisp” was nie met die afwesigheid van die nodige suur.
    Die gladwrap was ‘n oulike idee!!!

  2. hehehehhehehe jys baie snaaaaaks! hm oe ek lag nou so hart ek verstik skoon jy MOET hierie song gan lyster dis net sooooo cool. doe piano’s! Lat my dink an daai movie The Fabulous Baker Boys.

    Scenes from an Italian Restaurant
    Billy Joel

    A bottle of white, a bottle of red
    Perhaps a bottle of rosé instead
    We’ll get a table near the street
    In our old familiar place
    You and I – face to face hm, hm
    A bottle of red, a bottle of white
    It all depends upon your appetite
    I’ll meet you any time you want
    In our Italian Restaurant.
    Things are okay with me these days
    I got a good job, I got a good office
    I got a new wife, got a new life
    And the family is fine
    Oh we lost touch long ago
    You lost weight – I did not know
    you could ever look so nice after so much time.
    Do you remember those days hanging out at the village green?
    Engineer boots, leather jackets and tight blue jeans
    Oh you drop a dime in the box play a song about New Orleans
    Cold beer, hot lights, my sweet romantic teenage nights ooh, ooh
    Oh, oh, oh, oh…..
    Brenda and Eddie were the popular steadies
    And the king and the queen of the prom
    Riding around with the car top down and the radio on
    Nobody looked any finer
    Or was more of a hit at the Parkway Diner
    We never knew we could want more than that out of life
    Surely Brenda and Eddie would always know how to survive.
    Oh, oh, oh, oh…..
    Brenda and Eddie were still going steady in the summer of ’75
    When they decided the marriage would be at the end of July
    Everyone said they were crazy
    “Brenda you know that you’re much too lazy
    and Eddie could never afford to live that kind of life.”
    Oh, but there we were wavin’ Brenda and Eddie goodbye.
    Oh, oh, oh
    Well they got an apartment with deep pile carpets
    And a couple of paintings from Sears
    A big waterbed that they bought with the bread
    They had saved for a couple of years
    but they started to fight when the money got tight
    And they just didn’t count on the tears.
    Oh, oh yeah rock ‘n roll
    Oh, oh, oh
    Well, they lived for a while in a very nice style
    But it’s always the same in the end
    They got a divorce as a matter of course
    And they parted the closest of friends
    Then the king and the queen went back to the green
    But you could never go back there again
    Oh, oh
    Brenda and Eddie had had it already by the summer of ’75
    From the high to the low to the end of the show
    For the rest of their lives
    They couldn’t go back to the greasers
    The best they could do was pick up their pieces
    We always knew they would both find a way to get by
    Oh and that’s all I heard about Brenda and Eddie
    Can’t tell you more ’cause I’ve told you already
    And here we are wavin’ Brenda and Eddie goodbye
    Oh, oh, oh
    Oh, oh, oh
    Oh, oh, oh
    Yeah
    A bottle of reds, a bottle of whites
    Whatever kind of mood you’re in tonight
    I’ll meet you anytime you want
    In our Italian Restaurant.

    Eks Jammer!!! eK WIL NIE REGTIG HE JY MOET MAAN TOE VLIEG NIE
    nee.
    Liefde
    Ansophoietjie

  3. Wragtig – noudie dag ‘n Porcupine Ridge by ‘n restaurant in Pretoria gedrink en daar sukkel die kelner sy…um…kurktrekker af om die prop in een stuk te trek. Dalk ‘n probleem met ‘n spesifieke batch…?

  4. …maar dit was ‘n baie lekker wyn!

  5. het jy van die song gehou chris
    hm is billy joel nie oulik

    ek druk sommer die kurk terug in die bottel wyn en gooi dit deur ‘n sif
    nee dit gebeur soms
    maar om ‘n hele hapie daaroor te skryf

    irriteer dit jou so erg liewe chris
    amper soos die plastiek op die pakkie word innie yskas
    heheh🙂🙂😉

  6. Chris, ek is gladnie ‘n PR liefhebber nie. Hulle wyn kon my nog nooit beindruk het nie. Ek hou van die plestiek idee – innoverend, my maat!

    Dit is waar skroefdoppe ‘n hele paar pyne ‘n nekslag toedien, alhoewel daar darem iets is aan ‘n kurktrekker in die prop indraai om die wondersap vry te laat!

    Wonder net wat gaan restaurante ‘kurkfooi’ noem wanneer die proppe alles oorgeneem het? DopFooi??

    Ek stel voor jy kry vir jou ‘n bottel Lime From Stone van Springfield, en dan praat ons weer oor beindruk wees met wyn!!!

  7. Skoor, waar kan mens die Springfield Lime from Stone kry? Ek het gaan kyk by http://www.springfieldestate.com/wines_all.htm maar sien dit nie daar nie.

  8. Hoekom ignoreer julle my
    hehe

  9. maak dit saak of dit kurk of draaiproppie is
    ek hou van kurk

  10. Selfs op Classic FM wat net vir luisteraars is van hoe inkomste beveel hulle aan dat mens deesdae die goedkoopste wyn koop, want alles is so suur ek meen duur en liewers geld spaar om op een van hulle duur reise en luukse verblyfe te gaan, wat belaglik is as mens gesin met kinder het nie waar nie jan blaar nie.
    Ek praat mos oor wyn en het juule nou al Billy joel se lied gaan luister wonder ek nogal.
    Nogals klink vir my nnogal simpel
    Verkies nogal
    Baai!!!

  11. Dis LIFE from Stone…en is so gewild dat dit die meeste van die tyd uitverkoop is. Maar probeer gerus Nitida van Durbanville of Thelema…of Cape Point….of Iona van Elgin.

  12. Dankie vir daardie inligting Boer (en Skoor!), ek sal uitkyk. Hoop nie dis soos met die !nabbas (Kalahari truffles) nie – toe ek destyds so nou ek dan op Askham gaan werk het en dit elke keer nie beskikbaar was nie, het ek later gesê, nee kêrels, dis net ‘n mite!

    Ansophie, jammer as dit lyk of ek jou (en al die ander) ignoreer – ek gaan bietjie deur ‘n rowwe kolletjie by die werk. Ek hou ook van kurk, dit het net iets wat ‘n nagemaakte kurk of ‘n skroefdop nooit sal hê nie. Dankie vir die Billy Joel-song, ek het hom sommer weer met die hulp van keepvid.com van youtube gaan aflaai, ‘n hele 17.5 MB. Jissie die video is cool, of is dit hot? Deesdae is ek mal oor Italië! Vir die wat wil gaan kyk, die video is by http://www.youtube.com/watch?v=XGqgZgdkzoc

  13. Ek koop my Lime hier by ‘n wynhandelaar in Stellenbosch, of op die landgoed self wanneer ons op ‘n Robertson toer gaan op ‘n Saterdag. Dis verskriklik lekker. En ook maar duur.

    ‘n Ander Sauv wat rock, is Du Toitskloof Kelder Sauv Blanc. Kyk bietjie of julle ‘n Checkers het met ‘n wyn afdeling. Of Spar Tops. Laat hulle dit vir jou bestel. As die bestuur op die ball is, behoort dit nie ‘n probleem te wees nie. Koop sommer ‘n boks – jy sal nie spyt wees nie.

    As jy nou weer Upington toe ry, dan gooi jy ‘n Kaapse draai vir die Lime!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: