Posted by: mykopop | Maandag 19 Mei 2008

Don Pasquale in Pretoria

Ons het gisternamiddag die opera gaan kyk en dit baie geniet. Daar is nog een kans om dit volgende Sondag te sien. Kaartjies wissel van R130 tot R150 met afslag vir studente en pensioenarisse. Ons het dit by Unisa gesien, maar volgende Sondag is dit in die Musaion by Tukkies. Meer inligting by Salon Musiek. Bespreking by tel. 012 346 3474.

Die opera van Donizetti is nie ‘n “groot” opera soos bv. die van Verdi nie. Dis ‘n komiese opera met net vier hoofspelers en ses ekstras. Die agtergrondmusiek word verskaf deur ‘n ensemble van Salon Musiek. As jy nog nooit voorheen ‘n opera bygewoon het nie, moet nou nie bekommer oor dit in Italiaans is nie, die woorde word met ‘n projektor in Engels vertoon, so as jy net so effens oor die storie oplees volg jy dit maklik. Baie word ook deur lyf- en gebaretaal gesê, bv. ‘n man wat by ‘n tafel sit met ‘n klomp rekeninge van sy vrou – daarvoor het jy geen taal nodig om dit te verstaan nie!

Die opera staan onder direksie van Jannie Moolman. Hy het dit effens aangepas sodat dit afspeel in die Cornelia-distrik in die Vrystaat.

Die hoofkarakter is ‘n ryk boer en kunsversamelaar, Don Pasquale, wat besluit om sy enigste erfgenaam, sy nefie Ernesto te onteien, omdat hy die huwelik wat hy vir hom gereël het geweier het. Dr. Malatesta stel dan voor dat hy wraak neem en self trou om ‘n erfgenaam te hê. Die ou man stem in, en dan raak dinge lelik vir hom…

DSCF2475

Daniël Verster in die hoofrol, met Douwe Bijkersma as Dr. Malatesta in die voorgrond.

DSCF2508

Megan Kahts as Norina. Sy het reeds op skool 2 CD’s uitgegee. As ek reg onthou het sy in daardie tyd op Noot vir Noot opgetree. Sy is tans ‘n 2de jaar B.Mus-student by Tukkies. Regs agter is Engeli Le Roux op Klavier

DSCF2481

In die middel, Righard Linde as Ernesto. Agter hom kan Annake de Villiers op viool en Wessel Beukes op tjello gesien word.

DSCF2504

Aksie!

Ek hoop ek oortuig minstens een persoon om dit te gaan bywoon!


Responses

  1. Jy maak mens baie gretig om hierdie opera te gaan kyk.

  2. Pragtige foto’s! Klink of jy dit regtig geniet het… baie dankie! dat jy ons so “verryk”…

  3. Liewe Chris
    Ons het die volledige stel plate gekoop destyds toe ons die volledige opera met Pro Musica gedoen het. Ek dink die verkorte weergawe met Engelse subtitels wat Jan Vogel en Salon Musiek nou al ‘n paar jare doen, is wonderlik en kan net genotvol wees.
    Ons het seker nog die plate, sla my man vra of ek dit lkan luister. Hy weet hoe om nog die platespeler aan die gang te kry en bêre die naalde mooi.
    As ek reg onthou was dit baie mooi musiek.
    Bly jy het dit geniet Kop!!
    Groete,
    Annora

  4. Hel, ek sal mal wees daaroor om meer sulke goed te kan kyk. Maar helaas, ek moet maar tevrede wees met die occasional balletgeselskap wat Bloem toe kom om in die Sand du Plessis-teater op te tre of uitvoerings by die Odeion op Kovsie-kampus vir behoorlike kultuur. Ek is jaloers!!

  5. Ek is gek na opera, ballet en simfonie. Die kaartjies is nie duur vir die plesier wat jy kry nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: