Posted by: mykopop | Saterdag 21 Junie 2008

ARENDE gaan aan!

Ek glo baie van julle het seker die drie “Arende” TV-reekse baie geniet. Landbouweekblad het in hulle uitgawe van 13 Junie 2008 aangekondig dat Arende IV in Landbouweekblad as ‘n vervolgverhaal sal verskyn.

Gil van Arende

Illustrasie Izak Vollgraaf. LBW 20/06/2008

Paul C Venter

Paul C. Venter en sy vrou Dalene, LBW 13/06/2008

In die Landbouweekblad van 13 Junie gee Paul C. Venter sy redes hoekom hy dit as ‘n vervolgverhaal geskryf het en nie weer as ‘n TV-reeks nie. Eerstens sê hy hy het uit die TV-bedryf getree, o.a. omdat hy nie meer nodig het om sy vyf dogters te onderhou nie. Tweedens sê hy dat die verhaal oor ‘n uitgestrekte stuk aarde afspeel en dat die begroting om dit as ‘n reeks te vervaardig te groot sou wees. Volgens LBW van 13 Junie sal dit as 3 dele van 8 hoofstukke elk verskyn.

Die feit dat dit in Landbouweekblad verskyn is seker nie ideaal vir menige aanhander van die reeks nie. Ek wil darem net sê dat as jy sou besluit om LBW te koop spesifiek vir die reeks, dit darem seker nie die enigste leestof wat jy daarin sal vind nie. Daar is ‘n Gesinsafdeling in elke uitgawe, met o.a. heerlike resepte en ander rubrieke. Dan is daar natuurlik “Manie”, meestal oor landboupolitiek. Die geklassifiseerde advertensies kan ook interessant wees, daar word bv. voertuie en eiendomme (nie net plase nie) adverteer en vele ander interessante artikels. En vir die wat dit nodig het, is daar nog “By die Opsitkers”!

Die eerste hoofstuk het reeds verskyn in LBW van 20 Junie, die volgende een sal al op Maandag 23 Junie op die rakke verskyn. Dus as jy dit nie wil mis nie sal jy môre moet inspring!

En waar het Paul C. Venter die naam “Arende” vir die reeks gaan haal? Hierso, dink ek:

DIS AL (Jan F.E. Cilliers)

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en ‘n voël draai bowe
in éensame vlug –
dis al.

Dis ‘n balling, gekom
oor die oseaan,
dis ‘n graf in die gras,
dis ‘n vallende traan –
dis al.

(Let op die aksent op die eerste “e” van eensame, en die komma na balling. Ek sien die gedig op verskeie plekke op die internet sonder die punktuasie. Ek kry dit uit “Digters uit Suid-Afrika, Bloemlesing deur E.C. Pienaar”, 7de druk, 1934. My kopie van die boek is ongelukkig ‘n paar blaaie kort, ek sal nog julle hulp vra om sekere gedigte volledig te kry.)


Responses

  1. Ek is seker bietjie uit voeling uit, maar ek weet nie waaroor is ek die meeste verras nie. Dat die Landbouweekblad nog bestaan of dat Arende ‘n vervolgverhaal gaan word…

  2. …my pa het so skilderasie daarvan gehad in die gang en met die woorde en ek het altyd gedink dit is die osse aan toe ek klein was en ekt ook nie ‘n clue gehad wat ‘n balling is en waaroor die gedig gaan nie… dalk het my ma nog die skildery daar in die aftree oord, sal bietjie kyk en ‘n kiekie neem…

  3. Ai, tog, ek is sommer suur! Waar op aarde gaan ek nou die Landbou Weekblad in die hande kry? Ons biblioteek het ‘n hele reeks SA tydskrifte, maar nie die LBW nie! Ek vlieg oor 2 dae ‘n biejtie Kaap toe, en kan nie wag om die ‘blond en blou’ te sien nie. Wonder wanneer die Arende-reeks begin?

    Dis darem baie groen hier in NZ – en al is dit pragtig, verlang my hart nou in oortreffende trap na die kleure en geure van Afrika. Dis al.

  4. Ai, ek was ‘n slaafse Arende kyker. Ook verlede jaar toe dit her-uitgesaai is op Kyknet.

    Sal maar my pa se klaargeleesde LBWB loop steel om te sien wat aangaan.

    Tog jammer dat dit nie as ‘n opvolg TV reeks gedoen word nie. Een van my kosbaarste foto’s uit my jeug, is styf onder Sloet Steenkamp se blad terwyl hulle by Augrabies aan’t skiet was aan die Arende reeks.

  5. is die reeks dalk beskikbaar op DVD. my seun in Canada sal dit graag wil he.

    Baie dankie

  6. Ek sal nooit te veel van Arende kan kry nie, maar meer belangrik nooit te veel van Paul Venter se werk nie. Hoekom is dit so moeilik om in die hande te kry? Aanlyn in boekwinkels? Kan mens Arende an Konings en Een Skoenlapper iewers koop? Die SAUK behoort dit vry te stel; nie net vir ons generasie wat groot geword het met Sloet en trawante nie, maar ook omdat Paul C Venter erkenning EN finansiele vergoeding vir sy wonderlike werk moet kry!

  7. […] weer dink aan die gedig “Dis al” van Jan F.E. Cilliers, waaroor ek lank terug ‘n inskrywing gemaak […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: