Posted by: mykopop | Sondag 16 Maart 2008

Verstaan Jy?

diagram

As jy hierdie verstaan – dis al wat agterop die verpakking is – vertel asseblief vir my ook – in woorde – hoe dit werk!

As dit by stelsels en rekenaarprogramme kom, verstaan ek beter met prentjies. Nie met meganika nie.

Hoe weet ek watter een is vir my bedoel? Hoekom het die nuwes ‘n gat deur wat die oues nie het nie, wat ek toe nie gebruik het nie. Waarvoor is die blink pennetjies, wat ek op die ou end ook nie gebruik het nie? (Al waarvoor hulle goed was, is dat een in die enjinkap ingeval het en ek hom daarbinne moes soek.) Hoe goed is dit vir die omgewing dat ek twee pennetjies en 4 stukkies plastiek gekry het wat ek nie gebruik nie?

Ek het dit toe self reggekry, met ‘n geskel, maar sonder hulle ou diagrammetjies!


Responses

  1. Ja man. Dis natuurlik logies.😆
    Kan nie verstaan dat jy so gesukkel het nie!

  2. Klink vir my of jy ruitveërs moes vervang? Dink dit werk goedkoper uit om al die ekstra goed vir die verskillende modelle in een verpakking te sit i.p.v. ‘n volledige stel vir elke model afsonderlik te verpak.

    Mykop, volgende keer weet jy wie om te kontak vir hulp, dis natuurlik as Roer nie oefen vir die Argus nie… Hehehe

  3. Hehe, dis ‘n minibootjie!
    Dankie vir jou kuier by my, dis waarmee ek juis worstel.

  4. Waar is die wieletjies dan????
    Eish

  5. Wil jy die goeie nuus of die slegte nuus eerste hoor?

  6. Mykopop, as ek verwys oor ons stories vertel, dan moet jy verstaan waarna ek verwys en dis gedek by een van my eerste inskrywings. Dit het NIKS uit te maak met die blanke nie. Ek dink dis onder die opskrif, “I phoned the Police Commissioners office” lees dit en dan praat ons weer, ek kry baie goeie terugvoer van die mense met wie ek in die verskillende departemente gepraat het.

  7. Lyk eerder soos ‘n probeerslag vir ‘n army-voertuig of ‘n miniatuur katapult.. dit lyk te tegnies..nee dankie…hou verby

  8. ek meen ‘n miniatuur katapult wat verkeerd gegaan het! dis wat ek wou byse..lol!

  9. Nee jammer jy ek kan nie help nie, ek bou nie graag goede nie, ek sukkel nie eers amper nie, hou asseblief VEEEEEEEEEEEER verby

  10. geeeeenugtig…

  11. Jammer, daai kant van my brein werk nie so lekker nie!🙂

  12. hehehe
    die spreekwoord sê…. if all ELSE fail…read the manual… jy HET dit mos reggekry, waarom bodder jy nog met prentkies wat geen sin wil maak… DIT verstaan ek nie?🙂

  13. Hierdie tipe van prentjies laat my altyd smile… ek wonder of die ontwerpers dink hulle maak dinge werklik makliker??
    Maar ekself het ook al so paar keer verbaas gestaan oor hoe mens wipers moet vervang!😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: