Posted by: mykopop | Maandag 28 April 2008

Draaitafel Droefheid (3) – Met USB!

ionttusb05 turntable

Ek was op Sourceforge.net besig om te soek na ‘n E-boek-leser. Kan iemand my help? Ek laai partykeer boeke in teks- of html-formaat van Gutenberg.org af. Met die skootrekenaartjie sal daar nou meer van die lees daarvan tereg kom. Die program moet outomaties vir my onthou waar ek was met elke boek. Ekskuus dis nou heel van die punt af. Gewoonlik steur ek my nie veel aan advertensies bo aan ‘n webblad nie, maar hierdie ThinkGeek advertensie vir die Ion USB Turntable het onmiddelik my aandag getrek.

Dit is nou nie so moeilik om ‘n bestaande draaitafel aan jou rekenaar te koppel nie, lees maar weer my eerste inskrywing as dit nog steeds is wat jy wil doen. Jy is welkom om my te e-pos ook as jy vashaak. (kliek vashaak…kliek vashaak…) Die grootste probleem is dat die uitsetsein van ‘n gewone draaitafel eerstens baie klein is en tweedens volgens die RIAA-kurwe opgeneem is. Om albei redes het jy ‘n voorversterker nodig, wat gewoonlik in ouer klankversterkers ingebou is. By nuwer versterkers ontbreek dit dikwels.

Volgens die advertensie kom dit met Audacity, die gratis program waaroor ek ook geskryf het. Miskien sou mens professionele sagteware verwag het, maar Audacity is baie goed, so hoekom die wiel herontwerp?

Hier is ‘n paar voordele van die Ion USB Turntable:

  • Koppel direk aan USB, “Plug-and-play” op Windows en Mac OS X.
  • Het ook RCA uitsette wat by nuwer versterkers sonder “phono” insette kan inprop.
  • Volgens hulle kan Audacity teen ‘n hoër spoed opneem en dan stoor teen gewone spoed. Ek dink dit beteken dat jy ‘n 33 plaat teen 45 kan speel en opneem om tyd te spaar. Ek is nie so seker wat dit aan die dinamika van die terugspeel van ‘n plaat gaan doen nie, maar as jy nie ‘n puris is nie is dit seker ‘n opsie. Ek sal graag hoor wat oudio-eksperts hiervan dink. (Wel as dit is soos ek dit verstaan, is dit eintlik ‘n voordeel van Audacity, nie van die Ion nie.)

Daar is net twee haakplekkies. Die Ion word geadverteer teen $99.99. Dit vergelyk egter gunstig met die prys van gewone draaitafels, en as tyd vir jou geld is en jy’s nie lus vir sukkel nie, dalk net die oplossing as jy nog plate het wat jy wil digitaliseer. Dan sê hulle ongelukkig ook dit kan nie buite die VSA verskeep word nie. Ek hoop dit word in die winkels ook beskikbaar.

ThinkGeek! This is a free advertisement for you. How about sending me a free Ion Turntable?

ThinkGeek


Responses

  1. MyKopOp,
    Kyk bietjie hierna. Weet nie of dit heeltemaal is waarna jy soek nie maar dit is ‘n begin😉
    http://www.spacejock.com/yBook_Download.html

  2. Mykopop, loer in jou akismet. Het vir jou ‘n skakel gelos vir ‘n e-book leser…

  3. Jy kan ook “Adobe Digital Editions” e-book reader probeer. Dit is gratis en kan hier afgelaai word en is by verre die mees omvattende leser waarvan ek weet. (haal net die spasies tussen die punte uit….)🙂

    http://www. adobe. com/products/digitaleditions/

  4. 481661d1f1…

    481661d1f1…

  5. Ek hoop jou probleem is al opgelos! Ek het ook al gesien Adobe het so iets…sterkte!

  6. hi daar kop op jou blokkie

    ek weet nou nie waarvan jy als praat nie, dalk sal ek eendag, ek toets sommer hier die blog dingetjie biki uit.

    greetz tot weerskryfs

    an


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: