…ek moet om verskoning vra!
Ilse Roos, foto: www.kalahari.net
‘n Ruk terug het ek ‘n inskrywing gemaak oor Laurika se nuutste CD, ‘n Lekker Verlang Liedjie. Daar trap ek toe in die een slaggat na die ander een! Kom ons begin by die begin. ‘n Paar maande gelede was ek op soek na ‘n CD van Anna Davel. Ek blaai deur die CD’s in Look & Listen en sien die Blou Kafee CD, maar dis nie die een wat ek soek nie. Nou is ek oortuig hulle het die CD by “Anna Davel” gesorteer. Nou is die saadjie by my geplant: Blou Kafee is Anna Davel s’n.
So luister ek dan Laurika se CD ‘n paar keer deur, loer in die boekie, die skrywers en komponiste is plek-plek moeilik om te lees. Maar Blou Kafee is mos maklik – dis Anna Davel. En ek email vir Laurika en laat haar weet sy moet kom kuier by my blog. En sy kom, en vra my: Wat gee jou die idee dat Anna Davel Blou Kafee geskryf het? Oeps! Chris Barnard en Christopher Torr het dit geskryf. Ek maak dit reg, ek sien ek het ook daar ‘n skakel na die CD “Blou Kafee”, maar sien nog steeds nie dat dit nie van Anna Davel is nie, want die fototjie daar (selectmdist) is bitterlik klein. Eers later kom ek agter die CD is van Ilse Roos.
Randall Wicomb sing mos:
O my liewe Swartkop
hoor jy nie my hart klop
as ek aan jou dink
dan kan ek in die aarde sink
waarom nie gesê nie
dat jy my nie wil hê nie
dan het ek mos geweet
om jou in die pad te steek
in sy liedjie Liefling, is dit jy. Die CD-omslag sê: Trad. Verw. P. Grobbelaar, R. Wicomb. Ek het seker gemaak!
Ja ou Randall, die swartkoppe kan mens maar deurmekaar maak, kyk nou hier:
Links Jana Strydom, wat die rol van Helena in 7de Laan vertolk. Regs Anna Davel.
Jana se hare vertoon op die foto vir my nie so donker soos altyd op TV nie, maar ek sou selfs die twee maklik kon verwar! Ekskuus julle swartkoppe!
As boete doening sal ek:
- Een of ander tyd die Blou Kafee CD van Ilse koop.
- Een of ander tyd my Anna Davel-versameling uitbrei.
- Vir die oomblik nog ‘n rukkie langer 7de-Laan kyk.
Dit gaan verseker nie ‘n boete wees om Ilse se CD te koop nie. Ek is mal daaroor! Anna Davel is ook ‘n gunsteling!
By: kaalvoetinireen on Donderdag 26 Junie 2008
at 6:03
Ek’s ook mal oor Anna Davel se musiek!! Kan jou wraggies nie kwalik neem nie, Anna Davel,Ilse Roos en Jana Strydom kon net sowel sussies gewees het as mens op voorkoms moet gaan!
By: Reisiger on Donderdag 26 Junie 2008
at 9:02
Weet julle, ek dink alle kuns is wonderlik en ek dink ook as mens in die mood is vir iets is dit net daai spesifieke regte iets en dan wow is dit net great.
Ek het lank terug in die koerant van Ilse Roos se CD gelees en hoe mooi dit is en haar optrede by die blou kafee, of is dit nou blou hond, jis mens raak regtig deurmekaar, maar in elkgeval, ek was nog nooit daar nie.
Die ding met my op die oomblik is, ek is oorversadig van liedjies. Ek gaan ‘n breek vat en dan as ek weer heavy withdrawells kry, dan gan ek weer kom luiser, ek wil ook eers wegbreek na ‘n sap toe vir ‘n naweek , want eks uitgebrand en oorwerk, maar teen Augustus gaan ek tien teen een soo ‘n nuwe mens voel.
Die woorde is pragtig, die vrou is stunningly beautiful, ek kyk the young and the restless nou vir 22 jaar en ja, ek kyk nie 7de laan nie, maar ek weet baie mense geniet dit ook.
Ek kom net nie by al die dinge uit nie, maar ek sal graag ook vir Charlene Truter ( Van Pasella) wou hoor sing, aangesien ek ook gelees het sy sing mooi.
Vandat ek bietjie Afrikaanse liedjies begin luister het, het my eie stem nogal verander in iets waarop ek trots is en lief voor is hm ja, so ek dink die invloede beinvloed mens so van alle kante onbewustelik of bewustelik of dalk is dit al die gesaamsingery in die kar met die cd’s.
Ek moet nou eers baie werk doen en as ek klaar by die spa was sal ek weer hierdie video kom luister, maar ek het so baie Afrikaanse cd’s gekoop, dat ek nie gou weer nog een sal koop nie.
Ek het ook ‘n baie interesante CD van Amazon bestel en gekry, Clare and the reasons – the movie. Ook baie eie klanke en nice, maar op die oomblik is ek net weer lus vir baie klankbane en baie rustige sagte klassieke musiek, soos smooth classics op Classic FM na sewe in die aande.
By: ansophie on Donderdag 26 Junie 2008
at 9:14
Hemel onsig, hierdie kommentaar moes by Sonkind geplaas gewees het, ek dink ek het te veel vensters oop. Jammer, shoe maar die vars lug is lekke, net bietjie koud so op ‘n wintersoggend.
Groete,
Ansophie
By: ansophie on Donderdag 26 Junie 2008
at 9:15
ekskies ek tik alweer verkeerd, ek het bedoel ek wil wegbreek na ‘n spa toe.
By: ansophie on Donderdag 26 Junie 2008
at 9:16
Maar Anna Davel is my favourite. Sy en Helena Hettema, seker oor hulle die eerstes is wat ek gehoor het. Daarna het ek vir Lize beekman gehoor op Aardklop en daarna vir Laurika Rauch, toe koop ek al hulle CD’s en toe het ek vir Amnada Strydom gehoor. o ja, nee, heel eerste het ek ‘n girl genaam Edrien gehoor. Sy was die eerste afrikaanse ligte musiek snageres wat ek gehoor het. sy het my so beindruk, sy en haar begeleier of girl, dat ek toe begin belangstel het in afrikaanse liedjiesangeresse. Ekt voorheen net klassieke musiek en engelse musiek geluister, want eks ha;f engelsrig, ook half frans, en my 4 dogtertjies is amper ‘n handvol so ek kry nie baie tyd vir als nie
Het ook nou ‘n kruie tuintjie in die agterbinnehof begin.
Goedgaan Chris Akkedis, jy skryf baie interessant oor al die kunste.
Groete,
Ansophie
By: ansophie on Donderdag 26 Junie 2008
at 9:22
Verskoon my tikfoute.
My keyboard is oud.
x
By: ansophie on Donderdag 26 Junie 2008
at 9:22
Ek bedoel my rekenaar keyboard, my Yamaha keyboard is nuut. Mooi ook. Pragtig.
Totsiens
Have a happy day all you bloggers
Love and best wishes
Ansophie
xxx
By: ansophie on Donderdag 26 Junie 2008
at 9:23
Die drie kon maklik sussies gewees het!!
By: meermin on Donderdag 26 Junie 2008
at 12:38
Hulle kon sussies gewees het. Ek is absoluut mal en versot oor Anna Davel se musiek. Veral “Dra my saam”, ek kan altyd daarna luister en glad nie moeg word vir hierdie liedjie nie. Dit is my gunsteling Afrikaanse song.
By: Wipneus! on Donderdag 26 Junie 2008
at 18:43
Shoe nee Anna Daavel daai ene oor die seilskip hm Sewe jaar! Dis die mooiste liedjie ooit ooit ooit.
Ons vaar al vir sewe jaar op oop oseane deur storms wat dreig en maal… ons veg teen die vikings en seerowers, ag als, die hele song, dis net geniaal amazing. so nice
en ook The sailor… you came to me …. something about a whiskey ship
Baie nice about the pirot with the angel voice.
Baie mooi.
By: ansophie on Dinsdag 1 Julie 2008
at 18:42
[…] Paar weke gelede toe ek oor die mooi swartkoppe geskryf het, het ek belowe ek sal op drie maniere boete doen vir al die foute wat ek gemaak het toe […]
By: Blou Kafee - Ilse Roos « My Kop Op ‘n Blok! on Sondag 3 Augustus 2008
at 17:58