Posted by: mykopop | Donderdag 15 Mei 2008

Nuwe Klankspeelgoed

Soos die meeste van julle al weet, ek probeer so nou en dan om of ‘n liedjie te skryf, of ‘n bestaande gedig in ‘n liedjie te omskep. Ongelukkig – alhoewel ek heelwat musiekteorie verstaan – kan ek nie dit wat ek in my kop hoor in musieknotasie omsit nie. En ‘n deuntjie verdwyn so vinnig as wat dit verskyn het. Dus is daar vir my net een manier, as ‘n idee kom, moet ek dit so vinnig as moontlik opneem, al is dit net ‘n stukkie, dan is die idee nie verlore nie en kan ek werk aan die res. Ek het ‘n redelike mikrofoon wat ek seker in 1978 gekoop het. Vroeër jare het ek ‘n hoëtrou banddek gebruik om op kasset op te neem, maar die werk al jare nie meer behoorlik nie, ek het hom ook later as ‘n voorversterker gebruik om met die rekenaar op te neem.

Toe ek nou onlangs die skootrekenaartjie aanskaf het ek gedink dis nou ook tyd om aan te beweeg met die klanktoerusting. Ek het nie eintlik navorsing gedoen nie, ek het eenvoudig na die grootste musiekwinkel gegaan waarvan ek kon uitvind: Music Connection in Jan Smutslaan in Craighall Park. Dit was nogal ‘n belewenis, hulle het hulle eie gebou – drie vloere gevul met musiektoerusting en instrumente. Ek het net eenvoudig vir hulle verduidelik ek wil graag my stem en ‘n kitaar opneem met my skootrekenaar, en hier is wat ek gekry het:

Lexicon Lambda

Die Lexicon Lambda Studio is basies ‘n voorversterker en menger met twee insette. Dit koppel op USB aan die rekenaar en verskaf 24-bis klankgehalte.

Dit het agter twee XLR mikrofooninsette. Daar is ook “line-in” insette agter en voor ‘n “instrument” inset, wat die gewone “kitaar” proppe gebruik. Watter ookal jy gebruik – daar is het net 2 kanale.

Dit beskik ook oor MIDI in en uit – wat ek nog nie probeer het nie.

Van die rekenaar af lyk dit eintlik soos ‘n tweede klankkaart, jy moet dus in programme gaan spesifiseer watter klankkaart jy bv. as uitset wil gebruik of om mee op te neem.

Dit ook ook met die sagteware Cubase LE4 van Steinberg wat ek dink taamlik professioneel is, maar op die oomblik nog te gevorderd vir my. Ek het egter gevind dat ek alles wat ek wil doen, kan doen met Audacity wat gratis is. (Audacity hanteer net nie MIDI nie.)

Die enigste probleem met die stelseltjie is dat dit met USB-krag werk, dus kan jy dit nie net as inset vir iets anders gebruik sonder om ‘n rekenaar byderhand te hê nie. Ek ondervind ook as ek dit pas aanskakel kry ek ‘n verskriklike brom van die mikrofoon af, dit lyk amper asof dit stil word as ek albei my hande op die mikrofoon sit – ek weet nie mooi wanneer nie, maar dit word wel elke keer doodstil Ek vermoed daar is kapasitors wat eers moet laai en dit vat tyd omdat ‘n USB-poort nie baie stroom kan lewer nie.

Meer inligting by http://www.lexiconpro.com

Samson CO1 Studio Condensor Mic c01

(Large Diaphragm Condenser Microphone)

Goed, hy leen homself nie daartoe om in die hand gehou te word nie – dis ‘n ateljeemikrofoon bedoel vas gemonteer te wees, vir stem of akoestiese instrumente.

Meer inligting by http://www.samsontech.com

Ek sien hulle maak ook nou ‘n C01U mikrofoon wat direk by ‘n USB-poort inprop.

Daar is ook ‘n opsionele “shock mount” beskikbaar vir die C01. Ek glo darem nie dit sal nodig wees nie!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het darem agtergekom my ou mikrofoon werk ook as ek hom by die “Instrument” inset inprop, alhoewel ek die volume op daardie kanaal dan vol moet oopdraai.

Met Audacity kan jy ‘n nuwe kanaal opneem terwyl jy na bestaande kanale luister, jy moet dit net iewers in “Preferences” gaan aanskakel. Dit beteken jy kan bv. die sang en kitaar met twee mikrofone opneem, maar die twee kanale sal natuurlik bietjie van mekaar se klank bevat. Dan kan jy bv. weer saam sing en ‘n skoon opname van die sang kry. Dan weer kanale opneem om instrumente by te sit. As jy dit mooi bêre kan iemand dalk oor 100 jaar maklik nuwe instrumente by jou stem sit!

Die Lexicon Lambda was op die rak vir R2250, maar aangesien ek die mikrofoon bygekoop het (vir R800) het hulle hom vir my gegee vir R1900, saam met 2 staanders kos my ateljeetjie my nou so R3200. Laat waai, vertel my waar ek dit goedkoper of beter kon kry!

Ek sal kyk of ek binnekort ietsie kan fabriseer dat julle kan hoor.

Die “Samson” fabrikaat laat my nou dink aan die liedjie “Samson and Delilah” waaroor ek gek is, van die groepie “Middle of the Road” oor wie ek gek is. Hier is die YouTube Video.


Responses

  1. Geniet jou nuwe aankope! 😉

  2. Samson klink na ‘n sinspeling op Samsung?

  3. Hoop jy gaan lekker speel met al jou klanktoerusting!! Ons kyk uit vir jou fabrikasies!

  4. great stuff! ek sien uit na ‘n eerste produksie.

  5. (BiB – Dis toeval. Samson is ook Amerika se grootste verskaffer van Zoom pedals. Ek mis my Zoom…)

  6. Lyk indrukwekkend..geniet dit!

  7. En dit klink ook mooi! Hm ek het ook iets, hemel weet wat. Ek sal moet gan kyk, Yamaha en so. My man doen al die dinge vir my. Eks be☺ndruk met jou taalgebruik. RSG sal ook wees!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: