Posted by: mykopop | Donderdag 3 April 2008

Van krag tot KRAG

Van hier…

Spectravideo SVi328

Foto:http://www.homecomputer.be

Tot hier…AmiloPi2516

Foto: http://img.xcomputer.cz/

Heel bo is ‘n foto van my eerste rekenaar, nie my eie foto nie – hy is hier iewers in die kaste maar ek kon hom nie opspoor nie. Op die ander foto, my nuwe een wat ek ‘n week gelede gekry het. Die eerste een: ‘n 8-bis verwerker wat teen 3.6 megahertz loop, met 64k (kilobytes ja!) geheue. Die nuwe een: ‘n 64-bis verwerker (eintlik twee van hulle) wat teen 1.5 gigahertz loop, met 2 gigabytes geheue. ‘n Verbetering van omtrent 416 keer die verwerkerspoed (afgesien van die 8-bis na 64-bis verbetering) en die geheue het met ongeveer 31250 keer toegeneem.

Al lank al wens ek om ook ‘n skootrekenaar te hê, een keer het ek al een gehad wat ek by ‘n vriend gekry het, ‘n 386 waarvan die skerm nie gewerk het nie, maar ek het dit met ‘n laplink kabel gebruik net om lêers te kopieer. Nou is daar so ‘n meevallertjie op pad na my toe, en ek het besluit ek sal maar solank my kredietfasiliteite gebruik voordat die Rand/Dollar nou heeltemal weghardloop – wat ons is mos vandag en môre almal saam!

Graag wil ek julle bietjie vertel van my wedervaringe met die aankoop van die toestel. Ek het eers gekyk na Acer, HP was nie eintlik in oorweging nie, omdat hulle my al ‘n paar keer viesgemaak het. Ek het geweet Makro hou Fujitsu-Siemens aan, maar omdat ek ‘n 17’ Fujitsu-Siemens CRT skerm het wat nie so lekker is nie en ‘n vriend ‘n Fujitsu-Siemens skootrekenaar wat ook eenkeer moeilikheid gegee het, wou ek dit nie eintlik oorweeg nie. Een van die dinge wat ek egter graag wou hê was die Intel Core 2 Duo verwerker. Ek kom toe agter die Fujitsu-Siemens met die Core 2 Duo is so R2000 goedkoper as ‘n Acer, dan het hy ‘n groter hardeskyf en meer geheue. Ook het ‘n ander kollega onlangs een gekoop en is heel tevrede.

So gee ek toe tóé aan die versoeking, gaan Dinsdagnamidag Makro toe, betaal R7999 en kry:

Fujitsu-Siemens Amilo Pi2515
Intel Core 2 Duo T5250
250 Gigabyte Hardeskyf
2 Gigabyte geheue
Windows Vista Home Premium

Wanneer mens natuurlik by die huis kom en alles uitpak, begin die verassings natuurlik:

  • Windows Vista is geïnstalleer, maar geen installasiemedia word verskaf nie. Daar is wel ‘n “Recovery” program ge?nstalleer wat jou toelaat om eenmalig die stelsel te rugsteun op 3 DVD’s. Anders kan jy die rugsteun-DVD’s bestel deur jou rekenaar se reeksnommer op die internet te verskaf (let wel, nie Windows DVD’s nie, die rugsteun-DVD’s). Ek het myne se reeksnommer gaan intik – die prys is €29.50 – nogal styf vir ‘n kopieerfooi!
  • Afhangend van wat jy dink ‘n Gigabyte is, is die hardeskyf dalk niks groter as 232 Gigabyte nie en word deur party programme so gerapporteer.
  • Die “recovery” sagteware is op die eerste partisie van die hardeskyf ge?nstalleer 12 Gigabyte! Die C: skyf is op die tweede partisie ge?nstalleer en daar is ‘n derde partisie wat as ‘n D: skyf vir data opgestel is. Dit beteken eerstens 12 Gigabytes van die skyf is vermors en tweedens, drie van die vier primêre partisies wat ‘n hardeskyf kan hê, is in gebruik vir Windows Vista. Gewoonlik benodig mens twee partisies om Linux te installeer, een vir die Linux stelsen en een vir “swap space”. Wat gee my die gevoel die hele idee kom van MicroSoft af, nie van Fujitsu-Siemens nie.
  • Wanneer die “recovery” gedoen word, word ander partisies op die skyf, wat niks met Windows te doen het nie, ook uitgewis!
  • Donderdagoggend vroeg probeer ek “boot” van ‘n Ubuntu live-DVD af. Die DVD-aandrywer maak klik-klak geluidjies, maar lees nie die DVD nie. Die masjien “boot” toe later in Windows. In Windows kan hy ook nie die DVD lees nie. Ek neem toe later die dag die masjientjie terug en ruil hom om vir ‘n ander een. Die een wat ek toe gekry het se aandrywer het tot dusver goed gewerk.
  • Die Windows Vista wat geïnstalleer is, is ‘n 32-bis bedryfstelsel. Longhorn? Wat het van Longhorn geword?

Ek het toe die sg. recovery DVD’s gemaak. Ek het ook besluit ek wil nie oor ‘n jaar of so agterkom hulle werk nie – liewer nou terwyl ek in die eerste 2 weke die masjien eenvoudig kan omruil as daar ‘n probleem is. Toe installer ek Ubuntu Linux en oorskryf alle partisies. Die recovery DVD’s het toe gewerk, behalwe dat alles op die skyf uitgewis word, en ook die grootte van die C: dryf was agterna verskillend van wat dit aanvanklik was.

Intussen het ek nou al ‘n paar keer die hardeskyf skoongevee (en ek bedoel skoongevee! Ek gebruik die dd opdrag in Linux om groot dele van die hardeskyf met nulle te vul) en oorbegin. Ek het ‘n hele paar dinge agtergekom:

  • Wat in daardie eerste 12 Gigabyte partisie ge?nstalleer is, staan bekend as WinRE (Windows Recovery Environment)
  • In die partisietabel het hulle eenvoudig die tipe van die partisie verander van 0x7 (NTFS) na 0x27. Boot eenvoudig met ‘n Linux Live CD/DVD en verander dit na 0x7, en dit word sigbaar in Windows! Jy moet net na Disk Management gaan vanaf die Control Panel en ‘n skyf-letter daaraan toeken.
  • Alles wat ge?nstalleer word, word in ‘n sg. WIM lêer gestoor. In my geval is dit so 6 GB groot, daar is meer as 5 GB van die 12 beskikbaar.
    As jy Genuine MicroSoft Windows het, kan jy die Windows AIK (Automated Installation Kit) van MicroSoft gaan aflaai, maar dis 992 Gigabytes. Dit kan jy glo gebruik om jou eie WIM lêer te maak. Ek het dit nou gekry, maar dit lyk baie ingewikkeld.
  • Die gratis program 7-Zip, wat meer verskillende formate kan oopmaak as WinZip, kan ook die WIM lêer oopmaak. Ek het dit gedoen, wat beteken dat ek nou programme wat ek saamgekry het, bv. MicroSoft Works, na willekeer kan on?nstalleer en weer ?nstalleer, wat ek nie sou kon doen met hulle “recovery” stelsel nie. Sien http://www.7-zip.org.
  • Ek het ‘n DVD te leen gekry van ‘n bietjie ouer model Amilo, dit installeer wel Windows Vista in die eerste partisie van die hardeskyf, dan moet ek net die video en klank drywers self installeer.

Die feit dat ek ‘n eksterne USB-hardeskyf het, op die oomblik met ‘n 120 Gigabyte aandrywer daarin, het my baie gehelp. Sonder die Ubuntu Live DVD (Kubuntu 7.10) sou ek ook nie naastenby so ver gekom het nie.

Ek oorweeg dit om ‘n Suid-Afrikaanse blog oor WinRE te begin, wat ek kan opdateer soos wat ek leer.

(Let wel, die titel verwys NIE na ons elektrisiteitsvoorsiening nie – maar die masjientjie help my baie om deur die donker ure te kom.)


Responses

  1. Baie geluk, mag elk Gigabyte jou nuwe krag gee deur elke donker uur.

    Geniet.

  2. Hene Meester,

    Jy het ‘n goeie koop gekry in enige iemand se taal. My lêptoppie is ‘n Mecer Xpression L51II5, ook met die Centrino Duo prosesseerder, 1 Gig RAM, 80 Gig HDD. Wat hom duur gemaak het is die feit dat hy sy 3G geïntegreerd het. Hy sou ook oorspronklik met Vista (Home) gekom het toe sê ek hulle moet maar ‘n plan maak en vir my XP Professional opsit; ek hou net mooi niks van Vista nie.

    Geniet die masjien! Ek verkies ‘n laptop bo ‘n desktop masjien.

  3. PS.

    Die eerste rekenaar wat ek mee te doen gekry het in my lewe was ‘n Commodore 64. Ek dink hy het 64 K Geheue gehad en die programme daarvoor was nog op kasset gewees. Dit het dan tipies ‘n goeie 10 minute geneem om ‘n program te laai; ‘n ewigheid vir ‘n laaitie van 7. Vriende van my ouers het die stukkie toerusting besit.

    Kort na dit het my ouers vir ons ‘n Commodore 128 aangeskaf. Dit het die tegnologiese sprong van kasette na slapskywe gemaak, wat die laaityd van programme na minder as ‘n minuut verminder het. Ek het met die masjien ook my eerste voorsmakie van programmering gekry; saam met die rekenaar het my pa ‘n boek gekoop wat die Basic-kodelyste vir ‘n klomp speletjies gehad het. Ek het die programme gesit en insleutel en dit is verbasend hoe mens op 9-jarige ouderdom met beperkte kennis van Engels en rekenaars sekere van die beginsels van programmering kon leer.

  4. Jy gaan lank gelukkig wees met jou aankoop. Ek koop net Fujitsu-Siemens skootboksies en het nog nooit probleme opgetel nie. As ek klaar is met myne gaan dit na die kinders toe, en hulle kry ook nog baie myle uit die boksie.
    Jou skrywe het my nou ver laat terugdink aan my eerste rekenaar. Hoeveel het ons nie al in die tussentyd gehad nie want jy bly net nooit voor met hierdie goedjies nie. Daar is elke dag beter op die rakke en dis nou nie kleingeld waarvan ons hier praat nie. (nuwe skermkaarte, nuwe windows ens ens)
    Ek sal myne nou ‘n naam moet gee, iets soos “Noag” want daar gaan nie meer geld wees vir die goed nie, my geld gaan nou in Eskom se hoër tariewe en die petrolprys belê word.
    Geniet!

  5. Ek is so bly vir jou, enjoy dit als! Dankie vir die interessante inligting.

  6. Hoe meer dae, hoe meer dinge.

    Wie het gedink jy sou met ‘n telefoon op die internet kon gaan. Hel, wie’t gedink jy sou kon loop en praat met ‘n telefoon!!

  7. O, en ek is verheug jy het weggebly van ACER – rubbish produk, rubbish diens. Vra my. Of gaan lees iewers op my blog.

    ACER sux.

    Ek het ook na FS gekyk, maar toe weer na HP teruggekeer na my ACER dwaling, want ek het nognie met hulle produkte gesukkel nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: