Posted by: mykopop | Sondag 23 Maart 2008

Mostert na die maal?

‘n Mostert van mooi Moreleta
reken ons moet maar hou wat ons hetta
maar sien hy nie klaar
die helfte is lánkal al daar?
want die gras lyk tog daar soveel vetta!

***

Ek het nou net op RSG gehoor daar was glo die week taamlik polemiek oor ‘n stelling van Ds. Mostert, iets soos dat emigrasie onbybels sou wees of so iets. Ek het ongelukkig die polemiek gemis, maar hier is my bydrae.


Responses

  1. 🙂 onbybels..hehehe…op grond waarvan… het hy dalk die Toring van Babel gebruik… dan het hy ‘n groot probleem om baie mense te wen as Christene… hy sal moet eerder ‘n ander manier probeer om Nie-Christene na Jesus te wen as om so ‘n uitlating te maak…

  2. Ek sal graag wil hoor waarop hy dit basseer. En hier sit ek nog die heeltyd en dink ons moet vermeerder en die aarde vul…

  3. Jammer, ek is nie so seker van die woord “onbybels” nie, dit was 7-uur op ‘n Sondagmôre, en ek het net ietsie oor die radio gehoor! Ek is nie seker nie, maar die Beeld-artikel “Laat júl lig in SA skyn”, http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2289318,00.html is waarskynlik waarna verwys is.

  4. Baie snaaks, as mens dink aan Moses en sy mense wat migree het…LOL

  5. Ek stem saam dat ons lig is SA moet skyn, en voel self heel patrioties hieroor, maar elke mens het dan tog die reg om te handel soos hy goeddink. Of dit nou oorsee of tuis is, skyn moet jou lig skyn…

  6. Hello Chris,

    Ja, ek het hiervan op ander blogs gelees. Ek is nog besig om daarop te reageer…maar ek weet nie of dit regtig die moeite of die energie werd is nie. As ons noual trek by onbybels, dan gaan dinge regtig nie goed nie. Dit maak my bloed kook eintlik, want dit is tog soooo dwars. Jy kan nooit redeneer met mense wat ‘God en sy woord en sy wil’ voor jou gooi nie. Oordeel sal daar altyd wees.

  7. Ek het ook die hele preek van Mosterd gemis. Klaarblyklik was dit by ‘n mannekonferensie in Moraletapark NG kerk en was die strekking van sy boodskap iets soos: manne dis nie God se wil dat julle Perth (Aus) toe hardloop nie, vertrou God hier en maak ‘n verskil. Dis ook julle land. As julle dan Egipte toe wil gaan waar daar meer sendingwerk nodig is, fine, maar waarom Australië. Nou ek mag verkeerd wees in terme van die preek, maar maak vir sin vir my-veral in terme van mense wat so hoog opgee oor hulle Christenskap, en dan vlug weg van die uitdagings van die dag. (so asof daar geen probleme in Australie, of waarookal is nie)

  8. KLINK INTERESSANT

  9. ihm shoe ek verstaan darem glad nie
    mar as mense so die bybel voor my gooi
    dan verstaan ek die bybel ok glad nie
    en ek het ‘n groot vraagteken oor due bybelse dinge
    ek dink ek kom gans te veel in die kerk
    my siel voel soveel goddeliker sonder al die omies met hulle bybels en hulle vingers
    hmm immigreer of emigreer wat maakit saak
    net biki lekkerder waarookal
    by die huis
    tuis
    met my eie bybels
    wat ek soms vir die kinders lees
    ssoos op goeie vrydag
    sonder om dinge uitmekaar te trek
    ek dink nie ek hou biaie van daai morelettapark spul
    gans te behep
    nee waat
    sal nie luister na hulle nie
    ?
    liew heumel
    what next

  10. Ek het ook die artikel in die Beeld gelees…en soos te verwagte met die joernalistiek wat Neels Jackson, Beeld se godsdiensverslaggewer, besig, is Mosterd totaal buite konteks aangehaal. En, snaaks genoeg, soos met ‘n meta-narratief, word Neels Jackson se “wan”-halings (nuwe woord daar😉 ) ook dan buite konteks en fragmentaries angehaal deur baie ander.
    Mosterd praat die waarheid…ons het dalk netnie die guts om dit te doen en geloof te behou nie – dis my siening.

    NS – Bennie Mosterd is baie lankal nie meer ‘n Ds. by NG Moreleta nie…bietjie van ‘n obvious fout deur ‘n gesoute verslaggewer?

  11. hehehe

    baie oulik!

  12. Wat is dit tog met ons ou Afrikaans sprekende Afrikaner volkie.in alle fasette van die lewe word daar gekritiseer.Baie van ons het somtyds net die klok gehoor maar weet nie waar die bel hang nie,maar kritiseer sal ons.
    Kan ons nie maar ons kritiek vir ons self hou nie ,en die mense wat wil emmigreer aan hulle self oorlaat om te besluit wat hulle met hulle lewe wil maak nie.ek wil glo dat elke Afrikaner wat nou in Perth is nieligtelik die besluit geneem het nie


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: