Posted by: mykopop | Woensdag 26 Maart 2008

Die son kom aan die seekant op – Jeanette Ferreira

seekant-voorblad Die dagboek van Louis Trichardt is sekerlik ‘n belangrike deel van die uiters skaars boekstawing van die trek van die boere uit die Kaapkolonie na die noordelike en oostelike dele van Suid-Afrika. Ek het onlangs in my inskrywing Dirk Der Duisende ook Opperman se gedig Clat boek, wat ook oor die dagboek gaan genoem. Lees die gedig liewer ná jy hierdie boek gelees het. Ek sou graag ‘n fotokopie van die dagboek onder oë wou kry, maar vermoed dat nie enigiemand dit sommer sal kan lees nie, dus sou ek liewer ‘n transkripsie daarvan wou lees.

Die skrywer het ‘n loopbaan as akademikus gevolg en was o.m. professor in Afrikaanse Letterkunde. Daarna het sy vir 15 jaar by uitgewerye gewerk en self 12 boeke gepubliseer. Daar is dus seker niemand bekwamer om die brontekste te interpreteer nie. Haar navorsing het sy deeglik gedoen, daar word omtrent 20 bronne agter in die boek gelys.jeanette-ferreira

Die boek is egter nie ‘n droë akademiese of geskiedkundige dokument nie, dit is meer fiksie as iets anders. Net een wenk: wanneer jy die boek lees, daar is ‘n naamlys agter in, ek raak nogal deurmekaar met wie is nou weer wie se kind ens., ek het ongelukkig eers die naamlys gesien toe ek by die einde van die boek kom. Die skrywer dig vrylik karaktereienskappe aan die karakters toe en kleur die storie mooi in met hartseur en vreugdes. Alhoewel die boek nie in die eerste persoon geskryf is nie, is dit vir my asof ek dit meer ervaar uit die siel van Martha, Louis se vrou. Miskien omdat die skrywer ‘n vrou is?

As iemand ‘n teks soek om ‘n TV-reeks op te baseer, hierdie is uitstekende materiaal. Die rassekwessie kom ter sprake wanneer Martha agterkom dat hulle een seun met lang oë kyk na Katryn, wat half van slaweafkoms is. Daar is ook ander gevalle van ongelykhede/wrywing tussen die blankes en die anderskleuriges (vrygestelde slawe) wat saam met hulle in die geselskap trek.

Dit lyk vir my asof die skrywer gaan soek het vir klein besonderhede in die dagboek om storie uit te maak, en sy doen dit vir my besonder goed – dinge skakel mooi aanmekaar.

As jy belang stel in historiese romans, beveel ek hierdie boek ten sterkste aan.

Agterbladteks:

Die geringste stukkie van enige mens se lewe wat opgeskrywe staan, is iets mooi.

Al wat die trekleier Louis Tregardt ten doel gehad het met sy lukraak inskrywing op die vyfde bladsy van sy handgebinde boek was “Kladboek van L. Tregardt”. Algaande het dit egter ‘n dagboek geword, die verhaal van ‘n trek deur die onbarmhartige binneland tot in Delagoabaai, waar die son soos elke ander dag aan die seekant opkom – en waar die trek anders eindig as wat enigiemand voorsien het.

Hoe sou Tregardt se vrou Martha hierdie dinge belewe het? “Mens kan seker nie alles opskrywe nie,” sê sy in hierdie roman. Die een sien ‘n skilpad langs ‘n wawiel, die ander ‘n slang se kronkels. Een mens laat ‘n spoor, ‘n ander trek daarop langs.

seekant-agterblad

Skakels

Afrikaanse Skrywers by UP-Boekjol

Sarie

Kalahari.net


Responses

  1. Dankie, nou is ek lus vir hom! Ek wonder altyd hoe dit voel om onontdekte terrein vir die eerste keer te betree, sonder 4×4’s en aircon. Miskien kry ek in die boek ‘n paar antwoorde!

  2. lekker lees

  3. Ek sit hom in my wishlist!

  4. Bly jy blog hieroor.

    Ek het dit ‘n wyle gelede gelees, en was sommer gou hooked. Wel, enigiets met my geskiedenis in, gryp my gou, maar die boek is met ‘n deernis verweef, en alhoewel dit nie ‘n feitelik korrekte teks is nie, maak die geskiedenis daaragter sommer beter sin, sou jy dit agterna wou gaan opsoek.

  5. Dankie Skoor: “die boek is met ‘n deernis deurweef”, ek het nie die woorde gehad om dit te sê nie, darem miskien deurdat ek gesê het ek het dit amper meer deur die vrou se oogpunt ervaar!

  6. Ek hou van sulke boeke met ‘n geskiedenis agtergrond… klink interessant…

  7. Dankie, ek verkies historiese romans bo gewone romans. Sal hierdie een in gedagte hou.

    Laat weet tog jou Flickr-adres, ek sal graag wil gaan inloer.

  8. Ek dink my wenslysie het sopas ‘n nuwe lyntjie gekry.
    Lekker resensie MKO😉

  9. Ek het lanklaas een van haar boeke gelees, maar die een klink lekker, ek hou van boeke met ‘n geskiedkundige agtergrond. Dankie

  10. Dit klink na ‘n moet-lees boek. Dankie.

  11. “die boek is met ‘n deernis deurweef”,

    Dis baie mooi gestel, asook dan “selfs die geringste van enige mens se lewe wat opgeskryf bly staan is iets moois.”

    Ja, defnitief so kosbaar en ‘n onskatbaar waardevolle erfenis.

    Bravo vir Jeanette, ‘I stand in awe of her!’ Sy het die gawe om wonderlik boeiend en met empatie ‘n verhaal te skets met warmgevoels menslike karakters. Haar boeke is absolute ‘page turners’ en ek kan nie wag om hierdie enetjie onder oë te kry nie.

    Thanks vir dit Chris. Baie baie interessant.

  12. Die dagboek van Louis Trichardt (1966-uitgawe, met notas deur T.H. le Roux) is beskikbaar by Protea Boekhuis (protea@intekom.co.za). Die 1938-uitgawe met notas deur Gustav Preller is ‘n antikwariese boek en baie duur, as mens dit kan opspoor.

  13. Hallo weer Chris
    Ek sien toe die nuwe kommentaar en dink dit moet sekerlik interessant gewees het om Louis Trichardt se dagboek so te bestudeer en ook die roman daaroor te skryf. Dis beslis een van my boeke wat ek nog hierdie jaar wil lees. Ook a.g.v. die mooi titel; Die Son Kom Aan Die Seekant Op en jou lekker resensie oor die boek.Of is dit nou ressensie?
    En nou moet ek regtig die internet afsit vir ‘n rukkie. Dink aan jou daar in Rennes, Bretagne vandag. Of sal ek eerder sê Brittanië?
    Hemel, wag. laat ek waai, ek raak aan die gesels met myself
    Liefde
    Ansophie

  14. Ek het 16 boeke uit Nasionale Pers se Geskiedenis Serie wat ek graag van die hand sal wil sit, maar ek het geen idee wat dit werd is dit. Daaronder is Die Dagboek van Louis Trichardt (1938). As iemand ‘n aanbod wil maak, nader my gerus my mcvanrooyen@gmail.com.

  15. […] mykopop @ 7:12 In Maart verlede jaar het ek geskryf oor hoe ek Jeanette Ferreira se roman, Die son kom aan die seekant op geniet het. Daarin het ek die versugting uitgespreek om ook ‘n fotokopie van Trichardt se […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: