Posted by: mykopop | Donderdag 12 Junie 2008

Voëls van vreemderse vere

Dis nou seker die vierde of vyfde keer dat ek dinge soos “gister” ens. in hierdie inskrywing moet aanpas. Ek bevind my in Nice in Frankryk, met net ‘n paar minute om dit te doen. Ons was ook al 2 dae in Renne, ek het ‘n baie besige skedule voor my tot einde volgende week, en daarna terug by die huis gaan dinge dalk nog erger lyk!

My “Vreemde Voël” vers het my op nuwe ongekende paaie gelei, lees aan! Alhoewel dit nie ‘n enorme hoeveelheid “hits” of kommentare getrek het nie wil ek tog dankie sê vir die mooi kommentare wat ek wel gekry het. Ek hou van die woord “vreemderse” wat in my gedagtes opgekom het, vreem (verskillend), maar tog ook eenders. Soos in die geval van die strekking van die vers: Mense lyk verskillend, het verskillende gedragspatrone, maar tog het ons almal ‘n behoefte aan beskutting, geborgenheid en veiligheid. Ek wonder net of die mense wat geweld pleeg teen andere dan nie self so ‘n behoefte in hulle hart voel nie?

Om een of ander rede het ek op ‘n stadium agterna gewonder: wie het nou al voorheen die twee woorde “Vreemde Voël” gebruik? Die natuurlike uitweg om die vraag te beantwoord is natuurlik Google. Dit het ‘n paar interessante resultate opgelewer.

Enetjie van Boerneef:

Ek het ‘n vreemde voël hoor fluit
in die matjiesgoed by Doringspruit
dis ‘n mooi lied
dis ‘n treurige lied
want die voël is alleen in die fluitjiesriet

‘n Rubriek uit Die Burger

OP MY SEEPKISSIE: Wanaangepas, op die verkeerde plek, uit pas

deur Gerrit Brand. Met ‘n politieke kleurtjie, en die woorde “Dié opvoeding het my reg deur my skooljare ’n vreemde voël gemaak“.

En die een wat my op nuwe paaie gelei het:

om en om met die kitaar
se wakkerlê
jou arms omhoog gekrom
die vlerke van ‘n vreemde voël
en in my arms dans jy

uit ‘n nogal sensuele gedig (so bly weg as jy nie kans sien nie!) van Louis Esterhuizen: Sigeuner. En toe het iemand vir my gesê Louis se vrou is Marlise Joubert, ook ‘n digter en ook ‘n skilder, en sy het ‘n webwerf http://ateljee.co.za. En ek wou onmiddelik een van haar waterverfskilderye hê, en Marietjie wou twee van haar skilderye hê. En in die week het ons dit per koerier laat aanstuur. Hier is wat ons gekry het:

orig masker

masker : die een wat ek vir myself gekies het

orig Gogo se bok

Gogo se bok : Marietjie se eerste keuse.

orig Egpaar met kat en duif

Egpaar met kat en duif

Ek het met Marlise oor die foon gepraat en sy wou eers met Louis beraadslaag of sy wel die skildery kon laat gaan. Sy sê sy het dit geskilder van ‘n foto van haarself en Louis wat deur Philip de Vos (hoop ek is reg!) geneem is en wat al in ‘n koerant verskyn het. Ons het toe liewer eers op Gogo se bok besluit, maar ‘n paar minute later het ons vir Marlise laat weet as die een nog beskikbaar is neem ons dit ook!

Ons het wel ‘n paar maande gelede (met Karin Hougaard se uitstalling) begin kyk vir kunswerke, maar hierdie is ons eerste aankoop. Maandagaand gekies en bestel, Dinsdagnamiddag versend, Woensdag ontvang en Donderdag ingegee om geraam te word.

En nou is ek ‘n voël van vreemde vere! Of op ‘n manier van eenderse vere as die mense hier in Europa!

En nou sommer so ‘n voël of twee hier uit ons geweste:

Janfiskaal

As ons reg in die boek gekyk het, is hierdie ‘n Janfiskaal.

En dan tweetjies van ‘n kereltjie wat ek sommer lus het om Kleinpiet te noem. In Philipslaan naby ons is daar ‘n lang park tussen die twee strate, kiewiete is lief om daar te broei

Kiewiet en kleintjie

Op 6 April

Kleinpiet

5 weke later op 11 Mei

Kleinpiet is ‘n moeilike kalant om te fotografeer, en sy ouers help hom daarmee. Ek sou graag elke week foto’s van hom wou neem maar het nie altyd tyd gekry nie en na 11 Mei rond het hulle net verdwyn. Ek hoop hy het oorleef om die storie te kan vertel!


Responses

  1. Ek het noudie dag vir Skoorlief ‘n waterverf van haar gekoop by ‘n kunsuitstalling.

    Gelukkig bly sy om die draai as ons nog soek.

  2. Dink ek nou aan daai Vodacom advertensie van Nice en nice…

    Jy moes nou tussen die rich en famous MyKop?

  3. Jinne, maar dis 2 talentvolle mense dié Louis en Marlise! Pragtige kunswerke van Marlise!

    Sterkte met jou besige skedule daar!

  4. Ek het net by myself begin wonder waar in die wereld is Kop deesdae dat hy so min blog? Nou weet ek. Nice…magies. Geniet dit sommer maar vir my onthalwe ook! 8)

  5. Uiteindelik sien ek hulle nou! baie mooi!

  6. Ag geniet jouself gate uit. Dis lieflike kunswerke daardie…

  7. Geniet Frankryk ek wens ek was jy.

    Dit is inderdaad interessant hoe die paaie van die voels dan ook gekruis het…die wereld is ‘n groot-klein plek.

  8. Hallo julle almal! Ons was in Sint Niklaas in België en het darem bietjie kans gekry vir rondkyk in Gent. Op die oomblik is ons in Bratislava, die pragtig hier. Ek neem honderde foto’s en sal probeer om na die reis van die bestes op Flickr of elders te sit. Môre het ons nie ‘n baie besige skedule nie, ‘n vinniger vergadering en dan vertrek om ons vlug in Wenen te haal na Brescia in Italië – dis die laaste stop.

    Ek weet dit klink idilies, maar enigeen wat die vergaderings en elke keer se deur die sekuriteit gaan in lughawens kan enige tyd by my oorneem! Ons het nou al 6 vlugte agter die rug en 3 lê nog voor.

  9. Geniet dit!

  10. hm kleinpiet is allerpragtig
    hm lyk my jy hou van vo♪ls chris
    ag wat op ‘n manier is almam;l mar anners. mense meen ek
    xxxxxx🙂🙂😉

  11. […] het ‘n oulike gediggie gekry van Marlise Joubert met hierdie woorde […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: