Posted by: mykopop | Donderdag 10 April 2008

Opwenkrag (3)

potjie

Beurtkrag kan ook partykeer lekker wees! Op die oomblik is die skedules darem beskikbaar en lyk my redelik akkuraat. Moenie my vra waar kry jy hulle nie, my huismense kry dit iewers. Toe ek Sondag hoor ons gaan Maandagaand van 6 tot 10 weer ‘n beurt kry om kragteloos te wees, het ek sommer daar en dan besluit ons maak potjie.

Julle onthou seker nog my twee inskrywings ‘n Groot Boom Val Neer? Die meeste van daardie hout het ek gehou om as energie te gebruik, dit ontsier my erf op die oomblik. In ‘n ander hoek lê droë takkie van so 40 tot 70 mm deursnee van ‘n nog ouer generasie. En ek het onlangs vir my ‘n lekker groot byl gekoop. Die byl is eintlik gekoop omdat daardie groot boom wat neergeval het net nog steeds nie die gees wil gee nie. Ek spuit round-up op die nuwe blare wat uitkom, maar dit het hierdie jaar so baie gereën, dit reën gewoonlik af binne ‘n dag. Ek sal hom wys!

Kort na werk het ek ‘n klomp van die takke opgekap met daardie groot byl en die vuurtjie aan die gang gekry. Skaapskenkel. Ek braai maar eers die uie bietjie en gooi dan die vleis in en braai hulle ook so bietjie buite-om. Ek weet nie of dit ‘n verskil maak as jy dit in elk geval gaan kook nie. Na so anderhalf uur het ons die groente bygegooi. Jammer die foto het nie so mooi gekom nie. Dis oor die buitelig nie wou brand nie!

So kan mens seker maar die beste van enige omstandighede maak. Soos ek sê, dis eintlik lekker, ons brand olielampe en kerse soos in my kinderdae. Tog is mens diep in jou hart bietjie bekommerd. Ek is nie altyd so op hoogte met die nuus nie, so ek weet nie mooi wat is die redes vir die verhoging van die steenkoolprys waarvoor Eskom die skuld gee nie. Ek weet net alles se pryse gaan opgaan, want intussen is dieselfde ding besig om met petrol te gebeur. Die van ons wat binne die volgende dekade ons huidige werk wil vaarwel toeroep om iets rustiger te gaan doen, omdat ons gedink het ons het darem ietsie opgebou en ons sal oraait wees, moet nou skielik wonder of ons oraait sal wees.

lantern

Net om die donker bietjie te verdryf het ek vir my hierdie lanterntjie gekry wat met vier penflitsbatterytjies werk. Hy het 8 LED’s (ja, ja, ek weet LUD’s in suiwer Afrikaans) waarvan jy of 4 of al 8 kan aanskakel. Hy maak nou nie eintlik soveel lig dat jy by hom kan lees nie, maar verlig darem ‘n vertrek so ‘n bietjie. Ek het hom al twee aande gebruik vir ‘n uur of twee op ‘n keer met ie gewone batterytjies wat ingesluit was. Ek moet nog meer herlaaibares koop.

Jammer dat ek bietjie skaars was met die skrywery, maar ek is nog steeds besig met die bouery en daar’s dinge wat my ophou daarmee – kom ons gee beurtkrag die skuld! Wat anders?


Responses

  1. Dankie! Ek soek oral lampies, weet net nie waar om gaslampies en goetertjies te kry nie. Ek geniet die af krag, maar ek dink die pebblebed is die oplossing miskien, en shoe ingenieurs is skaarser as skaars. Wonner nogal hoekom.
    Tata ou dierbare kop op ‘n blok.

  2. Jy moet by Makro kyk Annora, al baklei ek so baie met hulle kry ek tog heelwat goedjies daar. Kyk by die kampering en by die elektriese ligte.

  3. yummy…stuur vir my ‘n bord aan van daardie potjie… sterkte daar met hierdie beurtkrag-storie!

  4. Njammies!! Stuur vir my ook bietjie potjie… as daar nog oor is!! Ek het ‘n rooster vir April in ons plaaslike koerant gekry maar ons was weke laas sonder krag. Ek steur my nie eers meer daaraan nie en gaan voort soos normaal. Was net nie beindruk toe ek gisteraand wou stort en die water koud was a.g.v. die rimpelbeheerstelsel nie!

  5. Oe , ek kan nie ek kry angsaanvalle in Makro en ook in Builders Warehouse.

    My man het gesê ek moet nie verder worral , hy sal die lampe koop as hy terug is van PE af. Hy het al 2 gekoop wat recharge en hy onthou om dit te recharge die volgende dag.

    Ons het altyd op Glenmore vakansie gehou toe ek ‘n kind was. Dit is aan die Suidkus van Kwazulu Natal in ‘n ou groot krok huis met stokou reuse meubels met stoep en lieflike uitsig oor die Indiese (?) oseaan.. Wel, daar was nie krag nie en ek het nou nog foto’s waar ons 5 kinders en maatjies en ma en pa met kerse in blakers sit en lees. My broer en sy pel het hele waskastele gebou.

    Hm mmm dit was te lekker altyd, watersakk, gasstoof . nee wag! dit was ‘n koolstoof, so donker agter kombuis met miljoene piesang in ‘n boks en ‘n groen mamab wat uit die frangipani boom hang.

    o flip ek dink ek moet stop.

    sorrie.

    x
    oukyie
    regtig jamer

  6. o flip askies, ek het nou net na die snit van Ka Hougaard geluiste nous ek heeltemal omgekap en besig om uit te hak

    ek het bedoel: pieasngs

    en ‘n mamanba
    MAMBA

    hemel ek dink ek gan die rekenar nou afsit

  7. hier kom in elk geval weerlig

    of is dit nou donderweer

    shoe……. maar sy sing nog mooier as edith piaf
    hmmm xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

  8. Sterkte met die beurtkrag en geniet die romantiese potjie-kuiers…

  9. Ek moet lag vir die ironie in jou laaste kiekie. Die CD’s agter die liggie… Hoop jou CD speler werk met batterye.😉

  10. Dis waar Roer, hy werk nie! Maar met die nuwe laptoppie het ek maar gou gesorg om genoeg mp3’s op hom beskikbaar te hê en dit help baie, al moet ek met oorfone luister. Ek wil nog dalk kyk of ek nie ‘n ou stelletjie rekenaarluidsprekers kan verander om op ‘n 12V alarmbattery te werk nie.

  11. Van ons probeer so hard om krag te spaar, ander mors dit weer, ons het feitlik al my dammetjies al afgesit, onnodige goed is af en gebère, maar tog is daar mense, winkels en geboue wat dag en nag ligte laat aanstaan, ek weet ons gebou sit glo in die aande 8h00 alle ligte af, behalwe die noodligte! Dit is so klein begin, maar wat van mense wat se buite ligte helder oordag aanstaan?

  12. Ja , dit is so. Mens besef eers om krag te waardeer as dit nie meer daar is nie. Kosbaar, so almal moet bespaar waar mens kan.
    Groete
    Annie

  13. Kop, in sake jou groot boom. Gooi diesel op die stomp. Boor ‘n lekker groot gat aan die bokant of skuins aan die kant sodat die diesel kan intrek. ‘n Liter diesel (ja, ja ek weet dit kos ook al ‘n fortuin deesdae) is dikwels genoeg om ‘n GROOT stomp dood te maak. Round-up is te duur.

    Iemand het gepraat van Lampies. In Pretoria is Builders Warehouse in Montana ‘n goeie keuse vir gas en LED lampies. As jy regte parafien lampies soek is Sjinese Winkeltjies en Indiër winkeltjies die aangewese plek. Ek praat nou van plekke soos Makulo Hopaan in Prinsloo str of Jalapor en Solomons in Pretoria Noord. Ek is mal oor die brand van die parafien lampies maar ek gooi die geel citronella olie in wat mens by PnP koop want dit het ‘n lekker suurlemoen reuk en verdryf sommer die muskiete ook nog. Verder het ek by ‘n Swopo Shop ‘n lampie gekry wat soos Aladdin s’n lyk met ‘n tuit waar die vlammetjie brand. Heerlik, sag en selfs romanties. Vuur het nog altyd vir my bekoring ingehou.

  14. @Brullende Leeu: Dankie vir jou kommentaar. Ek is net bly om te sien Makulu Hopaan bestaan nog. Ek was in Des. 1983 toe ons seun ‘n maand-oue baba was in Kimberley vir ‘n kursus. Ek koop toe daar ‘n knipmes, net so ‘n bruinetjie daar staan Solingen op die lem. Hy het egter redelik slapnek geraak en die lem weggeslyp. Toe kom ons in 1994 in Pretoria vir my gradeplegtigheid by Unisa en ek kry net so een by Makulo Hopaan. Ek dink die vorige een was dalk ‘n namaaksel maar die nuwe een het ek vir jare by my gedra met min slytasie, maar ek het hom seker nou se 2 – 3 jaar gelede verloor. Ongelukkig kom ek baie min in Pretoria, maar ek sal moet ‘n plan maak. Daar was ook nog sulke groot Primus-stowe wat ek nog nooit gesien het nie, ek dink destyds al so R300-R350.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: