Posted by: mykopop | Saterdag 8 Maart 2008

Lecerblè

Op pad na Parys

Lindequesdrift-Plasie

Ons het laas naweek deurgebring by Lindequesdrift langs die Vaalrivier. Parys is net so iets in die twintig kilometer weg. Ons het die Saterdagoggend bietjie dorp toe gegaan, juis om bietjie in die kunsgalerye daar te gaan rondsnuffel, maar my skildery het ek sommer langs die pad gekry. Net so voor die pad verby Lindequesdrif aansluit by die R500 van Fochville na Parys, het ek stilgehou en die foto geneem.

By die rivier

Die skool waar Marietjie werk, het ‘n plot by Lindequesdrif gekoop en as ‘n veldskool ontwikkel waarheen bv. sportgroepe geneem word vir kampe. Ek gaan nou nie foto’s van die pragtige siersteenkompleks wys nie, net van die rivier wat mens so kan bekoor.

DSCF2054

Ek was vroeg Saterdagoggend langs die water. Daar was mis op die rivier.

Vaalrivier-son-deur-die-blare

Die son wat deur die bome se blare skyn maak altyd ‘n mooi prentjie, en langs die rustige water kan mens vir ure sit en lees of net sit en kyk.

DSCF2173

‘n Boomstomp in die middel van die rivier is ‘n gewilde plek vir slanghalsvoëls om te sit en hulle vlerke droog te maak.

DSCF2058

Mens kan talle foto’s neem van die simmetrie van die oorkanste oewer, maar ek hou van hierdie een van die weerkaatsing van ‘n boom op ‘n eilandjie, kort nadat ‘n vis geskop en rimpels veroorsaak het.

Vaaloewer

Net so ‘n paar kilometer vanaf Lindequesdrif is ‘n woongebied ontwikkel met die naam Vaaloewer. Daar is nog onbeboude erwe, ongelukkig nie baie goedkoop nie. Hier is so ‘n paar van die huise wat die mense daar gebou het:

DSCF2065

DSCF2066

 

DSCF2067

Ongelukkig het nie al die erwe ‘n uitsig op die rivier nie. Vir die wat wel het, lyk dit so:

Vaaloewer-rivier

DSCF2069

As jy mooi kyk en miskien die foto bietjie vergroot, daar waar die rivier regs draai kan jy ‘n eilandjie met ‘n boom sien, ek dink dit is die een by die veldskool waarvan ek die weerkaatsing afgeneem het. Die lens verkort natuurlik die afstand ‘n bietjie. As jy net bo-oor die bos in die voorgrond kyk is daar ‘n keerwal in die rivier. Gewoonlik as ons daar was het ons gewoonlik met die kanoe’s geroei, van die veldskool af tot net onder die keerwal, dan draai ons om en roei stroom-af terug. Die keer was daar egter bietjie probleme met die kanoe’s en ons het ook geen ander mense op die water opgemerk nie – ek dink almal is bietjie versigtig vir die rioolbesoedeling in die rivier.

Toe ons in Parys was, het ek daar ‘n Afrikaanse naam gesien, ek weet nie of dit ‘n woonstelblok was nie, maar dis so half in Frans gespel – ek sê maar vir julle ook: Lecerblè!


Responses

  1. Hi Kop… jy neem die pragtigste natuurfoto’s! Baie mooi!!!

  2. Die foto van die mis op die rivier… Baie, baie mooi.

  3. Lekkerbly
    Ek hou daarvan
    Mooi foto’s!

  4. Baie mooi foto’s, lyk so rustig!

  5. Baie mooi foto’s!!

  6. Jy’t my nou baie ver teruggeneem want ek het naby die vaalrivier grootgeword. En ons was baie langs die rivier (nooit alleen as kinders nie, oor dit ‘n gevaarlike rivier is), dit is presies soos ek die area onthou.

  7. Sjoe, dis mooi. Jy laat my amper lus voel om daar te kom bly!😆

  8. Volgens mij moet ik maar touringcarchauffeur in Zuid-Afrika worden: daar zijn ook mooie foto’s te maken…

  9. Dankie almal vir julle kuiertjies.

    Aan Mara, een warme welkom als de eerste officiele blogger-outing touringcarchauffeur!

  10. Pragtige foto’s!!!!!

  11. Pragtige fotos !! Ek het my grootste baber (vis) van 18Kg hier gevang. Baie jammer om te hoor van die erge rioolbesoedeling wat hier plaasvind.
    Ek is verheug om wel iemand se entoesiasme omtrent die natuur en omgewing te ervaar.

    Dries

  12. […] het weer ‘n draai by Vaaloewer ook gaan maak – op pad soontoe sien ek toe toe pragtige kosmosblomme langs die pad, stop toe […]


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: