Posted by: mykopop | Maandag 26 Mei 2008

Vreemde voël

Die hemel tuimel
die blou lug en die wolke swaai en draai
ek val
asemloos
sinneloos
leweloos

Ek het van ver gevlug
van haat, pyn en verminking
ek, banneling
Hier by jou het dit veilig gelyk
Ek het sagte musiek hoor fluister
deur jou vensters
Ek dog in jou groen agterplaas
kan Bach se skape veilig wei
Ja, ek is anders
met my skril kras stem
my swarter vere
my parmantige wipspring stappie

My vrou krys en sy skel jou
skel jou
skel jou
en sy skel my:
“Staan op, staan op!”
maar die plof van jou projektiel
weergalm nou sagter
en dowwer ook die pyn
en ek verdwyn
ek, vreemde voël

© 2008 Chris van der Westhuizen

Hier is ‘n pragtige opname van “Sheep may safely graze” van J.S. Bach, gesing deur The EHS Woman’s Choir, jy kan dit aflaai, of luister:

miner


Responses

  1. Hulle is blykbaar slim voëltjies, mens kan hulle mak maak en dan kan hulle selfs leer praat… soos papegaaitjies. Dis wat ek gehoor het, maar ek weet nie of dit waar is nie.
    ‘n Hartseer affêre en ‘n touching gedig.
    Groete
    Annie.

  2. Hulle maak nice pets Annie, maar dan moet jy die outjie jonk kry.
    Baie nice gedig!

  3. Annora, mens kan hulle defnitief leer praat, maar as tuinvoëls maak hulle darem vreeslik geraas.

    Ek hou van die gedig Mykop.

  4. Hartseer, maar baie mooi gedig!! Die voëltjies vlieg hulle self gereeld disnis in my sitkamer se vensters vas. Ek het eendag een ge”rescue” en hom op die tuinmuur in die sonnetjie gaan sit. Later toe ek weer kyk, was hy weg. Hopelik het hy oorleef!

  5. Mooi woordkuns…dankie! Dit ontwasem so bietjie my eie oe, so aan die einde van ‘n lang dag.

    NS: Ek haat Indian Myna’s!

  6. Baie mooi gedig. Hierdie deel

    “Ek het van ver gevlug
    van haat, pyn en verminking
    ek, banneling
    Hier by jou het dit veilig gelyk” laat my so bietjie dink aan die huidige aanvalle in ons land.

  7. Dit is so ‘n mooi gedig en so aktueel….

  8. Baie mooi! Ek het self hierdie musiek verlede jaar geblog…maar ‘n ander weergawe…was nie die koor nie…ek moet net bietjie gaan rondkrap op my blog…ek’s a groot liefhebber van sy musiek..dankie!

  9. Goeie speel op xenofobie.

  10. Ek het vir jare gesukkel om aan te pas in SA nadat ons van die destydse Rhodesia ge-immigreer het. Tog later eengeword met die kultuur, en die taal. Nou woon ek en my man in Nieu Zeeland. Hierdie gedig het my diep geraak. Ek weet te goed hoe dit voel om die ‘vreemde voel’ te wees. Hoe angswekkend moet dit nie nou vir my minder bevooregte landsgenote wees nie! My hart bloei vir Afrika.

  11. Dit bly maar een hartseer affêring, want hierdie voëltjies, is eintlik so gregarious…. lief virrie lewe, vir anner voeltjies vrolik vol vrede en vriendelikheid, lief om als te geniet en dan flip! Skiet iemand sommer enetjie dood!!! Hemel hoekom. Wat het die arme hoppertjie op die groen gras nou gedoen om dit te verdien uit een trigger happy manlike hand!

  12. http://www.millionmanmarch.co.za/

    Plaas jou vote hier…as jy nog nie het nie…march against crime…in SA

  13. is n ostrich a bird or a chicken?

  14. hmmmm….. Mooi gedig.
    Was dit ‘n kettie??

  15. […] van Bach se skaapkoraal praat – darem ook ‘n raakpuntjie met myself t.o.v. my eie vers Vreemde Voël waarin ek van Bach se skape geskryf het!  Verder in die tema van musiek is daar darem nog Vrou […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: