Posted by: mykopop | Maandag 12 Mei 2008

Begrafnis van Douwe en Hettie Bijkersma

Baie dankie weereens aan almal van julle vir die boodskappies. Natuurlik was ons almal baie hartseer vandag.
Ds. Piet Fanoy van die Gereformeerde gemeente Ontdekkers het ‘n mooi boodskap gebring van nie wraak wil neem nie, maar oor vrede, hy het uit die Bybel gelees van Stefanus wat gestenig is, maar nogtans gebid het vir hulle wat besig was om hom dood te maak. Hy het gesê dat volgens Handelinge 7:56 Stefanus al reeds vir Jesus sien staan het om hom te verwelkom, en hy glo dit was dieselfde vir hulle wat vermoor is.

Die Randburg Mannekoor het gesing “Heilig Heilig Heilig”, Douwe jr. het gesing “You’ll Never Walk Alone” en Minx Millar het Ave Maria (Schubert) op viool gespeel.

Hettie se broer en Douwe se suster het huldeblyke gelewer, een van hulle (of dit kon ook die dominee gewees het), het gesê dis soos ‘n afloswedloop, Douwe en Hettie het nou die stokkies aan die vier kinders oorhandig. Dit was vir my ‘n mooi gedagte.

Anneke het die aan die einde van die diens die bedankings gedoen, dit was vir my ongelooflik die kalmte waarmee sy dit gedoen het, ek hoop dat al vier van hulle met hierdie kalmte in hulle harte hulle lewens kan voortsit.


Responses

  1. BAIE STERKTE weereens…ook aan die familie!

  2. Om albei jou ouers meteens te verloor moet baie erg wees. My ondervinding van verlies is, is dat wanneer mense vir jou in gebed intree by God,jy daardie ongelooflike kalmte ervaar waarvan jy praat. En ek’s bly dat jy dit met ons gedeel het, want mense het mekaar nodig. Saam kan ons mekaar bemoedig en versterk…

  3. dis so onnodig

  4. Hartseer en ek stem saam skoor so onnodig!

  5. Baie sterkte voorentoe. Weet net dat onse Heer met julle is.

  6. Dit is baie gvoelvol en my gedagtes is by julle MKO
    Wat my hartseer maak is dat Stefanus ‘n Martyhr vir sy geloof was. Ons is nie veronderstel om in moderne SA vir geloof te sterf nie. Dit is die onnodigheid daarvan. Maar mag hulle in hulle saligheid iets beeld wat die regering sal laat besef dat daar verantwoording te doen is vir diegene wat op so barbaarse manier moes omkom en dat hulle die nodige stappe sal neem om die land vir almal ‘n veiliger plek te maak.

  7. (((((Mykop)))))

  8. Ja, ek hoop werklik die regering wil net sien wat aangaan. Dit is so tragies en ek weet nie hoe leef mense deur die dinge nie. Mens wonder werklik waar gaan dit als eindig en waarom dit gebeur in hierdie pragtige groot wye land van ons. Dit kan so anders wees.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: