Posted by: mykopop | Saterdag 26 April 2008

Prof. Tertius sê…

Die van julle wat nou al lankal hier by my lees, sal nou al weet ek luister elke Saterdagoggend om kwart voor sewe op RSG na Prof. Tertius Harmse van UJ se omgewingspraatjie. Ek luister graag daarna, eerstens omdat die omgewing my na aan die hart lê, en tweedens en derdens omdat ek in elk geval dan wakker is en Prof. Tertius se lekker manier van aanbied.

Vandag het Prof. Tertius en Derrich Gardner het oor twee interessante onderwerpe gesels. Eerstens het Prof. Tertius genoem dat hulle nou in Australië tegnologie soortgelyk aan Sasol het, maar met die verskil dat hulle die steenkool sommer onder in die myn in brandstof omskakel – soos hy dit gestel het – ‘n monster wat steenkool vreet en petrol piepie!

aanbieder derrich gardnerDerrich Gardner van RSG. Ongelukkig kry ek geen foto van Prof. Tertius op die internet nie. Ek het vir hom e-pos gestuur en gevra.

 

Derrich het toe genoem dat toe hulle die Sydney Operahuis gebou het, hulle die grond wat uitgegrawe is vir hulle trein, soortgelyk aan ons Gautrein, gebruik het vir opvulling. Hy wou toe van Prof. Tertius weet wat word van die Gautrein se grond. So ‘n uur later het Derrich aangekondig dat iemand vir hom gesê het hulle balanseer uitgrawings met opvullings en gebruik dus al die grond self.

Dankie weereens aan Prof. Tertius, en ook aan Derrich, vir die interessante program. Kom ons doen almal ons deel vir die omgewing!


Responses

  1. Mykopop, ek stem saam, ons moet ons wonderlike planeet bewaar!

  2. Kan iemand my asb. help om prof. Tertius Harmse se epsobesenderhede te kry. Ek het dit gehad, maar het dit per abuis verloor. Dankie, Eugene Bezuidenhout, 083-287-2804, of eugene@absolutelywater.co.za


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: