Posted by: mykopop | Maandag 14 April 2008

‘n Westransvaalse doek

Die vlaktes wyd
die blou lug volop
en wolke uitgehang in kleure
vaalblou
potblou
dofgrys
pikswart
oranjerooi
en spierwit
‘n swartkraai aai-aai van die pad af
op die telefoonpale op
graansilos
bloekombome
doem uit die verte op
Miljoene stippels pers en wit
kosmosse langs die pad se kant
die beeste is net blertse
die skapies klein verfspatseltjies
op ‘n wye graslanddoek
vanaand aanbid ek soos elke aand
die grond waarop ek vandag geloop het

© 2008 Chris van der Westhuizen

kosmoskinders

Twee kinders,10,11 jaar gelede.

Erkennings:

  1. Neil Diamond: “And the clouds were hung, for the poets eye…”
  2. K. Rossouw, R. Wicomb: “Kosmosblomme, ek draai hulle om en om en om…”

Responses

  1. Pragtig!! Ek kan sommer die prentjie in my geestesoog sien wat jy met jou woorde skilder…

  2. pragtig….en amen!

  3. Pragtig!!!!

  4. I like!🙂

  5. Ek hoor nog al die geluide ook van wind wat waai deur die gras en bome, baie mooi! Ek is mal vir kosmosblomme! My man moet gedurig stop en afpluk!🙂

  6. klinkklaar. Dis regtig mooi.

  7. Dankie julle almal vir die vriendelike kommentare, mens sal nou nie ‘n Herzogprys daarmee wen nie. Ek het lekker sit en kyk op die pad Saterdag en gedink ek het wil julle darem vertel, en die laaste twee reëltjies het sommer net skielik van iewers af gekom!

  8. Jy mag maar. Baie mooi woorde Blokkie.

  9. Mooi!!

  10. http://biegblok.wordpress.com/

  11. Hmm mooi mooi pragtig!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: